Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die voorbereiding tot die magnetiese slaap

47 Cyrenius sê op weliswaar ernstige, maar tog menslike warm toon: "Weggaan mag jy nie, maar vir `n te verwagte straf hoef jy hier ook nie te bly nie, veeleer ten behoewe van jou eie heil! Die straf van sondaars verskaf ons Romeine nog nooit enige genoeë nie, maar wel hulle egte en volledige genesing. As dit sonder die strenge tugroede bereik kan word, is dit altyd vir ons baie beter! Die tugroede neem ons eers dan ter hand as alle ander middele niks uitrig nie. Daarom word ook niemand vanweë `n éénmaal begane sonde teen die bestaande heilsame wet streng tot verantwoording geroep nie. Dit gebeur eers as hy herhaaldelik dieselfde sonde begaan het, hetsy uit groot ligsinnigheid of selfs uit noodlottige moedswilligheid. Wie herhaaldelik moedswillig `n sonde begaan, moet ook moedswillig bestraf word!

[2] Wel, jy het volgens jou ou Spartaanse beginsels slegs uit nood gesondig en nou staan jy vir die eerste maal voor `n regter! Slegs om hierdie rede sal jy ook nie vervloek en veroordeel word nie, maar jy moet hier nou jou slegtheid en domheid beken en aflê! Jou erg sieke siel sal genees word en jy moet die seën van die wyse wette insien en jou terdeë daarvolgens gaan gedra. Daarna sal jy dan as `n algeheel bevryde mens hiervandaan huistoe gaan en jouself daaroor verheug dat jy `n waaragtige rein en vry mens sal wees.

[3] Om te trag om hierdie doel te bereik, sal `n rein, fisies en geestelike sterk man uit ons geselskap jou sy heilbrengende hande op jou kop en bors lê. Hierdie baie sagte behandeling sal by jou die denkbeelde wat in jouself sluimer, opwek en tot lewe bring wat maak dat jy die heil van die geordende en streng bekragtigde wette van Rome sal erken en dat jy jou daaroor selfs sal verheug! - Is jy daarmee eens?"

[4] Zorel antwoord ietwat opgewekter as voorheen: "Geëerde meester en verhewe gebieder! Ek is dit eens met alles wat anders heet as slae, onthoofding of selfs kruisiging! Of so `n behandeling my egter tot beter en verstandiger beginsels sal bring, daarvoor kan ek nie instaan nie, want `n bejaarde boom laat hom nie meer so maklik buig nie! Maar aan die moontlikheid daarvan wil ek ook nie heeltemal twyfel nie! - Maar waar is die man wat sy kragtige hande op my sal lê?”

[5] Cyrenius vra My sydelings of die tyd nou aangebreek het.

[6] Ek sê: "Nog bietjie geduld, gun die siel nog bietjie tyd om dit te verwerk! Hierdie man sit nou vol opgewonde gedagtes en sou nie goed in die magnetiese slaap gebring kan word nie. Ook Zinka mag nie aan hom voorgestel word as die een wat daarvoor uitverkies is nie, voordat die regte oomblik nie daarvoor aangebreek het nie! Ek sal julle wel die teken daarvoor gee."

[7] Na My woorde en My aanwysing bly almal `n tydjie stil, en ons Zinka wag met angstige vreugde op My teken om Zorel te behandel. Dié word nou egter bestorm deur allerlei gedagtes oor die miskien werklik goeie maar ook die uiteindelik bose wat die mense hom sou kon aandoen. Maar hy let op ons gesigte en sê dan by homself: `nee, hierdie mense sien nie te kwader trou daaruit nie, hulle kan `n mens vertrou! Hulle kan alleen iets goeds, maar nooit iets slegs doen nie!'

[8] Wel, hierdie voorbereiding was op sigself noodsaaklik vir die behandeling wat toegepas moes word; sonder dié voorbereiding sou die oplegging van hande deur ons Zinka vergeefse moeite gewees het. Want met hierdie behandeling moet die persoon wat behandel word self in `n sekere stadium tot geloof en vertroue gebring word. Andersins sal dit nie so maklik wees om hom, ondanks alle menslike moontlike substansiële sielekrag, ook al is dit hóé oorvloedig aanwesig, in die heilsame slaap te bring nie.

[9] Ja, dit is by volledig uit en in die gees wedergebore mense heelwat anders! Hulle hoef, net soos Ek, slegs te wil – en die genesing is `n feit! Maar by `n mens wat nog nie volledig wedergebore is nie en die sieke so wil behandel, moet ook die opwekking en die tot lewe bring van die te behandelde mens vooraf gebeur, omdat anders – soos gesê – die hele behandeling moeite en werk verniet sou wees.

[10] Nou is Zorel ryp en Ek gee Zinka dadelik die afgesproke teken om Zorel die hande op te lê.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205