Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die waarheid oor Zorel

45 Cyrenius, wie se oë groot rek, sê heimlik vir My: Heer! U het voorheen opgemerk dat hierdie persoon baie dom en sleg is, en nou redeneer hy ewe logies as een van die beste heidense advokate! Weliswaar het hy weinig van die Judeërs aangeneem, maar hy is in ons wette en die van die ou Griekse ryk, net so tuis soos een van ons. Daar is beslis nie veel teen hom in te bring nie! Ek wag nou op iets baie dom, maar tevergeefs - hy praat maar net meer verstandiger en verdedig sy diefstal op `n manier waarteen byna niks in te bring is nie! Wat kan ons onder die omstandighede dan met hom aanvang?"

[2] Ek sê: "Moenie jou daaroor bekommer nie. Hy sal self alles, wat hy nou volgens sy beperkte begrip as baie verstandig en reg beskou het, op `n oortuigende wyse weerlê! Ondervra hom nou maar nog verder, want Ek vind dit baie belangrik dat julle die onderbou van wat die mens ‘gevatheid’ noem, baie duidelik en helder leer onderskei van die van die verstand!"

[3] Cyrenius sê: "Nou, dan is ek tog baie benoud na wat dit uiteindelik sal oplewer!"

[4] Zorel vra: "Geëerde gebieder van Rome! Wat staan my te wagte en wat kan ek verwag? Is u dit met my eens, of moet ek my by u mening aansluit, wat u weliswaar nog nie uitgespreek het nie?"

[5] Cyrenius sê: "Vir sover ek jou wens sal of nie sal inwillig nie, sal ons nog die een en ander te bespreek hê! Jy skyn my `n gevatte snuiter te wees en jou eerlikheid skyn nie veel om die lyf te hê nie! Of jy nou die genoemde vier diere werklik ronddwalend in die groot bos gevind het terwyl hulle vir hulle wettige eienaar verlore was, of miskien ook êrens anders gevind het, en of jy ook jou ander huisgereedskap maar net gevind het, laat ons voorlopig buite beskouing. Maar laat ek jou eers gou iets anders vertel, naamlik dat daar hier in my geselskap, net soos op ander plekke, heldersiende mense hulle bevind wat reeds tallose bewyse van hulle heldersiende gawes afgelê het, en dat ek soveel geloof aan hulle nugtere mening heg dat dit nie deur honderduisend teenbewyse weerlê kan word nie!

[6] Wel, so `n man sê toe vir my, toe jy nog maar skaars die stad uit was, dat jy sou kom en wat jy aan my sou vra. Ek het reeds voordat ek jou gesien het geweet dat jy teenslae gehad het. Jy sou dit egter maklik kon verhinder het as jy tuis gebly het, maar jou onwettige opvattinge oor beskermde besit het jou na die strate van die brandende stad gedryf om êrens weer iets langs onwettige weë in besit te neem. Intussen vat jou strooihut vlam en so gaan jou onwettige besittings vinnig in vlamme op. Dat jou diensmaagd jou by hierdie geleentheid in jou vuilheid agtergelaat het, is te verstane, omdat sy jou ken en weet dat jy iemand is wat by so `n geleentheid absoluut nie te vertrou is nie.

[7] Want hoeseer jy by andere ook teen wettige privaatbesit is, in jou eie huis wil jy tog heeltemal ongestoord daarvan verseker wees! Wel, nou het die vuur jou besit onwettig verteer en jy kan die elemente nie tot verantwoording roep nie omdat dit jou sekerlik geen rekenskap sou kon gee nie. Maar jou diensmaagd sou jy baie hard bygedam het en sy sou jou, onder allerlei mishandelinge, die skade om lewe en dood moes vergoed het, omdat jy hoog en laag sou beweer het dat die vuur alles maar net deur haar nalatigheid verteer het.

[8] Kyk, dit en nog ander dinge sê dié mense vooraf oor jou en ek skenk hulle, meer as aan alle gode van Rome en Athene, die volste geloof! Maar in ons wette staan `n gesegde wat lui: "Audiatur et altera pars! * En daarom kan jy my `n teenbewys lewer. Om jou te verdedig mag jy soveel as wat jy weet en kan na vore bring, ek sal alles met die grootste geduld aanhoor!" (* Ook die ander party word aangehoor!)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205