Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die weg na die ewige lewe

78 Maar tot groot verrassing en verbasing van Zorel sê Ek vir hom: "Wie sy gebreke berouvol erken en boete doen in die ware, lewende nederigheid van sy hart, is vir My kosbaarder as nege-ennegentig regverdiges wat die boetedoening nog nooit nodig gehad het nie. Kom daarom nou na My toe, boetvaardige vriend, want in jou heers nou die ware deemoedige gevoel wat vir My kosbaarder is as dít van hulle wat vanaf die oerbegin regverdig is en in hulle harte roep: 'Hosanna, God in die hoë, dat ons U heilige Naam nooit geskend het deur `n willens en wetens begane sonde nie!' Dit mag hulle roep en daartoe het hulle ook die reg, maar dit maak ook dat hulle met veroordelende oë na `n sondaar kyk en sy nabyheid vermy soos die pes.

[2] Hulle lyk soos geneeshere wat self blakend gesond is, maar daarom bang is om daarheen te gaan waar `n sieke hulle om hulp roep, uit vrees om uiteindelik self siek te word. Is dié geneesheer dan nie beter en meer agbaar, wat geen siekte ontsien en hom haas na elke sieke wat hom geroep het nie?! Ook al word hy soms besmet, dan vererg hy hom nie daaroor nie, maar help die sieke en ook homself. En so is dit goed!

[3] Kom daarom nou na My toe, dan sal Ek jou toon wat My leerling jou nie kon toon nie, naamlik die enige ware weg van die lewe en die liefde en die ware wysheid uit die liefde!"

[4] Deur hierdie woorde van My kry Zorel moed en kom skoorvoetend na My toe.

[5] Toe hy by My is, sê Ek: "Vriend, die pad wat tot die lewe van die gees lei, is doringagtig en smal! Dit beteken so ongeveer: ‘Al die bittere, erge en onaangename wat jy in hierdie lewe van die kant van die mense af ondervind, moet jy met alle geduld en sagmoedigheid bestry, en wie jou kwaad aandoen, sal jy nie dieselfde kan terugdoen nie, maar die teendeel, dan sal jy gloeiende kole op sy hoof stapel! Wie jou slaan, moet jy nie in gelyke munt terugbetaal nie, absorbeer liewer nóg `n klap van hom om vrede en eenheid tussen julle te bewaar; want slegs vrede is bevorderlik vir die groei van hart en siel in die gees.

[6] Wys niemand af wat jou vir `n diens vra of vir `n gawe nie, vooropgestel dat die diens wat van jou verlang word nie teen die gebooie van God en die staatswette ingaan nie, wat jy baie goed sal kan bepaal.

[7] Vra iemand jou vir `n kleed, gee hom dan ook nog die mantel daarby, sodat hy sal besef dat jy `n leerling uit God se skool is! As hy dit besef, sal hy die mantel nie van jou aanneem nie; neem hy hom egter, dan is sy besef nog uiters swak en treur dan nie oor die mantel nie, maar omdat `n broer die nabyheid van die ryk van God nog nie kon onderskei nie.

[8] Wie jou vra om één uur met hom saam te gaan, gaan maar twee ure saam, sodat jou bereidwilligheid hom sal toon uit watter skool diegene moet wees wat tot so `n hoë graad van selfverloëning in staat is! Op dié manier sal selfs die dowes en blindes die korrekte aanwysings kry dat die ryk van God naby gekom het.

[9] Aan julle werke en dade sal die mense herken dat julle almal My leerlinge is! Want dit is makliker om waarheid te preek, as om waarheid te doen. Watter nut het die woord as sodanig, as dit nie lewend word deur die daad nie? Wat het jy aan die mooiste gedagtes en idees, as die krag jou ontbreek om dit ooit in die praktyk te bring?! Ook het jy niks aan mooi en ware woorde as jy hulle self nie eers vóór alles wil uitvoer nie. Slegs die werk het waarde; gedagtes, idees en woorde is waardeloos as hulle nie, hoe dan ook, ten uitvoer gebring word nie. Daarom moet elkeen wat goed preek, self ook goed handel, anders is sy prediking niks meer werd as `n leë dop nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205