Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 71

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Cyrenius se verwondering oor Zorel se skerpsinnigheid

71 Johannes begin oor hierdie treffende woorde van Zorel dieper na te dink en vind dat dit nie ongegrond is nie en hy rig hom stil, in sy hart, met die vraag tot My wat hy nou hierna nog verder met die man moet doen, omdat dié hom duidelik bo die kop begin uitgroei.

[2] Maar Ek sê vir Johannes: "Gun hom nou bietjie tyd, dan sal Ek net soos tot nou toe, wel in jou hart en op jou tong lê wat jy verder met hom moet bespreek!" - Dit doen Johannes dan ook.

[3] Cyrenius, wat die verweer van Zorel met groot aandag aangehoor het, sê vir My: "Heer, ek moet hier openlik toegee dat hierdie man `n heel merkwaardige wese is! Dit lyk gewis of hy nou selfs die wyse Johannes behoorlik tot nadenke gestem het. Kortom, ek byvoorbeeld sou nou heeltemal aan die einde van my Latyn gewees het en as regter hom van al sy skuld moes kwytskeld!

[4] Dit is vir my egter gewis onverstaanbaar waar hierdie man, wat in sy dade so `n groot ellendeling is, so `n oortuigende skerpsinnigheid opgedoen het! Dat mense, soos byvoorbeeld owerste Stahar en ook Zinka, baie skerpsinnig tot hulle voordeel kon praat voordat hulle nadere kennis met U gemaak het, is verstaanbaar, want dit is egte geleerde mense en hulle het in baie ander sake groot ervaring; maar hierdie mens was altyd nog `n boef van die eerste water - en dan tog hierdie skerpsinnigheid! Ag, so iets het ek in my hele lewe nog nie teëgekom nie! O Heer, sê tog vir my hoe hierdie mens daaraan kon gekom het!"

[5] Ek sê: "Só onderontwikkeld was hy nooit gewees nie, want die Grieke was tog altyd nog die beste advokate in Rome! Hulle ken die meedoënlose skerpte van die Romeinse wette en bestudeer dit daarom ongelooflik presies om, wanneer hulle deur `n regter vir die een of ander vergryp tot verantwoording geroep mag word, altyd met `n suiwere teenwoord klaar te staan. En hulle wat van plan is om die staat op growwe wyse te bedrieg, het hulle die staats- en menseregte al heeltemal goed ingeprent en ook die geskrifte van verskillende wysgere uitermate intensief bestudeer; en tot dié soort behoort hierdie Zorel ook.

[6] Vóór die ekstatiese slaap sou hy egter ook nie met so `n gerigte skerpsinnigheid gepraat het nie, maar deur hierdie slaap het sy gees `n sekere nawerking in sy siel agtergelaat en daarom gee dit nou so `n skerp kritiek. Dié skerpsinnigheid sal egter gou weer verlore gaan as hy hierna weer sou terugval in die ou lewensfeer. Hierdie behandeling maak hom egter steeds skerper van oordeel, wat Ek ook spesiaal ter wille van My leerlinge toelaat sodat hulle met hierdie geleentheid iets kan proe van die grootste denkbare skerpsinnigheid van die menslike, wêreldse verstand, wat baie heilsaam vir hulle is. Want hoewel hulle baie deemoedige mense is en `n hart besit wat al baie verstandig is, het hulle tog so nou en dan bietjie selfgenoegsame gedagtes, en ten opsigte daarvan is so `n mens `n voortreflike steen des aanstoots.

[7] Johannes het my reeds in sy hart gesê dat sy wysheid hier te kort skiet en die ander leerlinge peins en peins oor wat dit nou mag beteken; maar Ek laat hulle nog `n klein rukkie nadink, sodat hulle hulself beter kan leer ken. As hulle bietjie dieper in hulleself gegrawe het, sal Ek hulle wel weer vooruit help. Maar hy sal hulle nog wel soveel moeite besorg dat hulle hulleself almal geweldig agter die ore sal begin krap! Daarna sal hulle weer `n stap verder kan neem. - Nou sal Ek egter Johannes se tong weer losmaak, en dan sal hy opnuut begin praat. Let daarom nou maar goed op!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205