Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Gedagtewisseling tussen die skrifgeleerde en die priesteres

109 Hierdie taamlik vinnige opmerking van die priesteres bring die skrifgeleerde tot beter insigte en hy sien nou in, hoe lomp sy Romeinse spreuk was en hoe sinneloos hy dit gebruik het.

[2] Hy besin hom en sê: 'Nou, nou, beste vriendin, so het ek dit tog immers nie bedoel nie; ek bedoel maar net dat jy, omdat jy heeltemal niks weet oor `n siel en oor `n verdere lewe daarvan, ook na die liggaamlike dood nie, en ook nie oor `n enige, waaragtige God nie, en jy ons maar net die ewige dood predik, nie eers so praat asof jy alleen alle wysheid van die hele wêreld sou besit nie, en asof jy ons, wat tienduisendmaal beter weet, met jou ou Diogeneskraam die les leer, asof ons nog nooit iets daaroor gehoor het nie. Ons wil julle arme blindes nou maar net iets beter gee; en dit maak dat wat jy doen gladnie pas by wat ons nou ten voorskrifte van julle wil pas nie! Julle moet na ons luister, maar ons nie na julle nie, omdat ons maar al te goed weet hoe dit met julle gestel is en waaruit julle innerlike Diogenes-wysheid bestaan wat ons by julle moet wegneem. En ongeveer so moet jy die betekenis van my spreekwoord sien.'

[3] Die priesteres sê: 'Laat jou spreekwoord beteken wat dit wil, dan het jy dit tog nie gebruik soos iemand wat volgens sy uiterlike as Griek, alles moet weet van ontwikkeling, gedrag, fatsoenlikheid en menslikheid nie, maar soos `n egte onbehoue Judeër. Ek sê dit nou maar net so vir jou, om jou te laat besef dat ons hier fyner maniere het as wat die volk van God by julle in Jerusalem miskien het.

[4] Dit lyk my egter dat dit die moeite werd is om die God van naderby te leer ken wat so `n volkie soos syne uitgekies het! Helaas, ek sê vir jou: so `n God moet baie te bekla wees! As jy ons onderrig wil gee en Diogenes uit ons koppe wil praat, moet jy baie anders teenoor my praat, anders sal jy, omdat jy slegs `n leerling van die groot meester is - en beslis nie die belangrikste nie - bepaald geen goeie sake met ons kan doen nie! Beheers jou daarom ietwat beter!'

[5] Die skrifgeleerde sê: 'Laat ons daaroor ophou en dadelik tot die hoofsaak oorgaan! Sien jy nie dat ons leerlinge almal in `n ware God en in die onsterflikheid van die menslike siel glo nie? Ja, waarom dan nie julle nie? Ons is almal volkome daarvan oortuig, en ons is tog ook mense! Hoe kom dit dan dat julle heeltemal gladnie oortuig is van dit alles nie, wat nou tog al vir elke mens wat dieper nadink, `n uitgemaakte saak is en ook baie goed ingesien word? 

[6] Kyk, ek kan julle vertel hoe dit gebeur het. Dit is `n straf vir julle van die ware God van Israel, waardeur julle julleself steeds moet laat pla deur die verskriklike gevoel van die ewige dood, omdat julle die hoër lewenswaarheid wat die volke vroeër gehad het, van hulle weerhou het en hulle vanweë julle luuksueuse lewetjie en niksdoen, in plaas van met die verligte waarheid, alleen met allerlei leuens en bedrog afgeskeep het!

[7] Julle het julle aan die volk voorgedoen as die ware dienaars en onsterflike vriende van die gode en julle het dikwels groot en soms selfs gruwelike offers van die armes geëis, deur julle deur en deur beliegde en bedriegde volk; daarom het God julle die innerlike, oortuigde gevoel van die sielelewe ontneem en die gevoel van die ewige dood in julle gelê, en julle groot wysheid bestaan nou daarin dat julle voel en duidelik besef dat die ewige dood in julle gehuisves is!

[8] Juis daarom kan julle ook nie meer agterkom dat die verkeer tussen die mense wat hier lewe en die oorgegane siele nog net so bestaan soos dit altyd bestaan het by mense wat by die ou waarheid gebly het.

[9] En laat ek nou nog die volgende vir julle sê! Die buitengewoon belaglike, dom heidendom is nou by julle weggevee, en julle sal dit hopelik verder nooit meer opnuut vestig nie; neem daarom die leer wat julle van julle brawe mans sal hoor, in julle hart op en leef en handel daarvolgens, dan sal die in julle weer teruggekeerde, oortuigende gevoel van die lewe van die siel na die liggaamlike dood wel weer verskyn en julle die enige, ware God en Heer laat erken, wat julle nie vir die ewige dood, maar vir die ewige lewe geskape het, wanneer julle julleself waardig wil maak langs die weg van `n heel ander wysheid as die van julle uiters dom Diogenes! - Het jy my verstaan?'   

[10] Die priesteres sê: 'O ja, baie goed! Jy het egter nou wel verstandig gepraat, maar dit is helaas maar net woorde soos ons dit ook baie dikwels van ons gestorwe mentor gehoor het! Die woorde op sigself is baie goed, - dit is net jammer dat dit heeltemal geen oortuigingskrag vir ons besit nie! As ons ouers hulle, miskien `n paar duisend jaar gelede, van `n moontlike, ware God afgewend het, dan kan dit tog onmoontlik ons skuld wees dat dieselfde enige en ware God ons onskuldige nakomelinge van die moontlike sondaars nog steeds so haat dat hy ons hart voortdurend met die ewige dood sal pla! Mag dit egter wel so wees, dan bedank ons julle enige, ware God! Dan gee ons Diogenes met sy leer oor die te verwagte ewige vernietiging `n baie groter troos as wat jy ons nou gee met die uitsig op die herverkryging van die gevoel van die ewige lewe in ons siele! Nee, dit sou vir my `n mooi alwyse en almagtige God wees, wat so `n matelose toorn teen `n skepsel bly koester, dat al die duisende verbygegane winters nie in staat was om dit uiteindelik eers af te koel nie!

[11] Ek sou my `n ware God hoogstens kon voorstel as `n baie groot, suiwer liefde, omdat liefde die element is wat eintlik alles verwek en lewe gee; maar om `n God vir my voor te stel as `n baie groot toorn, sou vir my egter onmoontlik en ondenkbaar wees! Ook ons heidene het wel toornige gode, - maar hulle het as simboliese beelde hulle plek in die onderwêreld, omdat daar selde iets goeds daarvandaan te voorskyn kom; want in die onderaardse gate en hole woon gewoonlik slange, drake en verskeurende wilde diere, en ook swawel, pik en `n verskriklike, alles vernietigende, verterende vuur hoort daar tuis. Omdat sulke bose dinge hulleself daar huisves, het ons alle slegte en laere hartstogte as duistere, versteekte beelde in die onderwêreld geplaas.

[12] Maar ons begrippe van die goeie gode is almal sodanig, dat dit baie goed afgelei kon word van die suiwere liefde. Magtige, wyse erns, gepaard met liefde, is dit wat ons onsself voorstel van `n korrekte begrip vir `n God wat êrens in of bo die sterre woon; en om onaangename toorn en afskuwelike wraak voor te stel het ons die simbole van die furiës (helleveë). En so, vriend, het ons heidene, altyd nog die beste en vir elke suiwer menseverstand die redelikste begrippe van `n waaragtige goddelik wese! - Wat het jy nou daarop te sê?'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205