Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Zorel se verlede as slawehandelaar

64 Johannes sê: "Bekommer jou nou maar nie daaroor nie; as jy volmaak word, sal dit vir jou alles duidelik word, maar nou ter sake!

[2] Die ergste aan jou persoon is dat jy heimlik `n slawehandelaar was, die laaste tyd met twaalf- tot veertienjarige meisies uit Klein- Asië. Jy het hulle verhandel aan Egipte en aan Persië, en die waardevolle meisies kom dan dikwels in baie slegte hande tereg en heel selde in goeies. Dat sulke meisies deur diegene wat hulle gekoop het, terstond op die snoodste wyse verkrag word, kan jy jou wel voorstel. As dit by natuurlike geslagsgemeenskap gebly het, sou die skuld nog nie so besonder groot gewees het nie; maar op watter maniere is daar sommiges nie in Alexandrië, in Kaïro, in Thebe en in Memphis toegetakel nie! En hoe word hulle nie nog steeds toegetakel nie! As jy kon sien hoe so `n arme meisie vir die genot van `n groter sinneprikkeling deur haar duiwelagtige meester met roede en swepe gemartel word, dan sou jy jouself, ondanks jou geringe meegevoel, vervloek omdat jy uit lae hebsug `n mens in so `n onbeskryflike ellende gestort het!

[3] Hoevele duisende vloeke en ontsettende verwensings is daar nie al oor jou uitgespreek nie, hoeveel honderdduisend maal honderdduisend trane is daar deur die te groot pyn deur duiwelagtige mishandelinge geween en gekerm! Hoeveel van sulke tere meisies het ten gevolge van ondraaglike pyne in die allergrootste vertwyfeling gesterf! En, weet dat jy almal wat jou vervloek het, op jou gewete het! Want weet jy, jy het jou geheime, bose sake op groot skaal bedryf, veral ongeveer drie jaar gelede, en die getal van hulle wat jy so vreeslik ongelukkig gemaak het, het groot geword en beloop nou al agtduisend koppe! Ek vra jou: ‘Hoe sal jy dit ook maar ooit weer kan goedmaak? Wat het hierdie meisies aan jou gedoen, dat jy hulle so vreeslik ongelukkig gemaak het? Praat nou, en lê rekenskap af!’"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205