Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die ontwikkeling van die siel op aarde en in die hiernamaals

93 (Die Heer:) "Dit spreek vanself dat dit hier nie `n besondere geval betref nie, maar dat dit `n algemene riglyn is wat sowel by die leiding aan hierdie kant en in die besonder aan die ander kant gebruik word om `n siel uit die stoflikheid te haal wat haar lewe belemmer.

[2] Daarbenewens is daar nog tallose baie afwykende gevalle, wat elk op `n ietwat ander wyse behandel moet word; maar ongeag dit alles moet daar tog `n algemene riglyn wees waarna al die ander hulle uiteindelik moet rig, soos wat die aarde deur één reën bevrug moet word sodat die uitgesaaide saad daardeur kan begin ontkiem. Hoe die verskillende soorte sade, wat in die aarde wag om tot lewe gewek te word, dan dit uit die reëndruppel haal wat na hulle smaak is, dit is `n saak van die spesiale intelligensies van die geeste wat in die kiem woon en baie goed weet om vir hulle huis te sorg.

[3] Ek sê dit vir julle sodat julle kan insien hoe moeilik en moeisaam die weg na die voleinding van die innerlike lewe aan die ander kant is, en hoe maklik en vry dit hier gaan, waar die siel die stoflike liggaam nog om haar heen het waarin sy in die eerste instansie, hoe en wanneer sy dit maar wil, al haar aanwesige stoflikheid kan opslaan. Aan die ander kant is dit egter nie so eenvoudig nie, omdat die siel dan geen stoflike liggaam meer het nie en met haar voete ook nie meer oor `n stoflike bodem loop nie, maar oor `n geestelike, wat gebou word uit gedagtes en idees uit die siel, en wat beslis nie geskik is om die stoflike wat uit die siel afgeskei is, op te neem en vir ewig in haar te begrawe nie.

[4] Want vir dit wat uit die siel op haar bodem val, geld ongeveer dieselfde as vir `n klip wat mens vanaf hierdie aarde die eindelose ruimte sou wou inslinger. Ja, wie die krag sou besit om `n klip met so `n krag omhoog - of van hierdie aarde af weg - te slinger dat dit die snelheid van `n afgeskiete pyl dertigduisendmaal sou oortref, die sou die klip homself inderdaad so ver van die aarde af verwyder dat dit nooit weer sou terugval nie; maar enige mindere krag sou dit nooit tot stand bring nie. Dit sou die klip wel meer of minder ver van die aarde af bring, maar as die krag waarmee die klip weggewerp is, ten gevolge van die voortdurende heel ver reikende aantrekkingskrag van die aarde minder en noodsaaklikerwys swakker sou word, sou die klip weer omkeer en steil na die aardbodem toe terugval.

[5] En kyk, so is dit ook met die stoflike, sondige brokstukke wat die siel in die hiernamaals nog met haar saamdra! Ook al verwyder die siel dit uit haarself en werp sy dit op die grond van haar wêreld, dan baat hierdie moeite haar min of so nou en dan selfs heeltemal niks nie, omdat die bodem van die siel waarop sy in die geesteswêreld staan en haar beweeg, eweseer `n deel van haarself is soos op aarde die aantrekkingskrag van hierdie aarde is, wat, al reik dit hóé ver na buite, tog `n deel bly van hierdie aarde en nie één atoom homself van haar laat verwyder nie.

[6] Dus, as die siel aan die ander kant al die growwe en stoflike uit haarself wil verwyder, moet `n hoër krag in haar werksaam word; en dit is die krag wat in My Woord en in My Naam lê! Want daar staan, komende uit die mond van God, geskryf: 'Voor U Naam sal alle knieë hulle in die hemel, op aarde en onder die aarde buig!' Daardie laaste het betrekking op alle menslike skepsele van die tallose talle ander wêrelde in die eindelose skeppingsruimte; want in die hemele woon die kinders van God wat reeds vir ewig volmaak is - en daarby enkel en alleen op hierdie aarde die kinders van God in wording. As hierdie groot voorreg egter net aan hierdie aarde verleen is, dan is haar waarde vir God hoër as die van alle ander hemelliggame; húlle staan dan moreel onder haar (die aarde) en dus ook hulle bewoners, wat dan bedoel word met 'die wat onder die aarde woon'.

[7] Dus, deur My woord en My Naam kan die siel eers heeltemal gesuiwer word. Maar dit gaan daar anderkant nie so maklik soos die mens hom dit miskien wil voorstel nie; daarvoor is langdurige voorbereidings nodig! Die siel moet eers heeltemal geoefen wees in alle moontlike selfwerksaamheid en moes reeds vantevore `n baie behoorlike krag in haar gehad het voordat dit vir haar moontlik kan word om My woord en uiteindelik selfs My Naam aan te neem.

[8] As `n siel egter eenmaal daartoe in staat is, dan sal dit vir haar maklik wees om ook die laaste stoflike atoom sodanig uit haar hele grondgebied te verwyder dat dit ewiglik nooit in haar kan terugval nie. Hoe en waarom sal onmiddellik getoon word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205