Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Zorel regverdig sy karakter

70 “Ek het vanaf my geboorte `n opvlieënde karakter besit. In plaas van om met `n sagte en verstandige opvoeding `n verbetering daaraan te bring, en my verstand soveel moontlik te ontwikkel, probeer mense my met alle straf wat daar maar is, te verbeter. My ouers was altyd my grootste kwelgeeste! As hulle verstand met goeie wil gekombineer het, dan sou hulle van my `n engel van die Judeërs kon gemaak het; maar met die talle strawwe het ek `n tier geword! En by wie lê die skuld dat ek `n tier geword het? Ten eerste kry ek, voordat ek verwek en gebore is, nie `n geleentheid om wyser ouers uit te soek nie, en ten tweede was ek na my geboorte sekerlik nog lank geen Plato of Frygius en glad geen Sokrates nie, en daarom kon ek myself nie opvoed nie! Maar wat moes dan toe gebeur het om van my `n goeie mens, en nie `n tier nie, te maak nie?

[2] Ek beskou jou as wys genoeg om op hierdie vraag sonder meer `n goeie antwoord te kan vind. By julle Judeërs vind julle altyd plekke waar menselewens deur bose geeste beset word. Net enkele weke gelede het ek een daarvan by die Gadareners gesien, en hy moes nog die beste gewees het, want die ander, wat net in die donkerste nagte bly, moes haas besete wees deur julle joodse duiwel! Die dagduiwel was egter vir geen kleintjie vervaard nie, want hele hordes mense kon niks met hom uitrig nie. Die dinge wat hy gedoen het, was huiweringwekkend en om hoendervleis van te kry. As hierdie genoemde besetene nou moontlikerwys van sy kwaal genees sou kon word, vertel my dan eers watter os van `n menslike regter dan so blind en dom sou kon wees om die geneesde mens alle ontsettende gruwels te toon wat hy tydens sy besetenheid gepleeg het en hom aan te maan tot trane van berou en die belowe van beterskap? Kon dié mens dan iets daaraan gedoen het dat hy tydens sy besetenheid die gruweldade gepleeg het?!

[3] Sê my, wyse vriend: Van `n groot hoogte val `n swaar stuk rots, en dood benede waar dit neerval, toevallig twintig mense wat daar aanwesig was. Waarom moes dit gebeur? Wie is skuldig aan hierdie ongeluk? - Stel nou die denkbeeldige geval dat daar `n magtige towenaar verbykom wat uit die rotsblok op die wyse van Deucalion en Pyrrha `n mens maak, begiftig met alle begrip en verstand. Terwyl die nuwe mens daar so gesond en wel staan, kom daar `n wyse en barmhartige regter verby en sê vir hierdie nuwe mens: 'Kyk nou tog eers, snoodaard! Dit is jou boosaardige werk! Waarom val jy as rotsblok so gewelddadig op hierdie twintig mense? Bewys jou onskuld, of jy kan vir hierdie daad die vreeslikste straf verwag!' Wat sou die nuwe mens dan wel vir die dom regter sê? Niks anders nie as: 'Kon ek as swaar rotsblok wat geen bewussyn gehad het nie, iets daaraan gedoen het dat ek ten eerste êrens op `n bepaalde hoogte deur `n onbekende krag geskei geword het van die res van myself, en ten tweede dat ek so ontsettend swaar was, en het ek ten derde op enigerlei wyse hierdie verpletterde mense miskien geroep om hier te wag tot ek na benede sou val en hulle almal sou dood?!'

[4] Jy sal nou hopelik begrip hê vir die hoogs onverstandige beskuldiging van hierdie nuwe mens deur `n superslim regter, maar tewens miskien ook daarvoor dat ek, wat nou pas uit `n onbehoue blok `n nuwe mens in wording is, ewemin skuldig is aan al my slegte dade as die so-ewe beskrewe rotsblokmens! As jy geen dom regter wil wees nie, bereg my dan volgens die geregtigheid van die suiwere verstand en nie volgens die wyse pretensies van jou humeur nie! Wees `n mens, soos wat ek ook nou `n mens is!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205