Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Johannes gee Zorel advies

72 Na `n kort pouse sê Johannes vir Zorel: “Ek kan nie dadelik ontken dat jy nou met jou verstand dinge gesê het wat stellig nie heeltemal ongegrond is nie; maar hulle slaan bykans nie, of glad nie op jóu lewe nie, want jou siel was self nog altyd ver genoeg ontwikkel om die onegte van die egte te kon onderskei. As `n siel egter met `n skerpte, soos wat dit by jou die geval is, daartoe in staat is, dan sien sy ook die verskil tussen die goeie en die bose, en as sy dít kan, sondig sy teen haar eie kennis en haar gewete. Wie egter teen sy kennis en teen sy gewete sondig, kan slegs deur ware berou en boete van die ou vuil van sy sonde gereinig word en in God se guns kom.

[2] Jy wil en sal `n beter mens word! Wíl jy dit, dan moet jy ook erken dat jy aan al dié erge dade self skuldig was; maar as jy dit gedoen het, dan lê dit nou ook in jouself om in te sien dat dit nie reg was om die skuld op `n ander af te skuif nie. Jy moet die skuld daarenteen by jouself soek en erken dat dit heeltemal by jouself lê en daaroor egte berou voel, omdat jy in alle opsigte baie goed besef het wat die ware en goeie is, maar met jou dade die teenoorgestelde gekies het.

[3] Ja, as jy glad geen enkele idee van enige suiwere waarheid, en dus van die goeie, in jouself sou gevind het nie, jou daarenteen slegs in `n duister bygeloof bevind het, gestaaf deur jou hele lewensfeer, dan sou jou dade - ook al was dit op sigself voor die regterstoel van die suiwere verstand hóé boos - jou nie as skuld toegereken word nie. Dan sou jy dus net so vry van sonde gewees het as jou mensgeworde tier en rotsblok, en niemand sou die reg gehad het om vir jou te sê: 'Verbeter jou, kry berou oor jou misdade en doen opregte boete sodat jy vir die ware God aangenaam kan word!'

[4] Dan sou `n mens jou eers sorgvuldig al die ware moes bybring, jou die ware weg moes wys en jou vir `n tydjie daarop gelei het! As iemand, wat in hierdie waarheid volmaak onderrig sou wees, tog weer in sy ou verkeerde weë sou terugval en net so sleg sou handel as voorheen, sou hy wél sondig, omdat hy dan teen sy vaste oortuiging in sou gehandel het en sou hy sy gewete in groot onrus gebring het. Die beelde wat jy gebruik, deug daarom slegs vir mense wat net soos die diere nog nooit enige waarheid geken het nie. Maar jy is geen leek in die egte waarheid nie, jy ken dit daarenteen byna net so goed soos ek dit ken en jy het dit as sodanig ook al lank geken. En jou gewete het jou ook altyd by elke slegte daad van jou aangekla, maar jy het weinig aandag daaraan geskenk en het probeer deur dit allerlei valse, verstandelike oorwegings te oorstem. Jy het ook altyd berou gevoel as jy iets slegs gedoen het teen jou oortuiging en jou gewete in, maar tot boetedoening en werklike verbetering het dit by jou tot op hede nog nie gekom nie.

[5] God die Heer het jou daarom nou in groot ellende tereg laat kom. Nou het jy niks; ook jou voormalige kollega in die slawehandel het jou in die steek gelaat en bevind hom nou al in Europa, waar hy sy aansienlike winste verteer. Jy staan nou hier naak en soek hulp. Dit sal jy ook kry; maar jy moet jou eers waardig maak deur self vrywillig die alleen ware en goeie in jou daaglikse lewe te begin toepas. Dan sal jy ook waaragtig geholpe word, sowel vir die tydelike as die ewige.

[6] Bly jy in jou dade egter by dít waarvan ons beide weet dat dit foutief en sleg is, dan sal jy jou lewe lank ellendig bly. Hoe dit daarna in die hiernamaals sal uitsien, waar daar na die aflegging van die liggaam `n rein lewe sal volg, dit kan jou eie suiwer verstand jou goed duidelik maak as jy bedink dat hierdie tydelike lewe die saad is en die lewe in die hiernamaals die vrug.

[7] Saai jy `n edel, goeie saad in die grond van jou eie lewenstuin, dan sal jy ook edel vrugte oes. Stop jy egter distel- en doringsade in die grond van jou lewenstuin, dan sal jy eendag ook oes wat jy nou gesaai het! Want jy sal ook goed weet dat aan distels geen vye en aan dorings geen druiwe groei nie!

[8] Kyk, ek het jou nou nie geoordeel nie, maar jou maar net getoon wat jy hierna moet doen, en my woord oordeel nie hard oor jou nie en my manier van praat was sag! Neem my woorde ter harte, dan staan ek as vriend met my lewe daarvoor in dat jy beslis nooit in der ewigheid berou daaroor sal hê nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205