Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Cyrenius se verontwaardiging oor Zorel se misdade

67 Nou is ons Zorel eindelik heeltemal verslae en het hy niks meer tot redding van sy eer om na vore te bring nie. Hy begin by homself diep na te dink oor wat hy nog ter regverdiging van homself uit sy brein te voorskyn sou kon bring, maar hy vind alle uitweë afgeslote en daar vertoon hom geen enkele hóé klein gaatjie waardeur hy sou kon ontsnap nie.

[2] Johannes maan hom aan om te praat en van sy gespanne boog gebruik te maak, maar Zorel wil nog steeds nie sy mond oopmaak nie.

[3] Cyrenius egter, bietjie verbaas oor Zorel se boosheid, vra aan My: "Heer, wat moet nou daaraan gedoen word? Al dié omstandighede maak dat die man strafbaar is! Want ons wette met betrekking tot slawehandel staan wel toe om slawe saam met hulle kinders, as hulle het, aan enigeen te verkoop, maar kinders van vry mense, spesifiek van die vroulike geslag, mag nooit op `n mark gebring word onder die leeftyd van veertien jaar nie, daarop staan `n swaar straf. Dit is `n misdaad!

[4] Verder moet enigeen wat slawehandel wil dryf, daarvoor `n eie, wetlik gereëlde bevoegdheid hê en aan die staat `n aansienlike koopsom vir dié bevoegdheid betaal en tewens `n jaarlikse, spesiale, hoë belasting. By hom en sy kamerade is daarvan in die verste verte geen spoor te beken nie, dus het hulle klandestien handel gedryf, wat nogmaals `n groot misdaad teen die bestaande wette beteken, waarop onder sulke verswarende omstandighede tien jaar kerkerstraf staan.

[5] Daarby kom dan nog `n vyfvoudige baie gewetenlose verkragting, wat so ernstig is dat die dood daarop volg! Dit is alweer `n misdaad, waarop onder sulke verswarende omstandighede minstens vyftien jaar kerkerstraf staan, of selfs die doodstraf!

[6] En van `n meer onlangse datum kom daar nog allerlei diefstalle, bedrieërye en deurtrapte leuens by!

[7] Heer, U ken my pligte ten opsigte van die staat en my eed op alles wat vir my gewyd en dierbaar is! Wat moet ek in hierdie geval doen? By Mathael en sy vier geselle was hulle absolute besetenheid `n sekere beskerming teen my harde plig as opperregter van die staat. Maar hier is glad niks wat die man beskerm teen my plig as regter nie. Hy is `n volmaakte booswig! Is ek hier nie verplig om my streng taak te handhaaf nie?"

[8] Ek sê: "Luister - omdat Ek toevalligergewys hier die Heer is en jy, welbeskou, slegs aan My jou eed verskuldig is en Ek jou daarvan kan ontslaan hoe en wanneer Ek wil, het Ek ook intussen alleen te bepaal wat hier agtereenvolgens vir die genesing van `n siek siel gedoen moet word! Bowendien het jy jou eed aan gode gesweer wat ewiglik nêrens bestaan nie, en omdat die beskermers van jou eed so min voorstel, sal jou eed ook nie baie meer kan voorstel nie. Jou gode en jou eed is daarom op sigself één groot nul. Slegs in soverre Ek jou eed as `n teken van trou beskou, het dit ook waarde; maar vir sover Ek jou eed as nul sien, het dit vir My ook nie die minste waarde nie en is jy in elk geval vir hierdie oomblik heeltemal daarvan onthef.

[9] Ek sê vir jou dat die ondersoek van hierdie man nog nie heeltemal afgeloop het nie, daar sal nog gewis heelwat te voorskyn kom wat jou nog meer sal aangryp!

[10] Hierdie is `n heel merkwaardige man, wat jy eintlik al daardeur beter moes geken het omdat hy in sy magnetiese slaap al grotendeels, al is dit bietjie algemener as nou, sy innerlike blootgelê het, veral in sy eerste berouvolle stadium. Die nou plaasvindende, openlike onthulling gaan weliswaar meer spesifiek te werk omdat dit op dié wyse te werk moet gaan, maar jy moet geen aanstoot daaraan neem nie, want Ek laat dit juis daarom plaasvind om julle `n deur en deur siek siel heeltemal te laat sien en vervolgens ook die medisyne vir die moontlike genesing. Vroeër het Ek jou reeds vertel hoe ontakties en dom dit sou wees om `n mens met `n siek liggaam met die roede en kerker te straf omdat hy siek geword het; hoeveel ontaktieser en dommer is dit dan om `n mens vanweë sy deur en deur siek siel liggaamlik en moreel met die dodelikste slae te straf! - Sê My eers, vriend Cyrenius, het jy in jou ywer dié les van My nou al heeltemal vergeet?"

[11] Cyrenius sê: "Nee, nie dit nie, o Majesteit en hoogste Heer van die ewigheid, maar weet U, oudergewoonte steek daar by my af en toe `n klein stormpie op as daar êrens so `n deurtrapte booswig opduik! Maar U sien goed hoe gou ek my laat vermaan en daarby my ou domheid ook dadelik insien! Nou verheug ek my alweer oor die verdere ondersoek, waarin ons Johannes baie bekwaam skyn te wees! Maar daartoe behoort ook Johannes se wysheid en sy innerlike deurskouingsvermoë, natuurlik gelei deur U gees. Die mooiste is egter dat Zorel eintlik nog niks opgemerk het van iets wonderbaarliks nie, terwyl dit hom tog moes opgeval het dat die wyse Johannes hom sy gruwelikste doodsonde uit alle lande waarin hy dit begaan het, so goed beskryf asof hy orals oog- en oorgetuie sou gewees het!"

[12] Ek sê: "Luister jy nou maar weer goed, want Johannes sal dadelik weer met hom verder gaan!"

[13] Cyrenius word weer heeltemal aandagtig; Ek sê egter vir alle aanwesige vroue en meisies dat hulle hulleself in die tente moet terugtrek omdat die verdere behandeling slegs vir ryper manne van belang is. Al die vroue gehoorsaam, insluitende Jarah en die twee tot lewe geroepe dogters van Cyrenius, Gamiéla en Ida.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205