Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die besoek van die Heer aan Lasarus in Bethanië

148 Ek kom egter self buite die tempel in `n afgeleë herberg met My broers en leerlinge saam. Dit was dieselfde herberg waar Ek tydens die feeste dikwels met Josef en Maria en die broers oornag het. Die blydskap van die broers, toe Ek by hulle aangekom het, was natuurlik onbeskryflik, want hulle het almal treurig bymekaar gesit en bespreek of Ek My ooit weer oor hulle sou erbarm en hulle weer sou aanneem.

[2] Maar Ek vra hulle: 'Kinders, vriende en broers, het julle iets te ete en te drinke?'

[3] Toe val almal aan My voete neer en vra My om vergewing. Ek beveel hulle egter om dadelik op te staan en eerlik teenoor My te praat, omdat hulle die beste weet dat Ek nooit kwaad word as iets opreg gesê word nie. Toe staan die broers op en dank My dat Ek hulle nie verlaat het nie.

[4] Terwyl Ek egter so met hulle praat, kom die twintig Judese Grieke ook haastig aangeloop. En toe hulle My sien, sê hulle: 'Heer, U is ons voor! Ons was in die tempel en het U wyse toespraak gehoor; toe U egter tydens die ontsettend brutale aanval van die Judeërs en Fariseërs opeens onsigbaar geword het, het ons ook gou uit die tempel uitgegaan so goed as wat dit met die groot drukte moontlik was, en ons wou nou juis die broers vertel dat U daar was, wat hulle sekerlik in `n hoë mate sou verheug, - en nou tref ons U alreeds hier aan! Ja, dit is vir die broers sekerlik nog baie beter, en ook ons is uitermatig bly, om U, o Heer, weer in ons midde te hê! In die vervolg sal so `n skeiding beslis nie meer voorkom nie!'

[5] Ek sê: 'O, daar sal nog tye en omstandighede hulle voordoen waar julle julle almal vir My sal vererg, en wanneer die herder geslaan word, sal die skape vlug en hulleself versprei! Maar as die herder dan terugkom, sal Hy die goeie skape nogmaals vir altyd om hom heen versamel. Wel, vir die Fariseërs sou dit vandag baie sleg gegaan het as Ek nie so gou uit die tempel verdwyn het nie; want in die tempel was die aantal van hulle wat in My glo, verreweg die meeste, en as iemand die hand aan My sou geslaan het, sou daar in die tempel `n groot oproer ontstaan het, en die vername mense uit Jerusalem sou daar tesame met die Fariseërs, Skrifgeleerdes en tempeljode baie sleg daarvan afgekom het. Om dit te vermy, het Ek dan ook die tempel verlaat en is Ek nou hier.

[6] Môre doen ons niks en vandag ook niks meer nie, maar oormôre, wanneer, soos wat bekend is, die fees met die grootste praal gevier sal word, sal ons ook in die tempel verskyn en die volk onderrig. Maar nou verlaat ons hierdie herberg, wat te streng en te dom volgens oud-Joodse gebruik ingerig is; want hier kry ons voor sonsondergang niks te drinke en glad niks te ete nie. Laat ons daarom na Bethanië gaan; daar sal ons dadelik ietwat te ete en te drinke kry!'

[7] Daarmee was almal dit volkome eens; maar toe kom die herbergier van die herberg aangeloop en sê: 'Ja, wat is dit nou?! Is my herberg dan nie goed genoeg vir julle nie? Waarom wil julle van my af weggaan, en veral jy, seun van Josef uit Nasaret, jy was tog al so dikwels saam met jou ouers hier in die herberg gewees, en ek is selfs baie nou verwant aan Josef?'

[8] Ek sê: 'Jy is vir My ten eerste teveel Joods en jy vind al die uiterlike baie belangrik, - maar die innerlike, ware en lewende is vir jou vreemd; daarby kom dit nog dat `n mens orals altyd beter opgeneem word as in die huis van die naaste bloedverwant, wat die rede is waarom Ek My ook maar uiters selde in Nasaret laat sien, - want `n profeet is nêrens so onbelangrik as in sy vaderland nie!'

[9] Die herbergier sê: 'Maar jou vader Josef het tog altyd graag by my vertoef, en ons het altyd baie met mekaar gepraat oor Moses en alle ander profete, en hy het my ook baie merkwaardige dinge oor jou vertel! Waarom wil jy dan nou beslis nie in my huis bly nie, terwyl jy tog al vir byna drie jaar nie in Jerusalem was nie?!'

