Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die twyfel van Cornelius

5 Na My woorde doen almal dadelik wat Ek gesê het, maar die meeste doen dit tog met ietwat teensin, omdat hulle die wonder graag van naderby wou gesien het; maar niemand waag dit om `n opmerking teenoor My te maak nie. So bereik ons die tafels en neem ons plek in. Ons word bedien van die visse, wat hierdie keer ekstra smaaklik klaargemaak is, en die maaltyd verloop baie opgewek.

[2] Veral My Jarah is hierdie keer in `n goeie bui en sê: "Ek weet werklik nie hoe dit is dat ek vandag so opgewek voel nie. Maar iets val my wel op en dit is dat al die ander nie ook so opgewek soos ek is nie! Ek is weliswaar `n meisie en daarom sou ek die meeste gepla moet wees deur nuuskierigheid, - maar hier is dit juis andersom! Die manne sit steeds en kyk of die nege mense al ontwaak het. Ek het nog nie gekyk nie, maar ek het hulle tog sien weggaan na die ander, - en die manne en menere en konings kyk nog steeds in die rigting en sit hulle en afvra of hulle weer lewend sou word? O, al `n halfuur gelede! Onmiddellik toe ons by die tafels aankom, het die nege mense hulle begin te beweeg, en hulle het die een na die ander regop gekom, die slaap uit hulle oë gevryf en het toe weggegaan. Ek kon dit duidelik sien, ondanks die bome wat ons van die plek afskerm, omdat ek klein is en gemaklik onder die takke kon deurkyk. Julle is egter groot en die takke van die bome ontneem julle sig op die wonder van die mag van die goddelike wil. Nou is dit egter al te laat. Al sou julle daarheen wou gaan, dan sou julle niks anders vind as hoogstens die plek waar hulle gelê het. Ook hulle, wat die Heer gister direk na die storm opgewek het, het saam met die nege ander na hulle huise gegaan."

[3] Cornelius sê: "Watter goeie oë het jy nie, jy ontdek tog ook alles eerste! As dit dan al verby is, dan is dit alles sondermeer in orde. Dit gaan tog net om die sekerheid van die slaag van dit wat die Heer voorgeskryf het, en Sy wil, want één mislukking sou talle vertwyfelings by die ongelowiges opgeroep het. Maar het jy egter gesien dat die nege opgestaan en weggegaan het?"

[4] Jarah antwoord `n bietjie verontwaardig: "Hoor hier, ek mag tog veronderstel dat ek nie as `n leuenaar daar uitsien nie!? Solank as wat ek leef en dink, het daar nog nooit `n leuen oor my lippe gekom nie, - en sou ek dan aan die kant van my Heer, my God en allerwaaragtigste Majesteit, met `n leuen aankom om daardeur julle nuuskierigheid te bevredig?! O, verhewe meester, dan ken u Jarah nog lank nie! Kyk, al is die verstand hoe verlig, dan woon die leuen ook daarin. Jy kan iemand met jou verstand uit eie oortuiging iets uitgelê het terwyl die oortuiging totaal onwaar was, en dan het jy deur jou uitleg volmaak gelieg, - want jy het jouself en jou naaste mislei. Maar die ware en suiwere liefde lieg nooit en kan nie lieg nie, omdat sy die naaste, wat ook `n kind van God is, meer ag as haarself en daarby God bo alles! Ek is egter vol liefde vir God en dus ook vir my naaste - sou ek dan in staat wees om `n onwaarheid teen u te spreek?! Verhewe Cornelius, hierdie veronderstelling van u kant was tog nie so hoflik nie!"

[5] Cornelius sê: "Maar, allerliefste Jarah, so het ek dit tog nooit bedoel nie! Ek vra dit aan jou op die manier omdat dit `n heel gewone manier van vra is, maar ek het in die verste verte nie daaraan gedink dat jy my ook maar iets onwaar sou wou vertel het nie! Vra dit aan die Heer Self wat tog beslis weet hoe dit daar in my hart uitsien, of ek vir jou, argelose, liewe meisie, van `n leuen wou betig! Die nege mense was opgewek deur die wil van die Heer en het ook reeds weggegaan, ewe-eens volgens die wil van die Heer, en die hele saak is daarmee afgedaan. Suiwer uit gewoonte het ek jou egter die ietwat lompe vraag gestel en ek het eintlik heeltemal niks daarby bedoel nie. - Kan jy tog daaroor vir my boos wees?"

[6] Jarah sê: "O heeltemal nie, maar `n volgende keer moet u ietwat beter oor u vrae nadink! Maar laat ons nou oor iets anders praat, want ons het nou genoeg woorde verspil!"

[7] Cornelius en Cyrenius sê: "Ja, ja, daar het jy gelyk. As die Heer by ons is, is dit `n sonde om minute weg te praat! Laat ons nou alleen aan die Heer die eer gee om iets te beslis en te bepaal!"

[8] Ek sê: "So is dit goed in orde; ons het nou tyd om te gaan visvang en sal aan Markus `n aardige voorraad besorg! Na die middag sal daar weer iets gebeur!"

[9] Die ou Markus, wat My dit hoor sê het, gee sy seuns dadelik opdrag om die nodige vaartuie gereed te maak, want die visse in die groot, omheinde vergaarbak in die see het van die storm van gister taamlik baie gely.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205