Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die bekering van die afgodspriesters

130 Ek sê: 'Hierdie priesters moet na Chotinodora gaan na hulle opperpriester; daar sal hulle wel te hore kry wat hulle verder moet doen. Die tyd van die ou, inhoudlose afgodedom en die enersydse dom bygeloof en die totale nie-glo andersyds, is verby; van nou af aan sal die mense volgens die volledige, oortuigde waarheid aan die enige, ware, lewende en vir elkeen vindbare en verstaanbare God begin te glo, en hulle sal hulself in die geloof vind en die onsterflikheid van hulle siel erken en haar ewige, salige bestemming. Noudat hierdie tyd van die innerlike lig en lewe egter aangebreek het, is dit weg met julle dom gefantaseerde veelgodedom.

[2] Nou tree die God op vir wie die Atheners ook `n tempel gebou het, naamlik vir hulle onbekende God, egter sonder afgodsbeeld, maar op `n altaar by die boeke van die ou wyses van Egipte. En as die mense eenmaal per jaar in hierdie tempel byeenkom, word wyse woorde uit hierdie boeke vir hulle voorgelees, en daar word die mense dan die meeste gestig, terwyl hulle vir die ander afgode weinig respek toon. Maar noudat hierdie enig ware God optree, moet alle waardelose, valse bedrog- en leuengode die veld ontruim voor Sy Gees. Gaan na julle tempel en julle sal geen afgodsbeelde meer daar vind nie!' 

[3] Toe slaan die priesters die hande bo hulle hoof ineen en sê: 'Heer, in die geval is ons verlore! Wat sal die volk daarvan sê?'

[4] Die hoofman sê: 'Die volk het ek in my mag, en ek weet wat ek by `n moontlike opstand te doen het. Die volk sal eers in alle rus en kalmte uitgelê word wat dit alles beteken. As die mense dit volgens alle waarskynlikheid baie goed sal opneem, omdat hulle nou egter nie meer tevrede was met julle doen en late nie, dan is dit al iets goeds. Mag enkele hulleself daarby, miskien deur julle opgestook, ontevrede reageer, dan het ek ook wel weer middele genoeg byderhand om hulle tot rus en tevredenheid te bring. Laat jou egter nie daartoe verlei om iemand op te stook nie, want julle ken my erns!    

[5] En as die tempel, wat tog niks hier beteken nie, geen valse gode meer het nie, wel, wy hom dan, omdat ek dit so beskik vir julle verbetering, aan die onbekende God en onderrig die volk dienooreenkomstig, dan sal hulle duisendmaal meer tevrede wees as wanneer julle hulle bykans elke week driemaal met julle simbale byeenroep omdat dit die wil van die een of ander god is wat julle bedink het, waartydens julle allerlei dom, niksseggende seremonies verkondig, waarvoor julle van elkeen `n offer eis.

[6] As iemand met meer insig niks wil gee nie, word hy vir hier en in die hiernamaals bedreig met die straf van alle gode, en vir `n tyd uitgesluit van die geselskap van die gelowige dwase. Daarby moet ons julle helaas behulpsaam wees, sodat julle julle gesig nie verloor nie; doen ons dit nie, dan sal die volk julle dadelik iets anders gaan vertel! Maar as julle julle maar deur ons steun kon handhaaf met al julle bedrieëry, sal julle as verkondigers van die waarheid nog meer op ons steun kan reken. Sien julle dit in?! As die volk julle graag en gewillig offers gebring het vir julle leuens, dan sal hulle julle nog baie eerder vir die waarheid `n passende offer bring. As leek sien ek dit duidelik in, - waarom julle as wyse priesters van die gode dan ook nie?'  

[7] `n Meer gematigde priester sê: 'Dit is alles wel goed en waar! Dit sou baie goed wees om vir die volk die waarheid te predik, as jy dit maar op `n bepaalde manier self het; maar waar gaan haal ons dit vandaan? Dit is `n heel ander vraag!'

[8] Die hoofman sê: 'Daarvoor het hierdie Verlosser julle al die korrekte advies gegee. Gaan na Chotinodora! Daar sal die opperpriesters julle wel goeie instruksies gee; handel daarvolgens en dan sal alles sekerlik goed gaan! Gaan daar vandag nog daarheen, laat julle daar onderrig, - kom daarna terug en leer die volk die waarheid!'

[9] Ek sê vir die hoofman: 'Vir vandag moet hulle hier bly; môre moet hulle egter jou raad opvolg. Maar vandag kan hulle nog baie hier meemaak wat hulle die oë waarskynlik sal open.' 

[10] Die hoofman sê: 'Bly vandag dan hier in die geselskap, wat julle as mense, maar nie as priesters waardig is!'

[11] Ek sê nou saggies vir die hoofman: 'Omdat jy volgens alles `n man na My hart is, moet jy vir kleding sorg vir hierdie tien mense wat so armsalig gekleed is! Ek het hulle aangeneem en hulle gaan nou as leerlinge saam met My.'

[12] Die hoofman sê: 'Heer, U wil geskied; want U wil is vir my belangriker as die van my keiser, omdat ek nou maar al te goed besef dat ook die wil van die keiser aan die Uwe ondergeskik is en moet wees! Dit is maklik om met groot legioene te werk wat blindelings aan die veldheer gehoorsaam is, en volke en lande verower; maar geen enkele oorlogsleër kan slegs deur dit te wil metaalbeelde vernietig en `n ongeneeslike koors in `n enkele oomblik genees nie. Self het ek groot mag, en ek gebied oor baie soldate en krygsknegte; maar my seun moes ek ondanks al my mag vier jaar lank ellendig sien ly. Daarom staan, o goeie, wonderbaarlike Verlosser, die mag van U wil eindeloos hoër as die mag van alle keisers en konings op die hele aarde, hoe groot en uitgebreid dit ookal mag wees!'

[13] Daarop roep hy sy dienaars en beveel hulle om die tien manne in die beste klere te klee. Dit gebeur binne enkele oomblikke, en die hoofman bedeel hulle nog ryklik met Romeinse geld. Daarna kom hulle weer na ons toe, heeltemal as Romeine geklee.

[14] Die reus sien daar besondere respek af te dwing, sodat die hoofman onwillekeurig uitroep: 'O, wat `n pragtige manspersoon! As jou siel net so groot en goed gevorm is, sal jy nog groot dinge presteer op aarde!'

[15] Ek sê: Ja wel, dit kan baie goed moontlik wees, dit is maar net na gelang van die regte lewenserns! Maar mense wat nog nooit `n dag kon begroet het wat hulle gunstig gesind was nie, het hulle erns in die nagtelike stryd gestaal en sal daarom sekerlik op `n vriendelike lewensdag ook nie die erns van die lewe verwaarloos nie.' 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205