Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 123

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Oor gebed en godsdiens

123 Toe sê die Minervapriesters: 'O Heer, ons sou wel `n ewigheid lank steeds maar aanhoudend wil vra, maar wat sou ons daarvan hê, omdat ons in ons huidige toestand immers tog nooit U antwoord sou kon verstaan nie! Maar stuur U ons maar so vinnig moontlik U beloofde Gees wat ons sal inwy in alle waarheid, dan is ons al meer as volmaak tevrede met alles wat ons tot op hede van U gekry het. Slegs één ding sou nog genoem kon word, en dit sou goed wees as ons ook in die opsig `n korrekte aanwysing uit U mond sou kry. 

[2] Kyk, in alle godsdienste stel mens die loflike eis dat `n goddelike wese deur ons, mense, aanbid moet word! Wel, vir ons valse gode het ons `n hele legioen goedgekeurde en ook nie-goedgekeurde gebede gehad. Die goedgekeurde, en dus ook die werksame gebede was deur priesters - natuurlik van die hoogste rang - gemaak en mag ook maar net deur die priesters tydens `n bepaalde seremonie en maar net op `n bepaalde tyd van die dag gebid word, en behoort tot die misterieuse, sogenaamde afgodsdienste. So `n gebed mag die leek en oningewyde nooit self bid nie, want daar staan baie streng strawwe daarop, maar hy moes na `n priester gaan, en hom `n bepaalde en vir elke geval apart vasgestelde offer bring, sodat die priester dan vir hom so `n goedgekeurde gebed tydens die daarvoor vasgestelde seremonie baie monotoon en volledig gedagteloos in die tempel sou opdreun. Die nie-goedgekeurde, en daarom ook geen uitwerking hebbende gebede, mag die leek ook bid, enkel en alleen om hom te oefen in die beskouing van die gode, en om die uitwerking van die goedgekeurde, heilige gebede van die priesters daardeur te leer ken.

[3] Nou, dat so-iets vir U oë en ore `n gruwel is, hoef my deur niemand verder uitgelê of bewys te word nie; maar desondanks sou `n mens vir die aanbid en aanroep van `n ware God tog meer bepaalde, versorgde en meer vir God waardige woorde moet gebruik as die van die omgangstaal van die daaglikse gebruik. En in die opsig sou ons dan ook van U Self `n riglyn wil hê.

[4] Ek sê: 'My leerlinge het julle tog alreeds My gebed gegee, wat Ek hulle geleer het en dat elke mens in sy hart op dieselfde wyse kan bid; elke ander lippegebed is vir My `n gruwel.

[5] In die gees is Ek van ewigheid altyd volkome dieselfde, Ek het My nooit verander nie en sal My ook ewiglik nooit verander in My wese, werke en wil nie. Ek is nou drie dae lank by julle en het julle geleer wat julle moet weet, glo en doen - elkeen vir homself - om die ewige lewe van die siel te verkry. Het Ek julle toe iets gesê oor bepaalde gebede of oor `n bepaalde doelmatige, misterieuse, godsdiens wat My enigsins welgevallig is, of oor `n bepaalde feesdag, of uiteindelik oor `n Sabbat van die Judeërs, wat hulle die dag van die Heer JaHWeH noem, en waarop die priesters die mense alle arbeid verbied, terwyl hulle self as priesters juis op die dag van JaHWeH die grootste en skandelikste bedrog pleeg, en daarby nog die gewetenlose slegte mening daarop het dat hulle God `n goeie diens daarmee bewys? Nee, van dit alles het julle uit My mond niks gehoor nie en Ek sê julle die hele waarheid: 

[6] Weg met alle gebede, weg met alle feesdae, want elke dag is `n ware dag van JaHWeH, en weg met die hele priesterdom! Want elke mens wat God erken en Hom bo alles liefhet en Sy wil doen, is `n waaragtige en goeie priester, en ook `n goeie leraar as hy sy naaste hierdie leer gee wat hy van My gekry het.

[7] Wie dus My wil doen, nou spreek JaHWeH, bid waaragtig en bid altyd sonder ophou; en elke dag waarop `n mens sy medemens in My Naam `n weldaad bewys, is `n goeie dag, en slegs so `n dag is vir My `n aangename dag van JaHWeH. 

[8] As iemand egter aan sy naaste `n weldaad bewys, laat hy dit dan in stilte doen, en dit nie rondbasuin en hom op die bors slaan daarvoor nie! Want wie dit doen, het sy geestelike loon van My al geneem omdat hy vir sy edele daad wêreldse roem gekry het; dit versterk die siel egter nooit nie, maar bederf haar omdat hy haar maar net ydel en selfingenome maak. 

[9] So is dit ook as iemand een of ander guns van My vra. Wie deur te vra iets van My wil ontvang, moet dit baie stil, in sy hart wat van liefde tot My vervul moet wees, vra, en waarvoor hy gebid het, sal hom gegee word, as dit sou pas by die lewensgeluk van sy siel.  

