Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 147

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer in die tempel Die mislukte aanslag van die tempeldienaars

(Evangelie van Johannes 7:14-36)

147 Toe Ek op `n spreekgestoelte in die tempel gaan staan, gebied Ek stilte en die Judeërs herken My en vra heimlik aan mekaar hoe Ek nou so skielik op die fees gekom het, omdat hulle My leerlinge tog daarna gevra het, en hulle niks oor My geweet het nie. Maar Ek begin die volk eenvoudig maar baie veelseggend vas te gryp deur die vierde en vyfde hoofstuk van die profeet JeshaJaH woord vir woord voor te dra, en gee daarna `n skerp omlynde en goedbegryplike uitleg daaroor, wat heeltemal gepas het in hierdie tydperk wat presies van toepassing was op die halsstarrige, hoogmoedige Judeërs. (Johannes l:14)  

[2] Daarop verwonder die Judeërs hulle en sê: 'Hoe is dit moontlik dat hy die Skrif so goed ken, terwyl hy dit sover ons weet nooit bestudeer het nie? (Johannes 7:15) Sy leer is dus geen valse leer nie, omdat hy immers tog heeltemal volgens die Skrif is.'

[3] Maar Ek gee hulle antwoord en sê: 'Hierdie leer volgens die Skrif, wat julle My leer noem, is nie van My nie, maar van Hom wat My gestuur het! (Johannes 7:16) As iemand hom aan hierdie leer wil hou en wil handel volgens die uitgesproke wil van God, sal hy merk dat hierdie leer van God is, of dat Ek daarin oor Myself praat! (Johannes 7:17) Wie oor homself praat, soek ook sekerlik slegs sy eie eer; wie egter, soos Ek, maar net die eer soek van Hom wat My gestuur het, is waaragtig, en in hom is geen ongeregtigheid nie!' (Johannes 7:18)

[4] Toe word daar `n paar Fariseërs wrewelrig en hulle sê onder mekaar: 'Nou word dit tog wel tyd om hierdie man te gryp en te dood, dan hoef ons hom ook nie meer teen hoë koste op allerlei plekke te laat soek waar hy hom maklik kan versteek nie. Sy leer is immers duidelik teen ons gemik en maak ons by die volk verdag van allerlei skandelike dinge. Dus met fris moed daarteen aan en weg met hom!' 

[5] Ek was egter goed op hoogte van wat hulle onder mekaar bespreek het en sê vir hulle: 'Het Moses julle nie die wet gegee nie? Julle sê wel: 'Ja', maar waarom doen niemand van julle dan meer wat die wet voorskryf nie?'

[6] Die Judeërs protesteer en sê: 'Hoe kan jy sê dat ons Moses se wette nie gehou het nie?'

[7] Eers daarop sê Ek: 'Goed dan, - as julle julle aan die wet van Moses hou, waarom probeer julle dan om My dood te maak?' (Johannes 7:19)

[8] Toe praat die volk: 'Is u dan besete? Wie probeer U te dood?' (Johannes 7, 20)

[9] Ek sê heel ernstig: 'Nie julle nie, maar hulle daar, julle leiers! Kyk, één enkele ding het Ek enige maande gelede gedoen vir `n man wat agt-en-dertig jaar lank siek was en daaroor het julle julle almal vererg en verbaas! Ek word as skender van die Sabbat vervloek. (Johannes 7:21)

[10] Moses het julle opgedra om tot die besnydenis toe te tree - nie omdat hy dit wou hê nie, maar die aartsvaders wou, - en julle besny die mense nog hede ten dage ook op die Sabbat. (Johannes 7:22) Maar as julle ook op die Sabbat mense besny, sonder om angs te hê dat die wet van Moses daardeur geskend sou word, - waarom is julle dan vir My kwaad omdat Ek `n mens op die Sabbat gesond gemaak het?! (Johannes 7:23) Ek sê julle: As julle dan wil oordeel, oordeel dan nie volgens die niksseggende skyn nie, maar fel `n regverdig oordeel op grond van die volle waarheid!' (Johannes l, 24)  

