Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Judese priesters word studente van die Heer

15 Die oggend vroeg nog voor sonsopgang was ons, dit wil sê Ek, die studente, ons herbergier en Lasarus met sy hele huishouding, alreeds op die been. Lasarus se suster Martha was met haar helpsters alreeds baie ywerig besig om `n goeie ontbyt voor te berei; Maria het egter saam met ons na buite gegaan en het soos altyd, net oë en ore vir My gehad om iets vir haar hart en haar siel te verkry.

[2] Toe ons al ongeveer `n uur buite rondgewandel het, het die Judeërs eers wakker geword. Hulle het volgens hul gebruik gewas en toe gou gevra of Ek nog geslaap het.

[3] MARTHA sê: “O, die Heer het alreeds `n uur gelede met Sy studente, my broer, my suster en die herbergier na buite gegaan en sal waarskynlik nou spoedig terugkom omdat die ontbyt ook spoedig gereed sal wees!”

[4] `n PRIESTER sê: “Waarheen het Hy gegaan, sodat ons vinnig na Hom toe kan gaan en aan Hom vertel dat die ontbyt byna gereed is?”

[5] MARTHA antwoord: “O, dit is by die Heer egter nie nodig nie, want Hy weet presies wanneer dit klaar sal wees!”

[6] Toe die Judeërs dit hoor, sê een van hulle aan Martha: “Jy moet Hom dus wel langer ken, dat jy alreeds so goed vertroud is met Sy onmiskenbare, Goddelike eienskappe?”

[7] MARTHA sê: “Ek ken Hom alreeds geruime tyd, maar van julle is dit tog nie so prysenswaardig dat julle Hom tot nou toe nog nie herken het nie!”

[8] DIE JUDEËRS antwoord: “Ja wel, ja wel, die verwyt is heel geregverdig en ons betreur dit nou self dat ons deur die drukte van ons aardse beslommernisse nog nooit nadere navraag oor Hom gedoen het nie, hoewel ons wel heelwat oor Sy doen en late uit Galilea verneem het. Ook kom dit vir ons voor dat Hy tydens die Pasga hier in Jerusalem was en merkwaardiggewys alle kopers en verkopers uit die tempel gedryf en die tafels van die geldwisselaars en handelaars omgegooi het!”

[9] MARTHA sê: “Ja, ja, Hy is dieselfde Persoon, maar destyds was julle oë nog baie verblind en julle ore en harte verstop; daarom het julle Hom nie herken nie!”

[10] Toe sê DIE JUDEËRS: “Ja wel, ja wel, jy het gelyk; maar omdat ons Hom nou herken het, sal ons twintig in elk geval nie meer van Hom af weggaan nie en ons het ons vas voorgeneem om in ander klere as studente met Hom saam te gaan, sodat die tempeldienaars en die ander Joodse priesters, Fariseërs en skrifgeleerdes, wat orals verspreid is, ons nie kan verwyt dat ook ons, priesters van die tempel, deur Hom, `n stigter van `n nuwe sekte en `n volksverleier, laat verlei het nie. Ons sal daarom hierna dadelik na Jerusalem gaan en ons uitkoop onder die voorwendsel dat ons `n reis na Persië en Indië wil onderneem, wat hulle graag en selfs al te graag aan ons sal toestaan. As ons dit binne `n paar uur gereël het, kom ons vandag nog terug en dan sal ons Hom as Sy studente op ons eie koste orals heen volg.”

[11] MARTHA sê: “Dit is `n prysenswaardige besluit van julle en dit sal julle Sy seëninge bring! Maar kyk eers na buite; Hy kom alreeds omdat ek heeltemal klaar is met die voorbereiding van die maaltyd en ons sal Hom soos wat dit net Hom toekom, met die hoogste agting en liefde ontvang, Hom nogmaals uit die diepste grond van ons harte dank vir die groot vertroostinge wat Hy vir ons berei het en Hom dan vra of Hy goedgunstiglik hierdie ontbyt sal seën en tesame met ons wil nuttig!”

[12] Terwyl Martha nog so met die Judeërs gespraat het, wat heel aandagtig na haar geluister het, het EK alreeds die kamer binne binnegekom en sê: “Liewe Martha, daarvoor het jy jou mond nie nodig nie; wie dit in sy hart doen, doen dit goed. Die lippegroet kan dan heel paslik agterweë bly, want Ek kyk net na die hart en sy innerlike gedagtes. Maar by jou het ook jou woorde egte waarde vir My, omdat hulle werklik opreg uit jou hart kom.”

[13] Dit het Martha heeltemal gerusgestel en sy het vol vreugde vervul geword.

[14] Maar EK wend My tot die Judeërs en sê vir hulle: 'Julle wil dus in alle erns My leerlinge word?'

[15] Toe sê werklik ALMAL, ook hulle wat geen priesters nie, maar net welgestelde burgers van Jerusalem was: “Ja, Heer, as U ons maar net waardig genoeg ag om U studente te mag wees! Ons sal selfs alles daarvoor aanwend, om so rustiger en beslister U, o Heer, op al U weë en paaie te kan volg!”

[16] EK sê: “In daardie opsig doen julle goed, maar één ding moet Ek aan julle sê en dit is: Sien, die voëls in die lug het hulle neste en die jakkalse hulle gate, maar Ek, wat na die liggaam `n suiwer Menseseun is, het nie eens `n klip wat Ek as My aardse eiendom onder My hoof sou kon lê nie!”

[17] DIE JUDEËRS sê: “Maar nogtans is die hemel en die hele aarde U eiendom! Wat hierdie wêreld betref het ons vir U, vir U studente en vir ons wel genoeg vir tien jaar en nog langer! Laat ons maar met U meetrek en U lewenswoorde aanhoor, vir al die ander sal ons orals volgens U wil sorg!”

[18] EK sê: “Welaan dan, gaan vir die maaltyd na die huis en reël alles goed! Kom dan terug en dan sal Ek aan julle sê wat ons daarna sal gaan doen en onderneem! Maar laat ons nou na die maaltyd gaan!”

[19] Daarop het almal aan tafel gegaan, hulle dankgebed uitgespreek en net soos Ek geëet en gedrink.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205