Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Judese smouse

139 Op hierdie middag besoek Ek met die owerste, die hoofman en hulle familielede enkele arm Judeërs, wat in hierdie omgewing met alles handel gedryf en gesmous het, maar min verdien het, omdat die slim Grieke hulle orals vóór was. Die owerste en die hoofman gee hulle ietwat; maar Ek raai hulle aan om na hulle huise te gaan en daar hulle hande te gebruik en met werk wat hulle kon doen hulle daaglikse brood te verdien. Want in die land waar iemand met weinig talente gebore is, moet hy bly en vir homself en syne vir `n redelike bestaan sorg. Slegs aan mense met talle, groot talente behoort net soos die son die hele aarde toe, omdat hulle geestelike lig die lewensweg van alle ander mense moet verlig.

[2] Toe merk `n Judeër op: 'Heer, waarom het ons dan so min talente van JaHWeH gekry vir die reis deur hierdie armsalige wêreld? Sou Hy ons ook nie vinnig ietwat meer talente kon gee nie?' 

[3] Ek sê: 'O, ongetwyfeld; maar Hy weet die beste wat daar vir elke mens goed is, en daarom het Hy julle ook presies soveel talente gegee as wat julle nodig het. Want deur baie talente word geen mens salig nie, omdat dit geen menslike verdienste, maar slegs God se werk en verdienste is. Wie baie gekry het, sal ook oor baie rekenskap moet gee; wie maar weinig gekry het, sal slegs oor weinig rekenskap hoef af te lê. Dieselfde sonde sal by ryk getalen­teerdes later op die weegskaal van die goddelike geregtigheid baie swaarder weeg as by geringe getalenteerdes. Want wanneer `n wetgewer self teen sy wette handel, is dit stellig erger as wanneer hulle daarteen sondig, aan wie die wet gegee word. Laat daarom niemand `n mens beny aan wie God baie groot talente geskenk het nie; want so iemand sal op aarde altyd ook baie moet verduur. Wees daarom bly dat julle maar met weinig talente deur God geseënd is!'

[4] Toe die Judeër dit hoor, sê hy: 'Heer, U het baie wys en reg gepraat, en so is dit ook; maar ek is tog van mening dat iemand wat met baie weinig lig snags op pad is, beslis makliker in `n afgrond sal val as hulle wie se weg deur `n behoorlike son verlig word! Maar as jy eenmaal verpletter en dood in `n afgrond lê, maak dit niks meer saak of jy met weinig of met baie lig in die afgrond die dood gevind het nie. En dan vind ek dat die met baie lig begaafde mens tog altyd beter daaraan toe is as die met weinig lig begaafdes, omdat die eerste die afgrond al van ver kon sien en ontwyk, terwyl die met weinig lig begaafdes dikwels `n afgrond nog nie kan sien nie, ook al staan hy vlak by die rand.'

[5] Ek sê: 'Daarin het jy ook gelyk, maar juis daarom kan iemand wat met weinig lig begaafd is, maar liewer tuis bly, waar hy die bodem waarop hy staan ook snags ken en sy treë met sekerheid kan stel. In jou eie huis sal elkeen die beste weet hoe hy moet loop om geen misstap te maak nie; maar in `n groot vreemde huis, waarvan hy nie weet hoe dit van binne daar uitsien nie, sal hy moeilik die weg vind met sy swak lamplig. Wie God die Heer dus minder lig gegee het, het Hy sekerlik ook as kinders lief, omdat Hy daardeur hulle opgawe van die aardse lewensproewe so lig moontlik gemaak het, terwyl Hy die weg van die groot geeste met baie dorings besaai het, sodat die bewandeling daarvan gladnie so maklik is nie. Daarom, klein Judese geeste, skep moed en gaan weer na julle land! Daar sal julle werk in oorvloed vind wat pas by julle lig; maar hier is vir julle niks te verdien nie.'   

[6] Toe sê die owerste ook: 'Ja, ja, beste mense, die Heer het volkome gelyk! Sover ek weet gaan dit hier met julle baie miserabel en sleg, en ek kan julle situasie egter nie verbeter nie. Gaan dus na julle eie land, daar sal julle beslis beter ontvang word as hier! Julle gesmous bring julle niks in nie, en ons werk kan julle nie doen nie, omdat julle geen ervaring daarin het nie, daarom sal julle tuis baie beter voel. Maar sodat julle makliker in julle land kan kom, sal ek julle uit liefde vir hierdie Heer, wat ook `n Judeër is, reisgeld gee.'

[7] Toe die arm Judeërs dit hoor, hardloop hulle na die huis waar hulle gewoon het, gaan haal hulle kinders en sê dat hulle die reis moeilik tot ver agter Bethlehem kon maak met die kinders, aangesien hulle nou geen lasdiere meer besit het nie.

[8] Toe sê die owerste: 'Ek sal julle dan ook nog voldoende lasdiere gee; maar dan moet julle ook onmiddellik gaan! Want as julle dan nog hier sou wou bly, sal ek genoodsaak wees om julle met geweld te verdrywe!' 

[9] Toe stem almal dadelik toe en sê dat hulle liewer vandag as môre sal weggaan. Dadelik word alles gereël en binne `n uur het hulle alles en reis ook af.

[10] Hulle was ongeveer sewentig, en daarom het hulle vir hierdie stad, wat self baie van sy eie armes gehad het, egter tot las geword. Tuis het die meeste hulle eie besittings gehad, waarvan hulle die bewerking aan goedkoop knegte oorgelaat het, omdat hulle gedink het om meer deur hulle gesmous te verdien. Hulle het egter verarm en was nou weer deur My verlos uit hulle groot nood. 

[11] Dit was dan tog sekerlik ook `n baie goeie werk! Laat elke ware navolger van My leer hom daarom inspan om sulke gevangenes uit hulle nood te bevry as hy die middele daartoe het, dan sal Ek hom dit reeds hier en meer nog aan die ander kant vergeld, soos wat Ek by hierdie geleentheid, die owerste met duisend pond suiwer goud, en wel reeds vooraf, ook vergeld het, omdat Ek ook reeds vroeër geweet het wat hy sou doen! 

[12] Verder het daar in hierdie plek niks meer gebeur wat spesiaal vermeld moet word nie. Die leerlinge het die drie priesters volledig bekeer, en Ek het ook in hierdie stad `n gelowige dokter geseën, sodat hy daarna deur handoplegging in My Naam in staat was om baie siekes volledig te genees. En so het ook die volgende dag gou verloop. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205