Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Nederigheid en hoogmoed

82 (Die Heer:) "Maar nou volg nog `n besonder belangrike lewensterrein. Eers daarop kan `n mens in die siel die volledige, geestelike wedergeboorte bereik, wat die waaragtigste triomf en die hoogste doel van die lewe is. Hierdie terrein staan lynreg in teenstelling met trots en hoogmoed en heet - nederigheid.

[2] In elke siel is daar altyd `n gevoel van eiewaarde en eersug, wat by die kleinste geleentheid en aanleiding maar al te gou ontvlam tot `n allesvernietigende, onbeheerste toorn, wat nie eerder te doof of volledig te blus is voordat hy die slagoffers wat hom beledig het, verteer het nie. Deur hierdie vreeslike drif word die siel egter so ontwrig en vol materie, dat sy nog baie ongeskikter word vir `n innerlike, geestelike vervolmaking, as wat die gloeiende sand van die groot Afrika-woestyn geskik is vir die stil van jou dors!

[3] Deur die drif van miserabele hoogmoed word die siel uiteindelik self soos gloeiende woestynsand, waarop selfs die armsaligste mosplantjie nie kan groei nie, laat staan nog `n sappiger en geseënder plant. So gaan dit ook met die siel van `n hoogmoedige wese! Haar wilde vuur verseng en verbrand en vernietig grondig al die edele, goeie en ware van die lewe en duisendmaal duisende jare sal verstryk alvorens Afrika se sandwoestyn haarself sal herskep in vriendelike en van seën oorvloeiende velde. Daaroorheen sal al die waters van die see nog talle kere moet spoel!

[4] Kyk eers na `n trotse koning wat vanweë `n kleinigheid deur sy buurman beledig word! Sy siel raak daardeur in vuur en vlam; sy oë sproei toornige, oplaaiende vlamme en onherroeplik klink dit: 'Die verskriklikste wraak aan die eervergete belediger!' En die van ouds bekende, treurige gevolg daarvan is `n verwoestende oorlog, waarin honderdduisende hulle vir hulle trotse en oormoedige koning op die ellendigste wyse moes laat verskeur. Met groot welgevalle kyk die in toorn ontstoke koning dan vanuit sy tent na die ontsettendste veldslae en moorde, en elke woeste krygsman wat die bevegte teenstander `n groot, gevoelige verlies kon toebring, beloon hy trots met goud en edelstene.

[5] Wanneer so `n koning deur sy oorweldigende mag al nagenoeg alles van sy belediger ontneem het, vind hy dit nog lank nie genoeg nie! Hy wil hom self ook nog voor sy oë gruwelik gemartel sien! Daarteen help geen bid en smeek nie. En wanneer die belediger voor die oë van die trotse koning onder die vreeslikste en pynlikste martelinge gesterf het, word sy liggaam bowendien nog afskuwelik vervloek en as voer vir die rawe uitgestrooi, en nooit keer in die diamanthart van so `n koning iets van berou terug nie. Inteendeel, die toorn of die gloeiende woestyn van Afrika bly aan elkeen die vreeslikste dood bring wat dit ooit sou waag om ook maar die plek waar die trotse koning staan, nie die hoogste eer te betoon nie.

[6] So `n koning het natuurlik ook nog wel `n siel, maar hoe sien sy daaruit? Ek sê vir jou: erger as die gloeiendste plek in die groot Afrika sandwoestyn! Dink jy dat so `n siel ooit verander sal kan word in `n boomtuin van God se hemele? Ek sê vir jou: Afrika se woestyn sal duisendmaal eerder die heerlikste dadels, vye en druiwe voortbring as wat so `n siel ook maar die kleinste druppeltjie van die hemelse liefde sal ken!

[7] Vermy daarom, julle almal, vóór alles die hoogmoed, want niks ter wêreld verwoes die siel meer as skuimbekkende hoogmoed en trots nie! Die begeleier daarvan is `n voortdurende dors na wraak, soos wat die ewige en onstilbare dors na reën die voortdurende begeleier is van Afrika se groot, gloeiende sandwoestyn, en ook alle diere wat voet op hierdie bodem sit, word maar al te gou deur dieselfde plaag geteister, soos wat die bediendes van iemand wat trots is, uiteindelik ook self verskriklik trots en wraaksugtig word. Want wie dienste verleen aan `n trotse persoon, moet uiteindelik ook self trots word; hoe sou hy anders die een wat trots is kon dien?!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205