Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Zorel se siel op die weg van selfverloëning

52 (Zorel) : “Nou sê die vriend vir my: ‘Kom Zorel, verlaat hierdie plek, ek sal jou na `n ander streek bring!’

[2] Ek gaan nou saam met die goeie vriend weg, ver weg, en weg van die meer af. Ons wandel nou deur `n heerlike laan en die bome buig hulle voor die een wat ek volg. Hy moet belangrik wees in die ryk van die geeste! O, `n paar bome buig so diep dat hulle haas afbreek!

[3] Zinka, jy gaan ook wel saam, maar jy sien daar baie wasig uit en skyn nie te merk dat die bome hulle voor my vriend buig nie! Uit `n wêreldse oogpunt is dit wel bietjie raar, maar tog is dit waar!

[4] Merkwaardig, merkwaardig! Nou begin die bome selfs te praat! Hulle roep op `n harde en goed verstaanbare fluistertoon: 'Ere aan die Heilige van die heiliges, ere aan die Koning der konings van ewigheid tot ewigheid!'

[5] Vind jy dit nie baie merkwaardig nie? Jy maak egter, en dit vererg my, asof jy niks daarvan opmerk nie, asof dit net so `n gewone verskynsel sou wees as een of ander milde reënbuitjie op aarde!

[6] Ja, ja, die vriend vir wie die bome buig en wie se lof hulle verkondig, sê vir my dat dit, wat soos jy lyk en ons volg, nie jyself is nie maar slegs `n skaduagtige vorm van jou siel, wat haar eers in ons atmosfeer gevorm het. Jou siel stuur net soos `n lamp bepaalde lewenstrale uit. Sodra dit ons atmosfeer raak, vorm dit `n beeld op byna gelyke wyse as waarop die strale wat oordag van `n mens uitgaan, op die oppervlakte van `n spieël ook die beeld van die een vorm waarvan dit uitgegaan het.

[7] Laat ek eers na jou voete kyk om my te oortuig dat jy nie saamloop nie, maar slegs saamsweef. Ja werklik, jy beweeg nóg jou voete nóg jou hande en volg ons tog op `n afstand van ruim sewe treë! Ja, nou verstaan ek waarom jy die bome nie sien buig en hulle wonderbaarlike gefluister nie hoor nie!

[8] Maar die laan word nou steeds smaller en die bome word korter, maar staan in plaas daarvan digter op mekaar; die buiging en die fluistering hou ewenwel nie op nie. Die pad word ook steeds moeiliker. Nou is die laan reeds so smal en die pad so doringagtig en begroei met struikgewasse, dat ons slegs met baie moeite daardeur kan kom! Nog is die einde nie in sig nie, hoewel die vriend sê dat die pad nou weldra sal ophou en ons die doel bereik sal hê. O, nou word die takke van die struikgewasse baie dig en die grond word byna rotsagtig en tussen die rotse staan orals net dorings en distels, daar is haas geen deurkomkans nie!

[9] Ek vra die vriend waarom ons tog so `n vreeslike slegte koers ingeslaan het. Maar die vriend sê: 'Kyk eers na regs en na links, dan sal jy aan beide kante `n see vind wat bodemloos diep is! Hierdie is die enigste, aan die end weliswaar baie smal en doringagtige, maar vaste landtong, wat tussen beide die oneindige groot seë deurloop. Dit verbind die hele aardse wêreld met die groot paradysagtige land van die saliges in die hiernamaals. Wie daar wil kom, moet met hierdie pad wel genoeë neem, omdat dit die enigste is!'

[10] Sien jy, Zinka, daardie merkwaardige antwoord kry ek nou van die vriend en leier van my onbeduidende persoontjie! Ek stel hom nou egter weer `n vraag en sê: 'Op die wêreld is daar ook heelwat baie slegte paaie, maar daaraan doen die mense iets. Hulle neem byle, pikke en grawe en maak die pad begaanbaar. Waarom gebeur so iets dan hier nie nie?'

[11] Maar die vriend sê: 'Omdat juis hierdie geweldige struikgewas hierdie landtong beskerm teen die dikwels ontsettende stormwind vanaf die see! As hierdie enigste, vaste landtong nie so dig en so gedug deur hierdie struikgewas beskerm was nie, sou die magtige golwe van die seë wat aan weerskante lê, dit reeds lankal deur hulle hewige branding heeltemal weggespoel het. Maar omdat hierdie doringagtige struikgewasse so dig in mekaar in gegroei is, veral teen beide die oewers, breek die swaar golwe daarop en laat tussen die digte struike hulle skuim agter, wat stadig maar seker versteen en so hierdie baie belangrike landtong voortdurend verstewig. Hierdie landtong dra die naam `nederigheid' en 'vaste fundamentele waarheid'. Beide, `nederigheid' en 'waarheid', is vir die mense nog altyd vol dorings gewees!'

[12] Kyk, Zinka, so het die vriend gesê, en in my word dit nou merkwaardig lig, en dit lyk vir my asof daar in my hart iets is wat beweeg. Dit wat homself beweeg, is `n lig en daardie lig het binne `n vorm soos die van `n embrio in die moederliggaam. Dit is heeltemal suiwer - ek sien dit. Dit word nou egter steeds groter en magtiger! Ag, hoe`n heerlike en volkome suiwer lig is dit tog nie! Dit is beslis die eintlike lewensvlam uit God in die ware hart van die mens! Ja, ja, dit is wat dit is! Dit groei nog steeds almaardeur en ag, hoe goed doen dit my!

[13] Ons loop nog steeds op die smal pad, maar nou bring die struikgewasse en die doringbosse my nie meer van stryk nie. Ook voel ek niks pynlik meer as die een of ander doring my steek en krap nie! - Nou word die struikgewas dunner, die bome word weer groter, daar vorm `n pragtige laan weer homself. Die struikgewas hou heeltemal op, die landtong verbreed homself en die oewers van die see verwyder hulle steeds verder weg van ons, en ek sien reeds, ofskoon nog baie ver weg, `n wondermooie land met die pragtigste berge en bo die berge straal `n skitterende môrerooi! Ons het egter nog steeds nie uit die nou steeds groter en breër wordende laan uitgekom nie, en die baie groot en hoë bome het nog nie opgehou om hulle majestueuse krone vir my vriend en leier te buig nie, en hulle gefluister klink nou soos heerlike, suiwer gestemde harpe!

[14] O Zinka! Daar, ja daar, daar is dit onbeskryflik pragtig! Maar jy sweef nog steeds agter ons aan en jy sê nog steeds niks nie, maar daaraan kan jy niks doen nie, want jy is nie jouself nie, maar dit is slegs `n vlugtige spieëlbeeld van jou. Ag, kon jy so iets ook maar gesien het, maar dan ook daarvan lewendig die korrekte indrukke saamgeneem het na die aardse lewe - hoe`n gedenkwaardige mens sou jy nie dan gewees het nie! Ek sou dit ook kon wees as ek my dit alles sou kon herinner, maar daarvan sal heeltemal niks my bybly nie! Maar die vriend sê dat, met die verloop van tyd, alles weer lewendig voor my gees sal kom, maar vooraf sal ek ook liggaamlik hierdie doringagtige pad, wat hom nog wel sal aandien, moet volg."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205