Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die misnoeë van die Heer oor die hoogmoedige, kritiese vroue

105 Ek sê: 'Beste vroue, julle het werklik baie verstand! Hier op hierdie plek sal Ek nie praat nie, maar in die huis van Jored, waarheen julle kan gaan as julle wil. Maar Ek sê vir julle al by voorbaat dat dit baie moeilik sal wees vóór julle by julleself sal erken dat slegs jou vlees sterflik is, maar nie die siel nie. Dit het gebeur deurdat julle julleself reeds vanaf julle jeug gefokus het op die materie van die vlees en daarna niks meer kon sien, voel, waarneem en ondervind nie, as maar net dit wat die mees growwe materie julle voor julle liggaamlike oë plaas. - Maar nou niks meer daaroor nie!'

[2] Toe bedank die vroue, hulle kinders en bediendes My nogeens vir wat Ek hier vir hulle gedoen het en begewe hulle daarna na hulle baie deftige huise.

[3] Jored vra My egter of hy hulle dalk vir die middagete moes uitnooi.

[4] Ek sê: 'Bepaald nie, want daar is niks waarvan Ek minder hou as van die geselskap van sulke super-intelligente vroue as juis by `n maaltyd nie, want as hulle tong eenmaal loskom, vergeet hulle om te eet en te drink, en iemand soos ons sou sekerlik nie aan die woord kom sonder om hulle tonge eers vir `n oomblik te laat verlam nie. Hierdie vyf vroue sou werklik meer as voldoende in staat wees om iemand letterlik dood te praat.

[5] Ten eerste is dit dogters van `n baie geleerde Griekse opperpriester van die god Apollo en die god Mercurius, wat wil praat volgens hulle heidense begrippe.

[6] Ten tweede het hulle `n mentor gehad wat baie goed tuis was in alle wetenskappe en wat hulle die koppe eers goed op hol gekry het, want hy wou al hulle ou wysgere heeltemal deur en deur leer ken en verstaan, maar het nie daarby gedink dat al hierdie ou filosowe van die bekende volke en nasies mekaar in `n hoë mate teenspreek nie, en dat jy, as jy al hierdie wysgere ken en aanhang, nooit tot `n harmoniese lewensisteem sal kan kom nie, en dat so `n mens maar net `n tipe van hoogmoedige veelweter kan word wat uiteindelik geen ander behoefte in hom voel as om nou en dan te laat sien hoe baie hy in alle kennis en ervaring bo elke ander mens staan nie. En dit is ook by hierdie vroue, en alreeds by hulle kinders en bediendes die geval. Praat maar eers met so `n bediende, dan sal jy wel sien hoe vaardig hy met sy tong is! 

[7] Ten derde en uiteindelik is hulle vroue van priesters en in `n sekere sin self priesteresse, en moet daarom ex officio* so verstandig en wys wees, dat beroepshalwe geen enkele ander mens hulle op een of ander wyse kan benader nie, - daarom gaan ook hulle kinders en bediendes hulle dan as ligtende aankondigers, as uithangborde van hulle wysheid, voor, sodat die mense uiteindelik so oor hulle moet voel dat hulle sal sê: 'Ja, as hulle al so wys is, hoe wys sal dan wel die priesters en priesteresse self wees! 'Ja, My vriend, by die innerlike lewensgesteldheid verwerdig die gees van hulle mentor hom natuurlik nie om by hulle sy belofte af te los nie! *(beroepshalwe)

[8] Het jy nie gemerk dat hulle My nouliks bedank het, en hoe hulle dadelik hulle bedenkinge oor die onsterflikheid van die siel begin uit te kraam toe Ek hulle beloof dat Ek hulle, as hulle in My leer sou bly, ook altyd sou help en ook wil troos en sterk as hulle My Naam sou aanroep, wat hulle tesame met die leer van hulle mans sou hoor?! Dink jy dalk dat hulle daar in hulle erns, eg uit die diepte van hulle hart, begin het om `n teenargument te uiter? O nee, dit was maar net daar gedoen om My te laat sien hoe buitengewoon wys hulle is en hoe besonder geskik hulle is vir die oprig van `n nuwe lewenskool in My Naam! Nou sal dit vir jou wel duidelik wees dat Ek juis by die middagete nie graag met sulke vroue wil saamwees nie. Maar na die maaltyd kan hulle wel kom, dit kan jy vir hulle deur hulle mans laat sê.' 

[9] Jored sê: 'Kyk, Heer en God, presies so het ek hierdie vroue altyd vir my voorgestel, en ek kon hulle ook nooit so baie goed lei nie, omdat hulle met hulle kennis altyd minstens so `n duisend jaar voor wou loop! Want as jy iets vertel wat jy dan tog ook geleer het en uit ervaring weet, kry jy altyd te hoor, ook al was dit dan op `n baie vriendelike toon: 'Ek versoek dringend om daaroor op te hou, anders moet ons weggaan; want dit verstaan jy nie en jy sal dit ook nooit verstaan nie!' Ja, selfs hulle mans moes hulle behoorlik in ag neem om in `n bespreking met hulle nie deur hulle vroue gekorrigeer te word nie. - By baie geleenthede dink ek dit so by myself, en nou sien ek eers duidelik dat my gevoelens my nie bedrieg het nie, en ek sal hulle dus so ongeveer drie uur na die maaltyd na my toe ontbied.'

[10] Ek sê: 'Baie goed! Gaan sê nou egter vir die mans dat Ek met één van hulle `n paar woorde wil wissel!' 

[11] Jored gaan en roep die Minervapriester. En hy kom dadelik na My toe en vra My wat Ek van hom verlang.

[12] En Ek sê: 'Vriend, bly vandag op die middel van die dag tuis by julle vrouens, anders gee julle aanwesigheid hier vir hulle geleentheid om My by die middagete te oorval met hulle stereotipe wyshede, en dit wil Ek nie hê nie, want Ek wil graag aan tafel tydens die ete rus! Maar oor `n uur of drie kan julle wel met julle seergeleerde vroue kom. Gee hulle egter eers ietwat onderrig in die dinge wat julle al van My weet, sodat hulle, wanneer Ek praat, geen bedenkinge het of opmerkings maak nie! Want julle vroue is aanhangers van die leerstellinge van Diogenes, en met hulle is dit moeilik om `n indringende gesprek te voer; hulle is bowendien ook nog aanhangers van die skeptisisme, en dit is nog erger! Doen dus wat Ek julle nou gesê het! Hulle sal ons vanmiddag nog genoeg aanstel!' 

[13] Die priester bedank My vir hierdie raad en beloof My dat hy die vroue baie behoorlik sou bybring, en hy staan daarvoor in dat hulle hulleself baie beskeie in die saal van Jored sou gedra. 

[14] Toe gaan hy weg en bring die boodskap ook aan sy kollegas oor, wat heeltemal eens daarmee was, hoewel dit vir hulle baie beter sou gewees het as hulle nou ook weer saam met ons na Jored kon gaan, omdat dit nou al byna die middel van die dag was.  

[15] So word dan hierdie nie onbelangrike saak gereël en die ergste deel van die heidendom van die plekkie word op `n beter en verligte weg geplaas.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205