Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Zorel word onder die sorg van Cornelius gestel

85 Ons gasheer Markus het die aandete gereed, en omdat ons met jou `n goeie vangs gedoen het, sal ons die aandete nou ook so goed as op hierdie aarde moontlik is, laat smaak; in My ryk aan die ander kant sal dit eendag wel beter gaan! Maar na die aandete sal ons onsself nie oorgee aan die slaap nie, maar aan iets heel anders, en môre, nog vóór die son sal opgaan, sal ons vir `n geruime tyd uitmekaar gaan, want Ek moet nog baie plekke besoek. RafaEl, gaan jy nou na die vroue toe en laat hulle weer hierheen kom, want die bespreking, wat hulle weinig of niks aangaan nie, is verby, en die tyd van die aandete het aangebreek!"

[2] RafaEl gaan haal al die vroue, en Jarah kom na My toe aangeloop en sê: "O Heer! U, my liefde! Dit het vir my nou na `n ewigheid gelyk voordat ons weer geroep is; maar nou alle dank aan U dat ek weer by U mag wees! Maar mag ons vroulike wesens nie hoor wat U o Heer, alles met Zorel bespreek het nie?"

[3] Ek sê: "Nee, omdat dit vir julle vroulike wesens nog lank nie die beste oomblik sou gewees het nie; origens het jy heeltemal niks daarmee gemis nie, - want op die regte tydstip sal dit alles wel vir jou duidelik word. Maar nou word die aandete bedien en daarby kan jy jou goed vermaak met Josoë en met RafaEl, wat Ek eers na die aandete aan Zorel sal voorstel, want van hom weet Zorel nog niks nie.

[4] Vandag na die maaltyd sal ons egter tot aan die oggend wakker bly en julle almal sal die laaste nag wat Ek liggaamlik by julle sal deurbring, so `n geweldige hoeveelheid wonderbaarlike dinge te siene en te hore kry soos nog nooit vroeër nie, want in hierdie nag sal julle die Een heeltemal leer ken wat dit nou vir jou gesê het. Maar daarvan mag aan niemand voortydig iets vertel word nie! - My beste Zorel, sluit jy jou nou aan by Cornelius, want hy en nie Cyrenius nie, sal van nou af aan jou versorger wees!"

[5] Cyrenius sê: "Heer! Ek gun my broer beslis niks anders as die goeie nie; maar ek sou Zorel ook besonder graag by my wou gehad het!"

[6] Ek sê: "Jou wens doen My hart baie plesier aan en het net soveel waarde as die daad self; maar jy het van almal wat hier bekeer was, tog al reeds `n groot aantal vir jou rekening geneem! In Zinka en sy metgeselle besit jy `n skat, jy het Stahar, Murel en Floran, Hebram en Risa, Suetal, Ribar en Baël, Herme met sy vrou en dogters, en jy het nou ook beide jou dogters Gamiëla en Ida, met elkeen wat Ek voorbestem het om jou skoonseuns te word, en jy het die wonderjonge Josoë; en vanselfsprekend is al hulle aanhang ook aan jou gegee en daarmee kan jy volkome tevrede wees! Jou broer Cornelius neem slegs vir Zorel vir sy rekening, en hy sal vereers aan sy huis goeie dienste verleen en later ook aan die vreemdes vir wie Ek hom opgewek het. Jy sal egter tog nog dikwels genoeg na jou broer gaan en hy na jou, en dan sal jy nog baie met ons Zorel kan bespreek. - Treur jy nou nog omdat Ek Zorel nie aan jou toevertrou het nie?"

[7] Cyrenius sê: "O Heer! Hoe kan U my dit nou vra?! U weet dat U enig heilige wil my hoogste saligheid is, hoe dit ookal mag wees! Bowendien gaan daar tog bykans geen maand verby dat ek nie by my broer op besoek is nie, of my broer by my, hetsy vir sake of uit ou broederliefde en dan sal daar die beste geleentheid wees om met die man `n paar woordjies te wissel!

[8] Maar juis nou het U vir die liewe Jarah gesê dat U in die loop van hierdie nag nog baie wonderbaarlike dinge sal doen, omdat ons nou almal voldoende ingewy is in U wese; wel, waaruit sal die wonderbaarlike hoogtepunt dan bestaan?"

[9] Ek sê: "Beste vriend! Dit sal jy tesame met al die ander op die regte oomblik sien en verneem! Maar nou sien jy tog wel dat die ou Markus sy uiterste bes doen om die tafels te voorsien van spyse en wyn, sout en brood, en veral jou dogters het voedsel nodig; daarom sal daar voordat ons met die aandete gereed is, niks meer onderneem, gepraat en bespreek word nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205