[10] So kan ook twee, drie of ook meer mense in stilte verenig en vir hulself en die hele gemeente bid - maar nie so dat die gemeente dit ook dadelik weet nie, - en Ek sal sulke gebede sekerlik verhoor. Maar as daar twee, drie of ook meer mense aan die gemeente bekend sou maak dat hulle dit op `n bepaalde dag of op `n bepaalde tyd van die dag sal gaan doen, sodat die gemeente dan na hulle sou opsien en hulle sou prys, ja uiteindelik selfs vir die vrome gebed sou betaal, - helaas, dan sal so `n gebed nooit verhoor word nie, en sodoende ook die gemeente en hulle wat gebid het, nie help nie! Want dit alles en soortgelyke dinge het die heidene ook gedoen, - en dit gebeur nog, - wat by dreigende gevaar in groot skares van die een afgodstempel na die ander trek, daarby allerlei dom houtsneewerk, vaandels, houers en nog `n aantal ander dinge saamdra en baie misbaar maak, op horings blaas, geweldig op simbale slaan en met die skilde kletter. Hulle organiseer ook ver pelgrimstogte na buitengewone, besondere genadebeelde van `n afgod, en as hulle daar aankom, doen hulle op allerlei oerdom maniere boete en skenk die afgod groot en dikwels baie aansienlike offers. Dit was vir die afgodspriesters natuurlik baie voordelig, maar vir die dom pelgrims nooit. Sulke dergelike algemene gebede en vrae word dus nooit deur My verhoor nie!  

[11] Wie by My `n goeie vraag verhoor wil hê, moet op `n bedevaart na sy hart gaan en moet sy vraag aan My, heeltemal in stilte met volkome natuurlike, eenvoudige woorde voorlê, dan sal Ek hom verhoor. Maar Ek sê julle tewens, dat niemand daarby na My toe moet kom met bepaalde, vroom uiterlike gebare en `n vroom gesig nie! Want as iemand iets van My wil vra met so `n sekerlik, huigelagtige, vroom gesig, sal die vraag nie verhoor word nie; want wie nie so natuurlik soos wat hy is, na My toe kom nie, en nie in die ware Gees van die volle Waarheid vra nie, sal nie verhoor word nie, maar slegs hulle wat My waaragtig liefhet, My wil doen en sonder enige smuk en dwang na My toe kom soos wat hy is, sal altyd deur My verhoor word.

[12] So is dit ook `n ou gebruik, selfs by die Judeërs, wat die blinde en dom mense by hulle vraag en gebede ook spesiale, fyner en beter kleding aantrek, omdat hulle meen dat die mens nie genoeg kan doen vir die sogenaamde groot eer van God nie. Maar so `n dwaas bedink nie dat daar baie armes is wat nouliks hulle naakte liggaam kan bedek nie. Hoe moet die arme voel, as hy die ryke so in sy beste klere in `n gebedshuis sien, en sien wat `n eer hy God gee, terwyl die arme dit nie kan doen nie, en tewens moet bedink dat hy in sy lompheid met sy gebed maar net vir God kan beledig!

[13] Waarlik, Ek sê vir julle: Wie My ooit wat ookal sal vra, terwyl hy spesiale, beter kleding daarvoor aangetrek het, sal ook nooit verhoor word nie - en een of ander priester in sy dom, versierde toormantels en rokke ook heeltemal gladnie! 

[14] So bestaan daar ook `n ou, slegte gewoonte by die bid tot God, om maar net `n bepaalde, vreemde taal daarvoor te gebruik en dit die waardigste vir die verering van God te ag. Waar die onsin ooit in die vervolg sal voorkom, sal die vraag ook nooit verhoor word nie.  

[15] Die mens moet hom maar net in sy hart vir My tooi, en sy eie taal praat, en die taal van sy hart gebruik, wat Ek baie goed verstaan, dan sal Ek sy vraag verhoor! 

[16] Ek wil dat al die ou dwaashede heeltemal verdwyn en die mense heel nuwe, waaragtige, suiwere mense word. En waar hulle so sal wees, sal Ek ook steeds te midde van hulle wees; maar die blinde, wêreldse dwase sal voortaan gestraf word deurdat hulle vrae nie verhoor sal word nie!

[17] God het die mense sonder kleding geskape en Hy het hulle na Sy ewebeeld geskep, en God was ingenome met die uiterlike skepping van die mens, omdat dit Sy ewebeeld was. God het die mens ook getoon hoe hy kleding moes maak om sy huid teen die koue te beskerm; maar God het die eerste mense nie geleer om klere te maak om dit ten einde hoogmoediglik as versiering van hulle ledemate te dra nie. En nog minder het God die mense geleer om opgesmukte kleding te maak om slegs daarin vir God waardig te kan aanbid.

[18] Klee julle daarom nou weliswaar volgens julle stand, maar eenvoudig, en heg aan `n rok en mantel geen ander waarde as net dat dit jou liggaam bedek nie; al die ekstras is verkeerd en bring geen goeie vrugte voort nie.

[19] En so weet julle nou ook in die opsig wat julle te doen staan, en Ek glo nou - omdat dit al byna middernag geword het, - dat ons onsself ter ruste kan begewe!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205