Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus word na RafaEL verwys

36 Van louter verbasing oor Roclus se ervaringe en sy korrekte beoordeling van die verskynsels - sowel op die gebied van die moreel-politieke lewensomstandighede van die volke, as oor hul verskillende sedes en leefwyse en hul godsdienstige kultusse, asook op die meer omvangryke gebied van allerlei soorte natuurverskynsels - het Cirénius nie geweet hoe hy nou met enigsins steekhoudende argumente daarop kon antwoord nie; want alle uiteensettings van Roclus was gebaseer op die vaste grond van ervaringe en streng geneem was niks daarteen in te bring nie. Cirénius het die priesterdom maar al te goed geken en hy het geweet wat die motiewe vir hulle ou, duistere praktyke was. Bowendien het hy Roclus as `n goeie en hoogs onselfsugtige mens gesien, wat maar net Esseen geword het om met elke middel, wat nie in teenspraak was met humaniteit en ware naasteliefde vir alle mense wat blind is sonder om skuld daaraan te hê, die altyd en orals lydende mensdom te help. Kortom, Cirénius het begin om steeds meer simpatie met Roclus te kry.

[2] Ook alle ander aanwesige gaste was buitengewoon verbaas oor die skerpte van verstand van hierdie Esseen en het dit aldeur betreur dat Roclus nog geen kennis met My gemaak het nie. Almal was nou uiters gespanne oor wat Ek uiteindelik op alles sou sê. Maar vir My was die tyd nog steeds nie ryp om `n soort bespreking met Roclus te begin nie, omdat hy tog nog die een en ander in sy hart verberg het, waarmee hy tydens die baie openhartige gesprek nog nie vorendag gekom het nie; maar in `n verdere gesprek sou Cirénius nie meer opgewasse teen Roclus wees nie.

[3] Daarom het Ek RafaEL heimlik na My toe geroep en ook aan Cirénius `n teken gegee dat hy RafaEL nou aan Roclus moes voorstel en aan hom moes sê dat hierdie jongeling nou die res met hom sou afhandel, omdat hy (Cirénius) homself as te swak en te arm aan ervaring beskou het om teenoor Roclus se absoluut baie gedugte skerpte van verstand teenargumente na vore te bring wat die ateïsme van die skerpsinnige denker ongedaan sou maak; maar hierdie jongeling sou aan hom, naamlik Roclus, baie goed gefundeerde teenargumente kon gee, waarvan hy volledig seker van kon wees.

[4] Cirénius het hom daarom nou weereens tot Roclus gewend en het dit aan hom meegedeel.

[5] Maar ROCLUS sê daarop dadelik aan Cirénius: “Liewe, geëerde vriend, wanneer u, as wyse grysaard van koninklike afkoms, wat solank reeds met regeringsake werksaam is, dit nie durf waag om my te woord te staan, met u talle ervaringe en kennis nie, wat moet hierdie jong seun dan met my doen, want hy is duidelik nog geen twintig jaar oud nie. Of vind u my argumente te swak en sonder inhoud om vir my `n antwoord daarop te gee?"

[6] CIRÉNIUS sê: “Nee, nee, absoluut nie, dit is presies soos wat ek dit aan jou meegedeel het! Maar probeer dit eers met die jongeling en oordeel dan!”

[7] ROCLUS sê: “Wel dan, laat ons sien op watter plek hy die klip van die wyses gevind het!”

[8] Nou wend Roclus hom tot RafaEL wat alreeds langs hom staan: “Wel, maak dan bekend wat jy verstaan! As jy my ervaringe ongedaan kan maak of my verstand met blindheid kan slaan, dan het jy aan my `n swak rietstingel gevind wat maklik deur allerlei winde na alle willekeurige kante gebuig kan word; laat jy my egter soos wat ek is, dan sal jy moeilik slaag om my deur jou ervaringe van mening te laat verander! Want jy kon nouliks meer as Rome gesien het en dit wat jy op die reis hierheen alles teëgekom het! Jy was verseker nog nooit in Egipte nie, die land van die ou wysheid, en jy het nog lank nie uit ervaring geleer hoeveel soorte van geloof aan een of meer gode en godinne by die verskillende volke bestaan nie en jy wil dit met ons twaalf reuse, wat ervaring betref, opneem? Nou goed dan, ek het nie juis bepaald iets daarteen nie; ons sal wel sien hoeveel hare jy op jou tande het! Doen dus jou beste en weerlê my suiwer ateïstiese argumente en laat my die god sien wat te verenig is met die suiwer verstand van `n mens, en met sy innerlike lewensbeginsel, wat duidelik die liefde is! Maar kom veral nie met `n ander god nie; want hy word al by voorbaat verwerp, omdat daar geen ander kan wees nie en ook nooit sal wees nie! As hy daarmee eens is, laat hom dan teen ons begin!”