Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Zorel kom tot selfkennis

48 Ek wink nou vir Zinka en hy gaan dadelik na Zorel en sê: "Broer, die Heer, wat almagtig en vol erbarming, goedheid en liefde en wysheid is, wil dat ek jou, enkel deur die oplê van my lewenskragtige hande, sal genees. Vrees nie, maar vertrou en word dan `n ander mens, en daarna sal aan jou niks onthou word wat jou maar enigsins liggaamlik en geestelik tot wesenlike heil kan strek nie! Wil jy dit hê, en vertrou jy my, jou ware vriend en broer, staan my dan toe dat ek jou my hande oplê!"

[2] Zorel sê: "Vriend, met sulke trouhartige woorde kan jy my na die Tartarus stuur en dan sal ek gaan! Lê daarom in elk geval jou ware broederhande op my, waar en hoe jy hulle maar wil lê, en ek sal my nie teen jou verset nie!"

[3] Zinka sê: "Nou goed dan - gaan sit op hierdie bank dan sal ek jou vervul met die Krag van God!"

[4] Zorel sê: "Van watter God dan? Dalk van Zeus, Apollo, Mars, Mercurius of Vulcanus, Pluto of Neptunus? Ek versoek jou, laat Pluto asseblief daaruit, want met sy stormagtige krag sou ek regtig nie vervul wil wees nie!"

[5] Zinka sê: "Vergeet die gode, wat maar net in die fantasie van die sedert lang tye blinde mense bestaan! Daar is maar EEN egte God, en dit is die aan julle onbekende, groot God, vir wie julle heidene weliswaar ook orals `n tempel gebou het, maar wat julle nog nooit geken het nie! Maar nou het die tyd gekom dat julle ook hierdie enigste egte God sal leer ken! En kyk, met die Barmhartigheid en Krag van dié God sal jy nou tot jou heil vervul word as ek jou my hande sal oplê!"

[6] Zorel sê: "Ag, lê in daardie geval jou hande maar dadelik op my op die manier wat aan jou die beste bekend sal wees!"

[7] Dan lê Zinka sy hande op die voorgeskrewe wyse op Zorel en dadelik val Zorel in `n magnetiese slaap.

[8] Na verloop van ruim `n kwartier begin Zorel, wat origens vas en met toegeknypte oë slaap, soos volg te praat: "O God, o God, hoe is ek tog werklik `n miserabele, slegte mens en wat `n eerlike, regskape mens sou ek kon wees as ek dit maar wil wees. Maar die vloek van die sonde, en van die leuen en die hoogmoed, wat beide die eintlike hoofsondes is, lê nou juis daarin dat hulle hulself steeds weer opnuut verwek en hulle vermeerder soos die gras op die aarde en die sand aan die see!

[9] O God! Ek het soveel sondes en gebreke aan my siel dat ek van louter sonde my vel nie sien nie, ja, ek bevind my nou deur die drukkende gewig van my tallose sondes asof in dik rookwolke en newels!

[10] O God, o God, wie sal my ooit van my sondes kan bevry! Ek is `n groot dief, ek is `n leuenaar en as ek lieg, lieg ek altyd maar om deur `n nuwe leuen die oue meer krag by te gee en dit as die een of ander waarheid geldigheid te gee. O, hoe is ek tog `n afskuwelike aartsleuenaar! Alles wat ek het, het ek deur leuen en bedrog en deur heimlike en openlike diefstal verkry!

[11] Weliswaar vind ek dit alles in my groot blindheid geen sonde nie, maar ek kry ook dikwels die geleentheid om my te laat oortuig van die waarheid. Maar ek wou my nie laat oortuig nie! Ek gebruik altyd Sparta en Lycurgus as verskoning en verag altyd die Romeinse wyse, regverdigheidswette! O hoe is ek tog `n ontsettende ellendeling!

[12] Wel, ek het nog één troos, en dit is dat ek nog niemand vermoor het nie, maar dit skeel nie veel nie! As my diensmaagd nie voor ek by die huis gekom het, van daar af weggegaan het nie, sou sy `n droewige offer van my helse woede geword het!

[13] O, ek is `n verskriklike monster! Ek is erger as `n beer, erger as `n leeu, erger as `n tier, erger as `n hiëna, baie erger as `n wolf en nog baie erger as `n wilde vark! Want ek is ook so slu soos `n jakkals en dit stempel my tot `n egte, vermomde duiwel!

[14] O, my siel is baie siek en jy, broer Zinka, sal my moeilik of glad nie kan genees nie!

[15] Dit word nou wel ietwat ligter in my en die baie dik rook en newels om my heen verdwyn! Kyk, hulle word dunner en dit lyk wel of ek gemakliker asemhaal. Maar in hierdie vermeerderde lig sien ek eers goed my ware wanstaltigheid, vol van allerlei uitslag, vol bulte en weersinwekkende geswelle! Ag, ag, ek sien daar uit soos `n egte gedrog! Waar kry jy `n dokter wat my sou kon genees?! My slegte liggaam is wel gesond, maar daardie liggaam kan my nie skeel nie as ek, die siel, maar net gesond kan wees!

[16] O God, as iemand my siel sou kon sien, sou hy ontset wees deur haar oorgrote lelikheid! Hoe ligter dit om my heen word, des te meer word dit sigbaar hoe afskuwelik my siel daaruit sien! Broer Zinka, is daar dan niks waardeur my siel bietjie beter daar sou kon uitsien nie?!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205