Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die doel van diening

95 (Die Heer:) "Diening oefen en bevorder nederigheid die meeste. Hoe ondergeskikter `n diens dikwels lyk, des te geskikter is dit vir die ware ontwikkeling van die lewe. Nederigheid op sigself is niks anders as die steeds meer en sterker verdigting van die lewe in haarself nie, terwyl hoogmoed die aanneem van `n steeds losser vorm is en dit haarself eindeloos ver na alle kante verstrooi en uiteindelik `n bykans heeltemal verlies van die lewe is, wat ons die tweede of geestelike dood sal noem.

[2] By hoogmoed het `n einde gekom aan alle diening en sodoende ook aan alle verdere vorming en ontwikkeling van die lewe. As die ontwikkeling van die lewe sou afhang van die trotse heers oor andere, dan sou daar sekerlik so `n reëling deur My getref gewees het, dat elke mens `n onbeperkte reg sou hê om te heers; maar omdat dit ingaan teen My ewige orde, moet elke mens en elke engel hom daarvolgens rig om te dien en om uiteindelik juis in die ewige, altyd meer en veelomvattender diening die grootste geluk en die grootste saligheid te vind.

[3] Sonder diening bestaan daar eintlik glad geen lewe nie, geen duursaamheid daarvan, geen geluk, geen geluksaligheid en geen liefde, geen wysheid en geen lewensgeluk nie, nóg hier nóg aan die ander kant; en wie hom `n hemel wil voorstel waar alle diening ontbreek en wat vol luiheid en vol nodelose braspartytjies is, hy vergis hom geweldig!

[4] Want die saligste geeste van die hoogste hemele kry juis daarom `n krag en sterkte wat My byna ewenaar, om vir My en vir alle mense reeds hier op hierdie wêreld, waar die lewe beproef word, des te beter te kan dien. Waarom sou hulle andersins in besit gestel word van die krag en mag van `n skepper?! Het `n mens dalk krag en wysheid vir niksdoen nodig?! As hulle werk en diensverlening reeds vir hierdie aarde van onbeskryflike belang vir julle is, hoe groot moet die belang vir die geesteswêreld dan nie wees nie, en van daar af vir die hele oneindigheid!

[5] Ek het immers nie na julle gekom om luiaards van julle te maak nie, of julle slegs vir akkerbou, veeteelt en nog meer van daardie soort sake op te lei nie, maar om ywerige werkers van julle te maak vir die groot hemelse wingerd. Die doel van My leer vir julle almal is in die eerste plek om julleself ten aansien van julle innerlike lewe tot ware volmaaktheid te bring en in die tweede plek dat julle dan self as volmaakte lewendes reeds hier, en veral later anderkant in My ryk, My ywerigste en energiekste werkers wil en sal word.

[6] As dit nie My einddoel sou wees nie en Ek vir julle sou sê: 'Span julle maar net hier in; eendag aan die ander kant in My ryk sal julle dan baie plesierig lewe en tot in alle ewigheid kan uitrus en al die prag van God kan aangaap!', dan sou Ek self dommer moet wees as een van die domstes van julle. Ja, julle sal wel God se heerlikhede vir ewig kan bewonder, maar nie sonder werksaamheid nie; want juis julle werk sal die wonders van die hemele moet vermeerder en steeds heerliker en goddeliker moet maak!

[7] Ek wil dat al My gedagtes en idees van nou af aan deur julle, My kinders, volledig ten uitvoer gebring word, alreeds hier vir siel, hart en gees van julle broers en susters, aan die ander kant dan in alle groot realiteit vanaf hulle mees innerlike, geestelike ontstaansfeer tot aan hulle mees uiterlike, stoflike vorming, om dit van daar af weer terug te voer na die toegenome, suiwer en selfstandig geestelike, volmaakte lewe. En daarvoor, vriende, sal oneindig baie tyd, geduld en `n groot bedrywigheid nodig wees en `n ewe groot en alomvattende wysheid en krag!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205