Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die korrekte manier om godsdienstige onderrig te gee

113 My leerlinge vra hulle egter af waarom Ek My nie van naderby aan hierdie visser bekend gemaak het nie.

[2] Maar Ek sê: 'Dit weet en verstaan Ek Self die allerbeste! Die is vir hom beter as hy later van die leraars hier ter plaatse tydig genoeg hoor met wie hy te make gehad het. Hy sit te vas aan die gedagte dat Ek `n towenaar is, en met dergelike mense kan mens verder op kort termyn geen goeie resultaat bereik nie. Hy sal naderhand van hierdie huisgenote, oor ons en by name oor My, wel uitleg kry, veral van die dokter, wat alles die beste verstaan het, en aan wie Ek ook die vermoë gegee het om deur middel van handoplegging allerlei siektes te genees. Dan sal hy sy towenaar baie gou vaarwel sê en `n korrekte opvatting oor My kry.

[3] Ek sê vir julle almal: Wanneer julle aan `n heiden onderrig gee, mag julle nooit dadelik met die deur in huis val nie, maar dan moet julle die mense vooraf goed bestudeer om daardeur te wete te kom aan watter kant hy toeganklik is; want as julle hom aan `n ontoeganklike kant aanpak, maak jy dit vir jouself maar net moeilik en dit sal jou dan baie moeite kos om so iemand op die korrekte weg te bring. Daarom kan Ek julle nie dikwels genoeg sê nie: Wees so wys soos slange en so sag as die duiwe!

[4] Julle weet nie hoeveel mag `n verkeerde beweegrede oor die hart van `n mens het nie. Wanneer julle egter merk waaruit dit bestaan, mag julle so iemand nooit direk aan die kant, waar hy die meeste ongenaakbaar is, aanpak nie, maar slegs daar waar hy die swakste is, wat jy gou kan agterkom. Het jy hom daar gewen, dan sal dit daarna gladnie so moeilik wees om ook sy sterk kant te oormeester nie. Jy moet jou dus altyd gedra soos `n vaardige en bedrewe veldheer en ook so optree. `n Vaardige en bedrewe veldheer sal die vyand deur sy betroubare spioene laat verken waar hy moontlikerwys sy swakste kant het. Sodra hy dit weet, sal hy die vyand aan sy sterkste kant slegs met onbeduidende skermutselinge besig hou om hom te mislei; maar aan sy swakste kant sal hy hom onverhoeds aanval en sonder slag of stoot verslaan en oorwin.

[5] Ook moet julle julleself gedra soos `n kundige arts wat die siekte van iemand en die plek daarvan goed vasgestel het. Wat doen hy? Kyk, daar waar die siekte sit, doen hy niks nie en kan hy dikwels ook niks doen nie! Maar hy gee die sieke middels wat die siekte via die gesonde deel van die liggaam en van daar af deels deur die sweet en deels deur die maag en die derms afvoer, - en die sieke word gesond. Waar die siekte homself stewig as vyand genestel het, is met hom niks aan te vang nie, maar mens moet hom deur goeie en die korrekte middele verdeel, dan sal mens hom maklik op sy swakste punt oorwin.

[6] Kyk en luister verder! Die gedrag van hierdie visserbaas - wat nou nie hier is nie, sodat Ek dus ook heeltemal vryuit met julle kan praat - word veral bepaal deur die magie. Hy glo so vas in bepaalde spreuke, amulette, salwe, in die stand en kwartiere van die maan, in die son, wolke en, lug en die voëltrek en nog talle ander dinge, dat hy ontsettend kwaad sou word met hulle wat hom regstreeks daarin sou teengaan. Met so iemand sou hy daarna beslis ook maar baie weinig meer omgaan, omdat hy hom te dom en vir sy wysheid onwaardig sou vind. 

[7] Maar verder is hy `n baie goeie en eerlike en getroue mens, en hoor hy graag iets nuuts en besonders van iemand, - en kyk, dit is nou juis sy swak kant! Daar moet jy hom aangryp en hom die dinge op `n baie natuurlike wyse laat sien en uitlê, en dan sal hy wel heimlik self die towenaar na die kant toe begin te skuif, omdat hy aan die ander kant steeds meer sal begin insien dat sy hele toordery op niks berus nie. 

[8] Dit is daarom goed om iemand, wat `n mens vir die waarheid wil wen, vooraf so grondig moontlik sy onware beweegredes te laat uitpraat. Het hy dit met alle energie gedoen - soos wat dit met die priestervroue gedoen is, dan het die vernaamste krag waaraan hy vasgehou het, verdwyn en begin hy dan eers aandagtiger na sy teenstander te luister, en ook begrip te kry vir hoër waarhede, verwerp dan vanself sy verkeerde beweegredes, waarna mens hulle gewen het. 

[91 Daarom moet julle nie verbaas wees as Ek maar net soos `n natuurlike mens met sulke mense praat nie; want Ek deursien immers elke mens dadelik heeltemal, en herken maar al te duidelik sy sterk en swak kante, en weet dan ook wat Ek vir hom moet sê en met hom moet doen! En wanneer die menslike gemoed nie te veel in beslag geneem is deur hoogmoed en gierigheid nie, dan kan elkeen vir die waarheid gewen word; maar hoogmoed en gierigheid is by die mense altyd die moeilikste te oorwin. Hou dan ook rekening daarmee, en as julle so handel, sal julle maklik handel, en altyd die beste resultate bereik!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205