Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Zorel se afkoms en verwantskap

63 Maar Zinka kom van agter na hom toe, tik hom op sy skouer en sê: "Wel, vriend Zorel, wil jy nou die ondersteuning van Cyrenius aanneem of nie? Want dit lyk my toe dat jou lewensnorme, hoe goed dit ook al eers vir my gelyk het, almal sonder uitsondering in die put geval het!"

[2] Na `n rukkie antwoord Zorel: "Ja, ja, die Verlosser het heeltemal gelyk! Ek sien my onsin nou baie helder en duidelik in, en alles is soos wat Hy van my gesê het. Maar ek vra my af hoe Hy dit alles te wete gekom het. Ja, dit is alles waar, en jammer genoeg, maar al te waar! Maar wat sal ek nou begin, wat sal ek nou doen?"

[3] Zinka sê: "Niks nie, behalwe om nogmaals te vra vir `n regte onderrig, daarna te luister en daarvolgens te handel. Laat al die ander maar oor aan hulle wat `n goeie hart teenoor jou dra en wat jou kan en ook sal help as jy dít doen wat ek jou netnou aangeraai het!"

[4] Toe val Zorel dadelik voor My op sy knieë neer en vra My om voorligting en Ek verwys hom daarvoor na die apostel Johannes. Zorel vra My toe heel eerbiedig waarom Ek hom nie bietjie meer onderrig sou wou gee nie.

[5] Maar Ek sê: "As `n meester allerlei dienaars en knegte om hom heen het, doen hy dan onreg as hy hulle ook, na gelang van hulle bekwaamheid, werk gee? Dit is nie nodig dat hy self sy hande uit die moue steek om iets gereed te maak nie; die gees van die meester is voldoende om die werk ook deur die bekwame hande van die knegte te laat voltooi. Gaan jy dus maar na hom toe wat Ek gesê het, dan sal jy wel merk dat hy die regte man vir jou is! Hy is daar aan die hoek van die tafel, wat `n ligblou mantel om sy lendene dra!"

[6] Nadat Ek dit gesê het, staan Zorel op en gaan vinnig na Johannes toe. By Johannes gekom, sê hy vir hom: "Troue kneg van die buitengewone wyse Heer daar! As jy ook gehoor het wie ek is en wat vir `n inbors ek het, gee my dan om my volledig te genees, die onderrig wat my waardig moet maak om opgeneem te word in die groep van hulle wat hulle tereg mense mag noem! Omdat ek `n egte mens wil word, vra ek nou geen ondersteuning meer nie, maar slegs ter wille van die waarheid sou ek graag van jou af die volle waarheid wou hoor!"

[7] Johannes sê: "Dit sal jy ook in die Naam van die Heer kry! Maar vooraf moet jy my die versekering gee dat jy jou lewe in die toekoms heeltemal sal verander en elke skade sal herstel wat jy iemand ooit teen sy wil berokken het; ook die nog lewende koopman in Sparta moet sy twee pond goud weer terugbetaal word! Tewens moet jy ook jou heidense geloof heeltemal afsweer en `n bekeerde Israeliet word, want jou grootvader was `n Israeliet van die stam van Levi. Hy het veertig jaar gelede na Sparta getrek om daar aan die Grieke die enige ware God te verkondig en hulle na die gees Israeliete te maak; maar hy het hom uiteindelik self laat ompraat en het met sy hele gesin `n dom en baie blinde heiden geword en jy het dit ook geword, omdat jy in Sparta eers in die wêreld gekom het. Beide jou broers, wat hulle nou in Athene ophou, het deur hulle welsprekendheid selfs heidense priesters geword en wy nog steeds hulle nuttelose dienste aan Apollo en Minerva, en jou enigste suster is die vrou van `n koopman, wat ligsinnig handel dryf in afgodsbeelde van die Efesiërs en wat daarbenewens ook met die verhandeling van alle soorte meisies van plesier nogal bietjie geld verdien, ten dele deur verkoop, en grotendeels deur koppelpraktyke. So staan dit met jou swaer, wat eenmaal ook `n Israeliet was en nou is wat ek jou so-ewe vertel het."