[10] Ek sê: 'As jy ook maar êrens navraag sou gedoen het, sou jy wel te wete gekom het dat Ek bykans tydens elke fees hier was! Maar jy is `n ortodokse Jood en daarby ook nog `n ortodokse herbergier, en as sodanig kan dit jou ook niks skeel wat belangriks daar in die stad gebeur nie! Bly jy daarom maar soos wat jy is, en Ek en hierdie leerlinge van My sal ook bly soos wat ons is! Ons skuld jou ook niks, omdat ons nog niks gebruik het nie; en daarom gaan ons!'

[11] Daarop staan ons op en gaan vinnig weg na Bethanië.

[12] Agteraf sê die herbergier egter vir sy mense: 'Ek is egter bly dat hulle vertrek het; want by verwante is daar vir `n herbergier altyd baie weinig verdienste!'

[13] Ek vertel dit aan die leerlinge en hulle word baie verontwaardig oor hierdie herbergier wat die mense na die oë kyk.

[14] Maar by Bethanië sê Ek vir die broers: 'Gaan julle nou vas vooruit en vra aan Lasarus of hy nie `n goeie middagete wil gereedmaak nie; maar praat nog nie oor My nie! Daarna sal Ek kom, en dit sal hom groot genot verskaf.'

[15] Toe gaan die broers met die ander twintig leerlinge vinnig vooruit en bring die boodskap aan Lasarus oor.

[16] Hy vra egter dadelik na My en sê: 'Ja, my beste vriende, aan julle wens sal dadelik gehoor gegee word; maar ek sou wat daarvoor gegee het as die groot, heilige Heer ook by julle was! `n Halfuur gelede het hier `n paar Grieke verbygekom en ek vra hulle toe of hulle nuus gehad het oor die fees. Want ek was maar `n uur in Jerusalem gewees en toe vinnig huiswaarts gekeer, omdat ek my vererg het vir die hoogs dwase feesgedoe en daarom kon ek dus ook nie weet wat verder daar gebeur het nie.

[17] Toe sê die Grieke: 'Ons het gehoor dat die beroemde towenaar uit Galilea in die tempel besig was; maar ons het hom nie gesien nie, omdat ons deur die gedrang nie binne kon kom nie.' Wel, dit sê die twee Grieke vir my. Daarop het ek toe dadelik `n paar van my knegte uitgestuur om oor Hom navraag te doen en dit dan dadelik aan my te meld, sodat ek dan self daarheen kon gaan, Hom opsoek en Hom as mees geliefde gas na my toe kon uitnooi; maar die uitgestuurde knegte het nog nie teruggekom nie. - Sê my, beste vriende, of julle ook iets dergeliks in die stad gehoor het!'

[18] Die vraag bring die leerlinge in `n geringe verleentheid, en hulle weet nie wat hulle daarop moes sê nie. Maar toe maak Ek `n einde aan hulle kort verleentheid, deur op daardie selfde oomblik die kamer van Lasarus binne te kom en hom as broer te begroet. Lasarus was buite homself van blydskap en beide sy susters huil trane van geluksaligheid omdat Ek weereens gekom het. Kortom, daar heers nou `n blydskap in die hele huis van Lasarus soos nooit tevore nie.

[19] Dadelik word almal aan die werk gesit om vir ons `n buitengewone, skitterende maaltyd klaar te maak. Daarvan mag die egte Judeërs en Fariseërs natuurlik niks te wete gekom het nie, omdat so-iets voor sonsondergang die heilige feessabbat in `n hoë mate sou geskend het. Maar op hierdie Sabbat het alle Fariseërs dit in die tempel baie druk gehad en hulle dienaars ewe-eens, en daarom kon daar in Bethanië baie gebeur het, waarvan die tempel nooit iets sou verneem nie. Terwyl die maaltyd voorberei was, bestyg ons buite die reeds bekende heuwel, gaan onder die skaduryke palms op die grasbank sit, en Ek vertel Lasarus wat Ek die dag in die tempel beleef het.

[20] Johannes en Matthéüs skryf toe ook hulle evangelie daar, natuurlik slegs die hoofpunte, met weglating van die meeste bysake.

[21] En toe Lasarus My die vierde en vyfde hoofstuk van die profeet JeshaJaH hoor uitlê, sê hy: 'Ja, Heer, dit verwys tog baie duidelik op die huidige tyd en haar mense, sodat daar geen enkele puntjie is wat nie hierop van toepassing is nie! Ja, dan is dit wel baie begryplik dat die tempeldienaars dit op U gemik het! O, hierdie les was baie heilsaam vir hulle; want die kêrels maak nou immers al asof hulle self gode en engele is!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205