Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die verwyte en die twyfel van die leerlinge 

145 Ek het die hele dag saam met die leerlinge in die huis van Matthias gebly en hom baie vertel van wat My alles op hierdie reis van verskeie weke oorgekom het, wat die herbergier in `n hoë mate geïnteresseer het. Die leerlinge gaan egter gesamentlik na buite - behalwe Johannes en Matthéüs, wat tot die aand hulle aantekeninge georden het en met mekaar ooreengestem het. Ook die twintig Judese Grieke het na buite gegaan en die sig van die baie lewendige, bewegende see geniet. 

[2] Eers laat die aand kom alle leerlinge weer in die huis in, toe die aandete al `n geruime tyd gereed gestaan het. Ons gebruik die aandete in alle stilte en begewe ons gou daarna ter ruste. Vervolgens bly ons nog enige dae daar en hou ons met allerlei goeie en nuttige dinge besig.

[3] Die hoofman self was elke dag by My, en Ek genees, slegs deur My woord, verskeie siekes waaroor hy My vertel het. Enkele van My eerste leerlinge vererg hulle heimlik daaroor dat Ek dit alles Self doen en Ek hulle geen opdrag gee om dit in My Naam te doen nie, wat volgens hulle mening meer sou getuig vir My leer as om steeds maar Self tekens te doen. Want dit getuig wel vir Myself en van My goddelike Meesterskap, maar gladnie spesiaal vir die feit dat My leer ook deur My leerlinge werk nie, omdat die mense sê: 'Nou trek hulle al so lank met Hom rond en tog het hulle nog maar weinig geleer, want hulle kan haas niks doen nie!'

[4] Ek sê egter vir hulle: 'Vriende en broers! Vir julle sal die tyd ook kom waarin julle in My Naam tekens sal doen; maar nou is dit nog nie sover nie. Ek het egter aan die meeste van julle ook dieselfde krag gegee om alle soorte siekes te genees, en julle het hulle ook genees, en julle besit nog steeds dieselfde krag, behalwe een van julle wat hom daarvoor laat betaal het. Maar as julle by My is, is dit egter nie nodig dat julle in My teenwoordigheid tekens doen nie; waar dit egter nodig is, laat Ek julle ook baie spesiale tekens doen. Wat wil julle dan nog meer hê?! Ek het nog nie opgevaar na die plek waar Ek vandaan gekom het nie, na My God en na julle God, en Ek het nog nie die Heilige Gees van God oor julle uitgestort nie, wat julle sal binnelei in alle Waarheid en Wysheid. Wees dus geduldig tot dan, - daarna sal ook julle dit doen wat Ek nou doen! - Is julle nie daarmee tevrede nie?'      

[5] Toe sê Thomas: 'Heer, ons is wel daarmee tevrede, maar één ding van U verstaan ons nog steeds nie! Kyk, by die heidene het U, wat betref die doen van tekens, Uself werklik byna oortref! Die heidense tempels en afgode het U in `n oogwenk vernietig, en die koppigste priesters het soos lammers na U toe gekom; waarom doen U ook nie dieselfde in Judea nie? Die tempeldienaars sou lankal U leerlinge gewees het, as U hulle tempel met dieselfde gemak weggeblaas het, soos wat U die afgode by die heidene aan die Eufraat weggeblaas het! Doen dit ook in Judea, en U leer is gewaarborg!' 

[6] Ek sê: 'Julle sê wat julle verstaan, en Ek sê wat Ek vanuit die Vader weet, en wat Ek dus ook baie goed verstaan! Julle ken nie die rede waarom bepaalde dinge moet gebeur om `n bepaalde doel met sekerheid te bereik nie; Ek weet dit egter maar al te duidelik en presies waarom bepaalde dinge moet gebeur om `n bepaalde doel met sekerheid te bereik. Daarom is dit egter nie gepas dat julle My nou wil voorskryf wat Ek moet doen nie! Ek het julle egter al by verskillende geleenthede duidelik uiteengesit waarom Ek bepaalde dinge doen en waarom die verhouding van die mense tot God nou so sleg en duister is, en waarom dit selfs sal gebeur dat My liggaam in Jerusalem gedood sal word. 

[7] Maar julle onthou niks nie en dink ook nooit dieper daaroor na nie, sodat My woord nooit heeltemal goed in julle kan wortelskiet nie; en sien, juis daarom is die geloof in My nog lank nie lewend by julle nie, en julle is dan ook juis daarom nie geskik en in staat om tekens te doen waardeur die mense sou sien dat julle waaragtig My leerlinge is nie! - Waarom onthou julle tog so weinig en dink julle ook so weinig daaroor na?'  

[8] Weer sê Thomas: 'Heer, versterk ons geheue, dan sal ons ook sekerlik alles onthou, en nadink oor wat ons alles uit U mond verneem het!'

[9] Daarop sê Ek: 'Dit het Ek tog al gedoen vir sover dit moontlik was; maar verder as wat julle natuur is, gebeur dit nie. Sodra die Gees egter oor julle sal kom, sal Die julle sonder meer in alle Wysheid binnelei, en julle sal dan in die vervolg julle aardse geheue nie meer nodig hê nie. Maar terwille van die vorming van die siel is die mens ook `n aardse geheue gegee, wat by `n werklike vaste wil sterk genoeg is om `n ontelbare hoeveelheid woorde, waarhede en handelinge te onthou; slegs as die mens totaal onverskillig by allerlei dinge en gebeurtenisse verbygaan, sal dit ook nie in sy geheue vasbly nie, daarvan het Ek julle die rede by Césarea Philippi helder en duidelik laat sien. Dink daaroor na, dan sal julle dit wel vind!'  

[10] Op wat Ek nou gesê het, het geen enkele leerling `n teenwoord gehad nie, en vervolgens praat Ek oor baie dinge met die hoofman wat gedurende hierdie dae steeds aanwesig was, waardeur vir hom nou in hierdie tyd allerlei toestande in die wêreld ook duidelik word.  

[11] Maar die leerlinge onderhou hulle op hulle manier en onderling wissel hulle gedagtes uit oor allerlei dinge. Iemand beweer dat God tog in Sy mag beperk moes wees, omdat Hy by alles wat Hy wou laat ontstaan, ook gebonde moes wees aan bepaalde voorwaardes, sowel wat tyd asook wat aard aanbetref, sonder watter voorwaarde Hy heelwat dinge gladnie nie tot stand sou kon bring nie. Ander sê weer dat God dit nie doen terwille van Homself nie, maar terwille van Sy skepsele, om hulle die vastheid te gee waardeur hulle vir die ewigheid deeglik en bestendig moet word. Bowendien sou dit Hom Self hemelse vreugde moes skenk as Hy Sy werke in `n bepaalde orde, wat Hy Self vasgestel het, eers geleidelik aan tot Hom omhoog sien ryp word. Dat God egter deur die almag van Sy wil ook oombliklik iets tot stand kan bring, daarvoor het Ek hulle al baie bewyse gelewer.

[12] Daarop volg daar weer `n kommentaar, - kort en klaar, en by die grootste deel van My leerlinge word die geloof self daardeur ietwat wankelrig gemaak, en sommiges beweer dat Ek miskien tog nie meer was as `n groot profeet nie, ongeveer te vergelyk met Moses of EliJaH, by wie dit ook nooit aan verbasingwekkende tekens ontbreek het nie. Met dergelike beskouinge en vergelykings kom die aand en ons gaan na die aandete weer rus.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205