Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Ongelukke en siektes wat nie deur eie skuld ontstaan nie

155 Toe Ons Onsself op die heuwel gemaklik gemaak het, sê Lasarus: 'Werklik, dit is ewiglik jammer van hierdie groot mooi stad, om eensklaps so totaal verwoes te word! Maar wie kan iets daaraan doen, as haar slegte bewoners dit self so wil hê?'

[2] Ek sê: 'Daarmee is Ek dit heeltemal eens, want aan iemand wat iets vir homself, hoe gretiglik dan ook, wil deurgaan, geskied daar in ewigheid geen onreg nie. Ek was al dikwels daar en wou hulle onder My beskermende vleuels versamel het, soos wat `n hen haar kuikens bymekaarmaak; maar tot op hede was alle moeite tevergeefs, en daarom is hulle heeltemal self skuldig aan alle teenspoed wat hulle sal oorkom.

[3] Tog sal Ek nie ophou met die gee van allerlei lesse en streng vermanings nie, om tog nog sommiges van hulle te kan red. En wat Ek nou Self doen, sal julle na My nog makliker doen, omdat die laaste en grootste teken wat Ek in Jerusalem sal verrig, julle daartoe in staat sal stel. Wie julle sal hoor, sal My ook hoor - omdat julle slegs sal praat wat My Gees julle in die mond sal lê, - en hulle sal geholpe raak. Diegene wat egter in hulle ou kwaad sal volhard, sal ook die vrugte daarvan oes.

[4] Moet Ek dalk, omdat, water sowel as vuur vir `n mens dodelik is, wanneer hy wel in diep water val of by `n groot brand deur die vuur gegryp word, geen water en geen vuur meer op aarde laat bestaan nie? O, sekerlik nie! Daarvoor het `n mens sy verstand en krag en vrye wil. Van beide water as van vuur ken hy die goeie en die bose eienskappe. Beide moet hy met verstand gebruik en dan sal beide elemente hom van diens wees. Wanneer hy egter moedswillig of uit groot onversigtigheid in diep water val of in `n kalkoond spring, dra hy duidelik - vrywillig of dikwels nog onvrywillig - self skuld daaraan as hy daarby sy aardse lewe verloor. Met iemand wat werklik verstandig en versigtig en wys is, sal so `n ongeluk nie gou gebeur nie - en diegene wat volgens My leer lewe, glad nie!'

[5] `n Judese Griek sê: 'Heer, maar orals is die menslike verstand met al sy versigtigheid tog nie voldoende nie! Neem eens die volgende voorbeeld: Gestel dat ek vir dringende sake per skip oorsee na Rome moet reis. In die middel van die see begin daar egter `n storm. Die skip ly skipbreuk teen `n ondersese rots en vergaan met man en muis. Wie se skuld is dit dan? Sekerlik nie my skuld nie, en van die kaptein van die skip ook nie; want hoe kon hy geweet het dat die storm so plotseling sou opsteek, en hoe kon ek dit dan geweet het?'

[6] Ek sê: 'My vriend, as so-iets gebeur, is dit baie sekerlik om goeie redes `n toelating van bo, en dit is te vergelyk met iemand wat aan `n bepaalde siekte ly, omdat die siekte kwaadaardig en ongeneeslik is. Want geen mens op die hele aarde bly vir ewig in sy aardse liggaam nie, en daarom kan `n mens dus ook sowel in die water as in die vuur heeltemal sonder skuld sy lewe verloor. Ek glo dat ons geen woorde meer daaraan hoef te verspil nie. En dus gaan ons nou oor na iets anders wat baie belangriker is!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205