Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 136

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die gevoel vir skoonheid `n blom van die waarheid

136 Ons bly, soos wat dit My wens en daarna dus ook die wens van almal was, die hele nag wakker. Eers `n uur voor sonsopkoms gaan ons na buite, en wel na die pragtige aangelegde tuin van die hoofman. Daar was lieflike groen lanings en grasbanke, allerlei soorte blomme, `n bos roosbome, jasmynstruike en ook baie nardusplante. Daarnaas staan daar alle soorte edel vrugtebome wat maar êrens op aarde groei, en elkeen bewonder hierdie kunssinnige, mooi en praktiese aangelegde tuin.

[2] Ek sê egter: 'Kyk, soos wat hierdie voorbeeldige tuin is, moet ook die ware mens volgens die wil van God wees! Hy moet in homself ook die ware en goeie met die mooie en verhewene verenig. As hy dit doen, bewys hy daardeur dat hy God, sy Skepper en Vader in alles gelyk is.

[3] Kyk eers hoe lieflik al hierdie blomme is! Hoe heerlik is hulle getooi, die een oortref die ander in skoonheid! Ja, waarom is dit so? Uiteindelik volg na die bloei van so `n verruklike mooi roos tog slegs `n baie eenvoudige en nooit besondere mooi uitsiende saad, waarvan die voorgangster die pragtige blom was en vir wie se voortbringing eintlik so `n mooi blom gladnie nodig was nie. Maar God kies vir al Sy werke die hoogste graad van skoonheid om daardeur ook by die mens die skoonheidsin op te wek, wat noodsaaklik vir alle saligheid is. As dit volledig by die mens ontwaak het, is so `n mens ook ontvanklik vir alle waarheid en vir al die goeie wat nou eenmaal uit die waarheid voortkom.  

[4] Kyk, ons beste vriend die hoofman het baie gevoel vir al die mooi en daardeur ook vir die nuttige en die goeie! As hy die gevoel nie gehad het nie, sou ook My waarhede, wat die mense tot kennis van die een, enig ware God en tot kennis van homself bring, heeltemal onverskillig in hom gebly het, en hy sou dit nie aangeneem het nie; omdat hy egter baie gevoel vir skoonheid besit - wat die aanleg van hierdie wondermooie tuin meer as voldoende bewys, - was hy ook die eerste wat hom hier die mededeling van My nuwe lewensleer baie aangetrek het en My leer ook aangeneem en sekuur opgevolg het. Laat elkeen dus dit doen en dit sal hom by God ten goede gereken word!  

[5] Gaan iemand maar eers `n huis binne! As dit skoon en ook sierlik volgens omstandighede ingerig is, kan jy vas daarop reken dat die innerlike van hierdie mens bykans ook net so daaruit sal sien. Kom jy egter in die huis van iemand waar alles onder vuilheid is en in alle opsigte `n totale gebrek aan huislike orde heers, dan kan jy wel dadelik omdraai en die reël toepas wat Ek al vir julle leerlinge gegee het, naamlik dat julle die pêrels van My evangelie nooit voor die swyne moet gooi nie! Daar sou dit ook volkome tevergeefs wees, want soos wat reeds gesê is: iemand wat geen gevoel vir skoonheid het nie, wat eintlik die bloeisel van die waarheid is, het ook geen waarheidsin nie, wat as nuttige lewensaad op die bloeisel volg.

[6] Daarmee wil Ek nie sê, dat iemand daarom niks anders moet doen as veral maar net probeer om sy huis, sy tuin en sy akkers en weiding deur allerlei aardse, kosbare middele tot `n dusdanige skoonheid te verhef, dat alle mense daaroor in opperste verbasing sou moet raak nie. Want so `n onmeetlike skoonheidsin sou maar al te gou ontaard in die grootste eiedunk, eieliefde, hoogmoed en heerssug; dit sou vir die armer mense maar al te veel `n getuienis wees dat die eienaar van die prag oormatig ryk moet wees. Mens sou byvoorbeeld om iets van hom gedoen te kry, hom kon gaan eer deur sy prag te veel te bewonder, waardeur hierdie man maar al te maklik hom te veel sou gaan verbeel en hom dan nog meer sou inspan om te maak dat die mense nog onderdaniger sou word, en uiteindelik oor die bewonderaars selfs as heerser sou gaan optree.

[7] Met so `n oordrewe gevoel vir prag en skoonheid moet dus in die niet gedoen word, omdat dit uiteindelik nog slegter is as om lui en vuil te wees. So-iets heet hoogmoed van die menslike natuur, en is `n sonde wat die siel nooit tot die ewige lewe sal bring nie. Maar die gevoel vir skoonheid en orde, wat slegs deur sy vlyt en ware ywer vir al die skone, ware en goeie ontstaan, soos hierdie tuin, is deugde wat vir elkeen baie aanbevelingswaardig is.

[8] Maar nou oor iets anders; want nou kom die hoofman en die tollenaar, en in hulle teenwoordigheid wil Ek die tuin nie te veel prys nie; later sal die hoofman tog wel verneem wat Ek daarmee bedoel het.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205