Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die genesing van die seun van die hoofman wat aan koors gely het

129 Toe die hoofman daarmee klaar was en die soldate en opsigters weggegaan het, sien hy ons en kom haastig na ons toe. Toe hy by ons kom, vra hy dadelik aan die tollenaar wie ons was en waar ons vandaan kom en wat ons hier kom doen.

[2] Die tollenaar lê dit aan hom uit, en toe die ernstig uitsiende hoofman hoor dat Ek dié Verlosser van al die verlossers van die hele wêreld was, kom hy dadelik op My af en sê: 'As U is wat die bestuurder van U gesê het, genees my seun dan! Hy ly aan `n bose koors, lê al talle jare siek in die bed en lyk meer soos `n lyk as na `n lewende mens. Van orals vandaan het ek die beste dokters laat kom, maar hulle kon hom van geen hulp wees nie. As U hom kan help, skenk ek U `n koninklike loon!'

[3] Ek sê: 'Bring My na jou siek seun toe, dan sal ons eers sien hoe dit met hom gesteld is!'

[4] Dadelik bring die hoofman ons na sy huis by sy siek seun. Toe Ek daar kom, staan daar verskeie heidense afgodsbeelde in die siekekamer om sy bed, wat hom volgens die priesters moes help. 

[5] Ek sê egter vir die hoofman: 'Jy is tog `n verstandige, ervare man en jy sien tog self goed in dat hierdie beelde wat deur mensehande gemaak is, die sieke nie kan help nie, en tog het jy hulle vir baie geld van die oneerlike priesters gekoop of eintlik daarvoor gehuur! Ek sê jou nou: laat die oneerlike priesters kom! In hulle teenwoordigheid sal Ek hierdie beelde vernietig en daarna sal ek jou seun vas en seker help.'  

[6] Die hoofman, wat tog geen waarde geheg het aan die priesters en die afgodsbeelde nie, laat die priesters dadelik haal, waarvan daar sewe was. Hulle kom gou ter plaatse en die hoofman stel My dadelik aan hulle voor as `n dokter met besondere gawes. 

[7] Maar die priesters sê: 'Vriend, as mens verbeel jy jou baie wanneer jy dink dat jy `n sieke nog kan help wat selfs die almagtige gode nie meer wil help nie, omdat hulle insien dat die tyd van sterwe vir elke mens eenmaal gekom het!' 

[8] Ek sê: 'Maar hoe wil julle, gebore stoïsyne, `n ander mens iets laat glo, waarvan julle self nog nooit ook maar iets die grootte van die kleinste sonstoffie geglo het nie?'

[9] Die priesters sê: 'Wie kan daar sê, dat ons moet glo wat ons leer?'

[10] Ek sê: 'Ek kan julle dit sê, omdat die mag daarvoor ook in My aanwesig is!'

[11] Die priesters sê: 'Watter mag? Wat praat jy oor mag?! Hier het niemand anders mag as die hoofman en ons nie, en die allerminste `n vreemde, wat bly moet wees dat ons hom hier laat lewe!'

[12] Ek sê: 'Dat Ek hier ook mag het, daarvan sal julle nou dadelik volledig oortuig word! Kyk, hierdie yster- en klipafgode van julle, wat heeltemal geen mag en krag het nie en volledig dood is, sal Ek alleen deur `n woord volledig vernietig, omdat Ek die sieke andersins nie sou kon en wil help nie! En dus sê Ek: Weg met julle dooie afgode!'   

[13] Oombliklik verdwyn alle beelde volledig in die niet in, en daar was in die hele kamer geen spoor meer daarvan te sien nie. Mense deursoek nou die hele huis, en ook daar het alle afgodsbeelde in alle kamers in die niet in verdwyn.

[14] Toe slaan die priesters hulleself op die bors en roep: 'O, brutale towenaar, ons erken jou onbegryplike mag; maar pas op, of jy jou daarmee by die egte hemelgode sal red!'

[15] Ek sê: 'Ek is `n Judeër uit Galilea en was as sodanig nooit bang gewees vir julle dooie afgode nie en sal dit ook nooit wees nie. Orals waar Ek kom, help Ek die mense egter, - fisies en geestelik. Maar die afgode moet wyk en die enige, slegs ware, lewende, ewige God moet in hulle plek kom; want sonder Hom is daar geen verlossing vir die mense op hierdie aarde nie. Omdat julle afgode egter verdwyn het, wil Ek nou ook die sieke help! En dus sê Ek vir jou: Staan op en loop!'

[16] Toe verlaat die bose koors die sieke oombliklik, en hy staan op, was volledig gesond en vra om te eet omdat hy honger gehad het.

[17] En Ek sê vir die hoofman: 'Gee hom nou brood en wyn, maar nie te veel op `n slag nie, dan sal hy straks daar uitsien asof hy nooit iets makeer het nie!' 

[18] Dit gebeur, en die seun staan daar so gesond asof hy nooit siek was nie.

[19] Toe kom die hoofman stralend van vriendelikheid na My toe en sê: 'O, onbegryplike, bo al ons afgode verhewe Verlosser! Wat is ek U nou skuldig? Hoe kan ek U daarvoor die korrekte loon gee? Wat verlang U nou van my?' 

[20] Ek sê: 'Met niks van hierdie aarde kan jy My beloon nie, want Ek neem van niemand betaling aan nie. Maar Ek sal jou hier deur My leerlinge `n nuwe leer oor God en die lewe van die siel ook na die dood gee; neem dit aan en leef met jou hele huis daarvolgens. As jy egter meer van My wil weet, gaan dan binnekort net na Chotinodora, daar sal jy wel uitvoeriger ingelig word. Môre bly Ek egter ook nog hier, dus sal ons hier nog nader met mekaar kennis maak.'  

[21] Die hoofman was nou baie opgetoë en sê: 'Heer en Leraar van alle meesters en waaragtige Verlosser van al die verlossers! Alles, alles, wat U ook maar wil, sal gebeur; maar nou vir vandag vra ek U om met al U leerlinge my gas te wees; want sien eens, my huis is ruim en het baie kamers! Dit sou van my kant tog wel baie ondankbaar wees om U in die herberg van die tollenaar te laat oornag, wat vandag hoogswaarskynlik heeltemal vol sal wees met die groot Persiese karavaan wat in aantog is.'

[22] Die aanwesige tollenaar sê: 'Teen u wens, hoofman, kan ek nie gaan nie, - anders sou ek nou alles probeer het om so `n gas kosteloos so goed moontlik te versorg; staan my egter slegs toe dat ek ten minste by die geselskap mag bly!'

[23] Die hoofman sê: 'Daarmee sal jy my juis `n groot genot aandoen. Ek vind dit slegs baie jammer dat die res van my familie nou nie hier is nie, maar in Serrhe, waarvan hulle eers oor `n paar dae sal terugkom. Maar ek het tog genoeg mense, en u sal niks te kort kom nie.'

[24] Een van die priesters sê: 'Heer, mag ons ook by die geselskap bly?'

[25] Die hoofman sê: 'Dit moet ons groot Verlosser bepaal; want julle het hom nie sodanig ontvang dat Hy met julle ingenome sou kon gewees het nie.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205