Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die slang as voorbeeld

114 Petrus sê: 'Heer, waarom sê U, dat ons so wys moet wees soos slange? Die slang is immers die sinnebeeld van al die bose en slegte, `n simbool van die Satan, wat deur sy arglistigheid in die gedaante van `n slang die eerste mensepaar verlei het! Die slang kan in haar boosaardigheid baie listig wees, maar watter eerlike en goeie mens sal die arglistigheid teenoor sy medemense wil nadoen?! Kortom, hierdie vergelyking van U verstaan ek nog steeds nie so goed nie! Wil U dit nie eers vir ons uitlê nie!'

[2] Ek sê: 'Hoe lank sal Ek julle nog moet verdra! Verstaan julle dan nog nie eers, wat tog so sonklaar voor die handliggend is nie? Sê Ek dan nie, dat julle vir julleself die wyse listigheid van `n slang eie moet maak nie, maar daarenteen nie haar daarmee gepaard­gaande slegte bedoelinge moet nastrewe nie, sodat julle ondanks die besit van die wysheid tog goed en sag moet bly soos duiwe? 

[3] Kyk maar eers na `n slang in die natuur, dan sal julle sien dat die dier juis verstandiger is as elke ander op aarde. Die natuurkundiges sê dat die leeu die koning van die diere is, maar Ek sê vir julle dat dit die slang is; want hoewel die leeu danksy sy krag alle ander diere in `n geveg oorwin, vlug hy tog vir die slang, en as sy hom beloer en omstrengel het, is hy verlore en word hy haar beklaenswaardige buit. Kort en klaar, die slang werk met die meeste oorleg en soek die plek van haar jag met die grootste moontlike versigtigheid en suiwere berekening uit, en die buit waarvoor sy op die loer is, ontgaan haar nooit. Slegs `n mens is haar meester, maar verder geen enkele skepsel op aarde nie, veral wanneer sy eenmaal volwasse is en haar volle krag bereik het. Ek praat hier oor die egte slange en nie oor haar klein bastertjies, wat egter ook nog verstandiger is as baie groot diere.

[4] In Indië en ook in Afrika, waar baie verskeurende diere is - soos leeus, luiperds, tiers en hiënas, en ook gevaarlike ape en nog ander gevaarlike diere, - word die slange deur die mense afgerig om hulle veiligste en betroubaarste wagters te wees. As `n menslike woning, ongeag watter, deur slange omring word wat daar waghou, kom daar beslis nooit `n roofdier naby nie; selfs die olifant en die magtige renoster het `n groot ontsag vir hierdie huisbewaarders. Hy berokken egter ook geen skade aan die huisdiere nie solank hy maar voldoende deur die mense gevoer word. As die mense hulle egter laat hongerly, dan verlaat hy hulle woning en gaan op rooftogte uit.

[5] Tewens is slange met min moeite sodanig te tem en af te rig, dat hulle op `n gegewe teken alles sal doen wat mens - volgens hulle vermoë - van hulle verlang. Dit is dan tog ook `n teken van die heel besondere intelligensie van hierdie diere. Hoe meer intelligensie `n dier besit, soveel makliker kan hy afgerig word en dan vir `n bepaalde doel gebruik word, en soveel verstandiger is dit ook in en vir homself.

[6] As `n egte leraar het Ek julle nou `n les gegee oor die natuur, dink dus ook daaroor na, sodat julle My nie weer vir `n uitleg vra as Ek julle by die een of ander geleentheid op hierdie gelykenis wys nie! - Het julle egter ook goed verstaan wat Ek daarmee vir julle wil sê?'

[7] Petrus sê: 'Ja, hooggeprese sy U Naam; want aan U is alle dinge bekend, en as U iets uitlê, word dit vir die mens duidelik, en vir my is dit daarom ook alles baie duidelik! In die vervolg sal ons weet om onsself ook orals so te gedra.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205