[8] Zorel is baie diep onder die indruk daarvan dat Johannes alles weet wat hy self om gegronde redes nooit aan iemand vertel het nie. Hy kan egter nie daarby verby kom nie, noudat dit aan hom vertel word deur `n man waarvan hy sonder meer moet aanneem dat hy in Griekeland was en heeltemal op hoogte is met die bestaande en die vroeëre situasie.

[9] Zorel vra daarom nogal haastig aan Johannes: "Maar waarom nou hierdie hele verhaal waar al die mense by is? Is dit dan nie genoeg dat jy en ek dit weet nie?! Waarom moet alle omstanders dit dan hoor?"

[10] Johannes sê: "Laat dit jou nie verontrus nie, vriend! As ek dit sou gedoen het om jou na siel en liggaam skade toe te bring, sou ek `n slegte mens gewees het en voor God erger daaraan toe wees as jou ligsinnige swaer in Athene. Maar ek moet nou ter wille van jou verlossing die mense volkome laat sien wie jy is, sodat niemand jou anders sien as wat jy is nie! As jy volmaak wil word, moet jy jouself ontdek, en mag daar geen geheim in jou siel wees nie. Eers as al die verkeerde uit jou verdwyn het, kan jy begin werk aan die vervolmaking. Ook in stilte kan jy weliswaar in jouself jou ontelbaar baie sondes heeltemal aflê en `n beter mens word, sodat die mense jou daarna sou ag en eer omdat hulle van jou dan maar net goed en niks slegs nie, sou weet, en baie sou dan jou goeie voorbeeld volg! Maar as hulle daarna van `n geloofwaardige getuie sou hoor wat `n growwe en groot sondaar jy heeltemal in die verborgene was, sou almal wat jou tevore geëer het as rein mens en jou voorbeeld gevolg het, jou dan nie met bedenklike oë begin aankyk nie?! Al jou deug sou `n skaapvel word waaronder `n mens `n verskeurende wolf sou begin vermoed en mense sou jou dan ondanks al jou aanwysbare, smettelose deugde, ontwyk en jou andersins so leerryke geselskap vermy.

[11] Daaraan sien jy dat `n mens om volmaak te wees, nie net die wese nie, maar ook die skyn van die bose moet vermy, omdat dit andersins moeilik word om werklik van nut te wees vir die naaste, wat tog uiteindelik die vernaamste besigheid van elke mens is en moet wees, omdat sonder dít, geen waaragtige gelukkige samelewing op hierdie aarde denkbaar is nie!

[12] Want wat sou dit `n menslike samelewing baat as elke mens op sigself heeltemal volmaak sou wees, maar hom altyd vir sy buurman verborge sou hou? Dan sou die een die ander begin wantrou, en as daar ook maar `n muggie om die kop van `n totaal onskuldige buurman sou zoem, sou die mense louter drake en olifante sien! Maar as almal jou nou leer ken, wie jy was en hoe jy was, wat jy gedoen en hoe jy geleef het, en as jy jou lewe nou verbeter en elkeen sien en hoor dat jy `n ander mens geword het, wat volkome insig het in sy vroeëre dwalinge en dit waaragtig en opreg verafsku, dan sal elke mens jou ook met opregte vertroue goedgunstig omarm en jou liefhê, soos wat die een rein broer die ander rein broer liefhet. Daarom moet hier vooraf alles oor jou bekend gemaak word alvorens jy effektief in `n beter leer opgeneem kan word.

[13] Weliswaar het daar nou al baie openbaar geword, maar nog nie alles nie, en omdat die bekentenis daarvan jou bietjie swaar beval, sal ek dat ietwat makliker vir jou maak deur in jou plek die waarheid volkome te vertel wat vir my uit jou lewe sonhelder bekend is!"

[14] Zorel vra: "Maar hoe is dit moontlik dat jy dit kan weet? Wie het jou dit vertel? Ek het jou nog nooit voorheen gesien of met jou gepraat nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205