[11] Toe sê sommige vooraanstaande mense uit Jerusalem onder mekaar: 'Is dit nie Hy wat getrag het om die eerwaarde Fariseërs met die Pasga te dood nie? (Johannes 7:25) Kyk eers, hy praat nou heeltemal vryuit en hulle sit heel rustig daar en bring niks teen Hom in nie! Erken ons owerste dan nou sonder meer dat Hy die Messias is? (Johannes 7, 26) Maar dit kan hy tog nie wees nie; want ons weet immers almal waar Hy vandaan kom. As die Messias sal kom, sal niemand weet waarvandaan Hy gekom het nie!' (Johannes 7:27)

[12] Toe verhef Ek My stem in die tempel en gaan met My onderrig aldus verder: 'Ja, julle ken My persoon goed en weet ook goed waarvandaan Ek kom; maar julle weet nie dat Ek as mens nou nie uit Myself gekom het nie, maar dat dit `n Waaragtige is wat My gestuur het, en Die ken julle nie, en daarom weet julle ook nie waarvandaan Ek eintlik kom nie. (Johannes 7:28) Maar Ek ken Hom goed wat My na hierdie wêreld gestuur het. (Johannes 7:29) Omdat julle Hom egter nie ken nie, ken julle My ook nie! - Het julle My verstaan?'

[13] My toespraak vererg die trotse mense van Jerusalem en hulle soek na middele om My te gryp en dan ook te straf; maar omdat My tyd nog nie gekom het nie, was niemand in staat om die hand aan My te slaan nie. (Johannes 7:30)

[14] Die volk het egter merendeels in My geglo en die mense sê vir mekaar: 'Dink julle dat as die Messias kom Hy dan meer en groter tekens sal doen as wat hierdie Man doen?' (Johannes 7:31)

[15] Wat die volk oor My sê, bereik egter gou die vername Fariseërs.

[16] Toe roep hulle: 'Kyk net hoe Hy die volk verlei!'

[17] Dadelik sonder hulle hulle knegte af om My te gryp en met toue te bind. (Johannes 7:32)

[18] Ek sê vir hulle: 'Doen dit nie nou nie! Ek bly tog nog maar `n baie kort rukkie by julle, en dan gaan Ek na Hom toe wat My na hierdie wêreld gestuur het. (Johannes 7:33) Dan sal julle My soek en waarlik nie vind nie! En waar Ek heen gaan, kan julle My nie volg nie.' (Johannes 7:34)

[19] Die knegte bly staan en niemand slaan `n hand aan My nie.

[20] Maar die Judeërs mompel onder mekaar: 'Waar wil hy dan heengaan dat ons hom nie kan vind nie? Wil hy miskien na die Grieke gaan, wat orals verspreid woon, en hulle onderrig gee? (Johannes 7:35) Wat is dit vir `n wonderlike uitspraak, wanneer Hy sê: 'Julle sal my soek en nie vind nie!' en 'Waar ek is, daar kan julle nie kom nie!' (Johannes 7:36) Ag, die man praat wel heeltemal verward! Hy is sekerlik bang vir die hoëpriesters en praat so om nie deur hulle gegryp te word nie.'

[21] Ek sê: 'Voordat dit My tyd is, sal niemand My kan gryp nie!'

[22] Daarop skreeu enkele Judeërs, Skrifgeleerdes en Fariseërs: 'Dit sal ons dadelik sien, of ons nie in staat is om jou nou op staande voet te gryp nie!'

[23] Hulle dring hulle na My toe; maar toe hulle My wou gryp, verdwyn Ek plotseling uit die tempel en die Judeërs en Fariseërs kyk mekaar verbaas aan en sê: 'Waarheen het hy nou so plotseling verdwyn? Dit is werklik `n wonderwerk!'

[24] Maar die Fariseërs sê vererg: 'Wat se wonderwerk, wat se wonderwerk, - het julle dan nie gemerk hoe Beëlsebul Hom weggetrek het toe Hy in gevaar gekom het nie?! Hom kan ons nou nog lank soek, en ons sal hom sekerlik nie vind as hy êrens in `n hoek van die hel verborge sit nie!'

