Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Liggaamlike en geestelike reinheid; Genesing op `n afstand

41 Stahar, wat die naaste aan My gestaan het en alles oplet, sê: "Sou `n man daardeur, volgens die voorskrifte van Moses, nie vir `n hele dag verontreinig word nie?"

[2] Ek sê: "Van nou af aan kan jy maar net verontreinig word deur slegte en onsuiwere gedagtes, begeertes en wense, lasterpraatjies, leuens en eerroof, minagting en kwaadpratery. Dit is sake wat die mens verontreinig. Al die ander dinge verontreinig die mens óf glad nie, óf hoogstens uitwendig, en hy het water genoeg om hom te reinig van uitwendige vuilheid.

[3] Moses het die Israeliete die voorskrifte ook slegs vernaamlik gegee vanweë hulle groot geneigdheid tot onreinheid in alle uiterlike sake; want as mense reeds uitwendig reëlregte varke geword het, word hulle dit ook des te makliker in hulle harte. Veral daarom het Moses die Israeliete die uiterlike reiniging baie spesifiek aanbeveel.

[4] Maar die eintlike reiniging van mense vind eers plaas deur `n egte boetedoening, deur die berou oor `n sonde wat teenoor jou naaste begaan is, deur die ernstige voorneme om nie meer te sondig nie, en deur die daaropvolgende volledige lewensverbetering.

[5] As dit nie gebeur nie, kan julle honderduisend bokke met bloed besprenkel, vervloek, en in die plek van julle sondes in die Jordaan gooi, maar dan bly julle harte en siele vir God nog net so onrein en onsuiwer soos wat dit aanvanklik was! Met die water suiwer `n mens die liggaam, en met `n vaste, goeie en God in alles toegewyde wil, reinig `n mens die hart en siel. En soos wat die suiwer, frisse water die ledemate van die liggaam versterk, so versterk `n aan God toegewyde vaste wil die hart en die siel.

[6] Sulke versterkte siele kan dan `n sieke in My Naam ook geestelik, tot op `n ver afstand, die hande oplê en dit sal met hom beter gaan.

[7] Wie egter nog nie so volmaak is na hart en siel nie, kan sy toevlug neem tot die stryk met die hande soos vroeër in My toespraak aangedui, dan sal hy `n liggaamlike sieke ook groot versagting van sy lyding gee. Hy sal hom ook in die magnetiese slaap kan bring, en die behandelde sal in sy slaap voorspel wat hom kan help. Die voorskrif moet dan sorgvuldig toegepas word en na verloop van tyd sal dit dan ook met die sieke beter gaan, - weliswaar nie so vinnig as wanneer `n geestelik volgroeide mens hom die seënryke hande sou opgelê het nie, waarby die genesing oombliklik kan en mag plaasvind.

[8] So kan elkeen homself daarvan oortuig dat in die magnetiese slaap ook die minste ontwikkelde siel, selfs dié van `n kind, kan voorspel, omdat hy op daardie oomblik met sy geestelike lewenskiem in verbinding gebring word. Word die innerlike lewenskiem na die magnetiese slaap weer in die toestand van rus gebring, dan ontwaak die siel weer in haar liggaam en weet glad niks meer van alles wat daar gebeur het nie en wat sy gesê het nie. Dit bewys nou juis dat geen enkele siel so erg verdorwe kan wees dat sy nie meer genees kan word nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205