Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die vloteienaars en die Heer

116 Maar Jored sê vir hulle: 'Wees nou vir eers maar bly dat julle die hout terug het; wat julle egter hier aangee, het ek al byna `n uur gelede gehoor van `n vreemdeling wat Hom reeds `n paar dae saam met Sy leerlinge by my ophou. Slegs aan Hom het julle dit te danke dat julle julle dure hout weer teruggekry het; want sonder Hom sou julle hout waarskynlik al verby Samosata gewees het. Want hierdie mense sou dag en nag tot diep in Persië of selfs Indië deurgevaar het, en ook al sou julle hulle ingehaal het, sou dit julle nie gehelp het nie, omdat hulle met hulle vier-en-twintig driemaal sterker as julle sou gewees het. Wees daarom veral bly dat julle julle hout teruggekry het en bedank die een Man daarvoor, want sonder Hom sou julle julle hout nooit teruggekry het nie!'

[2] Toe sê die houtvlotters: 'Ja, ja, vriend, dit sal ons sekerlik doen, die goeie man sal beslis nie oor ons te kla hê nie; tog moet daar maar eers gesorg word dat hierdie ellendige skurke aan die gereg oorgedra word?!'

[3] Jored sê: 'Kyk eers na hulle op die vlotte! Geeneen van hulle kan wegkom en vlug nie! Wie hou hulle vas? Ek sê julle: slegs die een Man, want as Hy hulle nie vasgehou het nie, sou hulle lankal in die water gespring het en sekerlik as goeie swemmers die ander oewer bereik het, en dan sou ons hulle nie langs hierdie weg kon volg nie! Maar die een Man wil dit so hê, en dit kan nie anders gaan as presies soos wat Hy dit wil hê nie. En ek raai julle aan om nie die hand aan die diewe te slaan nie, maar elke oordeel oor hulle aan die een Man oor te laat, dit is die beste wat julle kan doen!'

[4] Toe sê die houtvlotters: 'As dit so is - waarby ons heeltemal mee instem - bring ons dan na die merkwaardige Man, dan wil ons self met hom praat!'

[5] Jored sê: 'Kyk, Hy hier vlak langs my is Die Een!'

[6] Toe kyk die diewe woedend en tandeknarsend in My rigting en sou My graag hardop verwens het, maar Ek het hulle tevore al die mond gesnoer, dit wil sê om te praat, en so lyk hulle soos stom mense, wat ook niks kan sê nie. 

[7] Maar die houtvlotters buig diep voor My en sê: 'Vriend, ons het uit dit wat ons vriend Jored vir ons gesê het, uitgemaak dat U buitengewone kragte en eienskappe besit! Wie U is en hoe U aan die wonderbaarlike eienskappe gekom het, gaan ons, mense uit Lacotena, niks aan nie; maar omdat ons beste oppertollenaar Jored so vriendelik was om ons te vertel dat ons alles slegs aan U te danke het, en dat ons dit heeltemal aan U moet oorlaat om die skurke passend te bereg en te bestraf, vra ons U, as volkome respektabele burgers uit Lacotena, of U so vriendelik sou wil wees om ons te sê wat ons U vir U onskatbare inset ten gunste van ons skuldig is. Tewens vra ons U om die gemene diewe na U goeddunke te bereg, want dit sal beslis altyd regverdig wees.'  

[8] Ek sê: 'Wees kalm, - wat Ek doen, doen Ek vir niks! Daar is genoeg armes in julle stad; help hulle en bedink dat armes ook mense is, en julle aardse broers! Wees nie karig met hulle nie en gee hulle graag van julle groot oorvloed, dan sal julle julle omgewing daardeur die beste teen diewe en rowers beveilig en daarvan suiwer! Maar julle moet veral besef dat ook hierdie diewe arme sukkelaars is, en dat dit nie so seer hulle bose wil nie, maar wel hulle armoede is wat hulle tot hierdie en nog ander, reeds vroeër begane, kleinere diefstalle gebring het.

[9] As hierdie mense, wat flink arbeiders sou kon gewees het, van bepaalde, regverdige, opregte denkende werkgewers geskikte werk teen `n ooreenkomstige beloning sou kry, sou hulle sekerlik baie graag hulle snode aktiwiteite opgee. Maar as dit nie die geval is nie, bly vir hulle ook werklik niks anders oor as om te bly doen wat hulle nou noodgedwonge doen nie.

[10] Hulle kan geen veld verbou nie, omdat hulle dit nie het nie; want alle velde en alle bosse en berge behoort aan julle, en julle laat dit vir talle ure braaklê omdat julle hulle nie kan bewerk nie. Waarom gee julle die armes geen stukkie grond om nuttig te bewerk nie?! Daardeur sou hierdie mense dan ook iets hê, en julle nog bowendien `n matige skatting kon betaal sodra die woeste velde en berge gekultiveer is. Sê nou self eers of dit nie beter sou wees as wanneer julle met `n paar rykes uiteindelik self alles wil besit nie, wat vir julle niks oplewer nie, maar wel `n ongelooflike skade toebring!

[11] Ek wil egter nie met hierdie vier-en-twintig diewe praat nie, omdat hulle nou al te veel verstrik sit in hulle begeerte om te steel; maar daar is in julle stad en in die hele, uitgestrekte omgewing nog baie sulke dergelike mense. Doen met hulle wat Ek julle nou net aangeraai het, dan sal julle weldra nie meer oor diefstal kla nie! 

[12] Plaas wagters soveel julle maar wil en kan, en julle sal daarmee weinig of niks bereik nie; want julle sal daardeur die woede van die arm mense nog meer opwek, en hulle sal dag en nag daaroor pieker hoe hulle julle op die gevoeligste wyse kan tref! As julle egter My raad opvolg, sal julle versorgde armes self juis julle beste wagters word.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205