[25] Die woorde veroorsaak egter `n geweldig protes onder alle Judeërs wat in My geglo het en daar gaan harde stemme op die sê: 'Die ellendige Fariseërs sien tog werklik deur die bome die bos nie meer nie! Hulle is self die allerergste Beëlsebubs en met huid en haar verkoop aan die hel; om hulle growwe verdorwenheid vir die dom volk egter goed te praat sê hulle dat hierdie man van God, wat kennelik met alle goddelike mag toegerus is, `n kneg van Beëlsebul is. O wag maar, julle egte Beëlsebubs! Ons sal julle skynheiligheid nog wel baie passend uitdrywe! Ons sal julle maskers afruk sodat dan sigbaar word wat julle eintlik is! Nou wag maar, julle swart en grys booswigte, die dag van die afrekening sal vir julle nie lank op hom laat wag nie!' 

[26] Toe die volk hierdie gedagtes taamlik hardop laat hoor, was daar baie gou geen Fariseër meer in die tempel te sien nie, en die knegte wat My moes gryp, het ook skielik onsigbaar geword. Binnenshuis kry hulle natuurlik baie moeilik met die Fariseërs, omdat hulle hulleself moes verantwoord vir die feit dat hulle My nie dadelik gegryp het nie.

[27] Maar die knegte sê: 'O, waarom het julle dan nie self die hand aan hom geslaan nie, of ons ten minste in beweging gesit toe ons soos verlam aarsel nie?'

[28] `n Hooggeplaasde Fariseër sê: 'Is so-iets dan wel passend vir ons op `n Sabbat?'

[29] Maar die knegte sê: 'Ook ons is Judeërs en moet net soos julle die Sabbat heilig!'

[30] Toe sê die Fariseër: 'Nou goed dan! As julle Hom môre of oormôre teëkom, wanneer die Sabbat verby is en nog alleen twee gesellige feesdae volg, gryp Hom dan en bring Hom dadelik na ons toe!'

[31] Die knegte sê: 'O ja, dit kan ons goed doen, solank al daardie volk maar niks daarteen sal hê nie!'

[32] Die Fariseër sê: 'Wie hou daar nou rekening met die volk, wat lankal vervloek is?'

[33] `n Kneg sê: 'Ja, vervloek of nie, - wanneer die vervloekte volk ons en julle dan vas en sekerlik daarvoor sal stenig, wat dan?! Vandag het dit hulle nie baie geskeel nie! As ons die tempel nie so gou verlaat het nie, sou dit nie so goed met ons gegaan het nie! Die vervloekte volk sou ons sekerlik die vloek wat ons hulle gegee het, met woeker teruggegee het! Wat vandag egter nog nie gebeur het nie, kan maklik môre of oormôre gebeur. Dit lyk vir ons beter om die man met rus te laat! As Hy `n profeet is, en deur God gestuur, sal ons met al ons mag niks teen Hom kan uitrig nie; is Hy dit egter nie, dan sal die saak vanself wel doodbloei.' 

[34] Die Fariseër sê: 'Julle sê dit sonder enige kennis van sake! Staan daar dan nie geskryf dat daar uit Galilea, waarheen maar net misdadigers verban word, nooit `n profeet sal opstaan nie?!'

[35] `n Kneg sê: 'Dit is wel waar, maar vir sover ons van ander mense gehoor het - wat ook uit ons besnydenisboeke blyk - is Hy geen Galileër nie, maar gebore in Bethlehem, en dit is immers juis die ou stad van Dawid waar hy sy voorspellinge neergeskryf het. Bowendien is ook nog bekend dat die profeet Jesaja baie dikwels en langdurig in Galilea verblyf gehad het, net soos die profeet Jeremia, - en dit was tog wel die grootste profete!'

[36] Toe sê die Fariseër: 'Is julle dan ook al van die duiwel?! Wie vertel julle dit?'

[37] Alle knegte antwoord: 'Dit het julle nog onlangs self gedoen tydens `n toespraak oor die profete; toe julle die volk vertel het wie die profete was, hoe en waar hulle gebore was, en waar hulle hulleself opgehou en gewerk het! Mag ons dan ook nie meer onthou wat julle self gepredik het nie?'

[38] Daarop word die Fariseër baie verleë, sê verder niks meer nie en trek hom terug. Die knegte gaan egter ook weg en lag heimlik in hulle vuis omdat dit hulle geluk het om die hoë, magtige Fariseërs ook eens die skrik op die lyf te jaag.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205