Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die korrekte beoefening van naasteliefde

97 (Die Heer:) "Maar nou sien Ek by sommiges van julle `n bose gedagte opkom, wat die Satan julle heimlik ingefluister het! Dié gedagte bestaan daaruit: Dit het julle moeite en baie werk gekos om rykdom vir julle en julle nakomelinge te verwerf en dit moet julle nou verspil op hulle wat hulle lewe op `n luie wyse uitgeleef het?! Laat hulle werk en by julle hulle brood verdien, wat julle hulle volgens verdienste maar altyd karig sou wou gee! Wie nie kan en wil werk nie, moet krepeer soos `n hond langs `n openbare pad!

[2] O, Ek sê vir julle, dit is `n slegte gedagte wat julle ingegee word! Hoe moet `n blinde werk? En tog is hy julle broer, wat dieselfde reg het om te lewe as julle wat kan sien en hoor en gesond van lyf en ledemate is. Hoe moet arme grysaards en swak kinders van verarmde ouers werk, wat nie die nodige krag daarvoor het nie? Hoe moet lammes en kreupeles werk vir loon, wat julle nog so karig moontlik wil uitmeet?

[3] Hoe moet dié mense werk wat van dag tot dag werk soek en niks kry nie? Want die een by wie hulle kom, stuur hulle weg met die mededeling dat hy nou geen werk vir hulle het nie. En tog is dit julle bose gedagte wat hom aangespoor het om werk te soek wat hy êrens anders ewemin as by julle kan kry. Dié man word uiteindelik `n bedelaar; oor hom praat jy dan met veragting en jy noem hom `n lui dagdief. `n Ander word `n dief, hom vang jy soos `n verskeurende dier, jy mishandel hom en gooi hom dan in `n kerker. `n Derde word selfs `n roofmoordenaar of minstens `n gevreesde straatrower. As julle hom gevang het, word hy veroordeel, in `n kerker gegooi en `n kort tydjie daarna op pynlike wyse gedood.

[4] Kyk, dit is merendeels die gevolge van julle bose gedagtes, wat die vors van die duisternis julle altyd baie heimlik ingefluister het. Maar van nou af aan sal dit nie meer so wees nie! Dié gedagtes is van die hel - en in julle harte moet dit nooit weer opwel nie.

[5] Daar word nie verlang dat julle al julle besittings onder die armes verdeel omdat julle My volgelinge is nie; maar julle moet wyse beheerders wees van die besit wat aan julle toevertrou is, sodat julle hulle, wat buite hulle skuld arm is, nie laat honger en dors ly as hulle voor julle deur staan nie!

[6] Kyk maar eers hier na vriend Ebahl uit Genésaret! Hy het vandat hy herbergier is, duisende armes uit sy eie streek, maar ook wildvreemdes, onderdak gegee, en nooit met teensin of met `n soort besorgdheid vir dit wat syne is nie - en tog het sy besit nie verminder nie! Inteendeel, hy besit nou soveel en sulke groot aardse skatte dat hy vir hom `n groot koninkryk daarmee sou kon koop; maar hy heg maar net waarde aan al hierdie skatte omdat hy daardeur beter in die geleentheid gestel is om nog meer armes kragtig te kan ondersteun. Hy dink nie aan sy besittings nie, en vir sy kinders vind hy dit slegs belangrik dat hulle almal sterk en kragtig in die kennis van die enige en ware God word; in plek daarvan sorg Ek dan vir al die ander in sy huishouding, en Ek staan daarvoor in dat sy huis nooit aan iets gebrek sal ly nie!

[7] Maar angstiges laat Ek self sorg vir hulle huis, en hulle skure oorlaai ek nooit met koring en graan en hulle wynpers sal nie oorvloei van wyn nie. Hulle vrugtebome sal nie oorvloedig dra deur my ryke seën en hulle vywers sal nie so baie oorlaai word deur die te groot aantalle edel visse, en hulle kuddes sal nie die vetste in die land wees nie! Want, die een diens is die ander werd - en verwag nêrens dat jy `n te groot wins vergader nie! Wie met min vertroue op My bou, sal ook oes soos wat hy vertrou! Ek sal elkeen gee volgens sy vertroue en volgens sy geloof, wat altyd `n vrug is van die liefde tot My en die naaste.

[8] Wees daarom altyd en steeds barmhartig, en dan sal julle by My ook altyd barmhartigheid vind! Soos wat julle julleself sal gedra teenoor die arm broers en susters, so sal Ek My ook teenoor julle gedra. Ek sê en raai julle almal aan: ‘Staan altyd vir mekaar gereed, oortref mekaar met goeddoen, het mekaar waaragtig lief, soos wat Ek julle ook liefhet, dan sal julle die hele wêreld wys dat julle waarlik My leerlinge is en in julle gees My volkome ware kinders is.

[9] Die bestemming van al My kinders is dat hulle hulleself hier op aarde voortdurend sal oefen in die toekomstige groot werke in My hemele; want daar sal alles enkel en alleen deur die liefde gedoen word; en elke wysheid wat nie uit die vlammelig van die liefde sal voortkom nie, sal in My hemele nooit of te nimmer opgeneem word en daarom ook niks te doen kry nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205