Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die op hande synde maansverduistering

156 (Die Heer:) 'Kyk, die son het al ondergegaan, die lug is onbewolk en daar sien ons al enkele sterre; daar in die ooste kom die volmaan nou net uit bokant die horison, wat in mis gehul is. Maar vandag nog sal daar binne twee uur `n maansverduistering plaasvind deur die natuurlike skadu van die aarde, wat dan juis tussen die son en die maan te staan sal kom. Dit sal by die mense in Jerusalem, en veral by die dom Fariseërs, `n verskriklike spektakel veroorsaak, omdat die maan hierdie keer byna `n halfuur lank heeltemal sal verdwyn. Daar sal gejammer word en daar sal groot offers in die tempelkas gemaak word; maar ons sal die klein skouspel van die natuur hier baie rustig gadeslaan en dit geniet.

[2] Origens is die baie natuurlike verskynsel gunstig vir ons huidige omstandighede hier; want sowel die priesters as die volk beskou so `n verskynsel as `n teken van God se toorn, en die volk wat in My glo, sal die priesters luidkeels verwyt omdat hulle My vandag wou laat gryp het, en dan sal die priesters dit swaar te verduur kry. Maar dan sal die priesters hulle verontskuldig en die Essene, wat hulle bo alles haat, die skuld in die skoene skuif en hulle hartgrondig verwens en verdoem. Intussen sal die maan weer te voorskyn kom en die priesters sal baie hoogdrawend vir die volk sê: 'Kyk, ontsettende blinde en dom volk, omdat ons die ergste vyande van God nou met ons volkome mag, wat slegs God aan ons verleen het, tot orde geroep het, het die toorn van God weer bedaar, en kan ons weer vry asemhaal en uit groot dankbaarheid ryklik offers in Sy offerkis gee!'

[3] Vervolgens sal daar dadelik weer snags rondgegaan word om te offer, en die blinde, dom volk sal offer soveel hulle maar kan. Maar My talle aanhangers sal weinig daartoe bydra en baie aanwesige Essene sal die Fariseërs uitdaag en op hulle beurt `n prediking hou oor die maansverduistering, soos wat jy dit nie so dikwels sal hoor nie; want die Essene weet presies wat die oorsaak van die maansverduistering is en het dit, net soos verskeie ander, al van te vore bereken, wat hulle die priesters in die teenwoordigheid van die volk sal meedeel.

[4] Dan sal die volk die priesters die vuur na aan die skene lê en baie sal hulle offers terugvra, maar nie kry nie; want die priesters sal hulle vertel dat die offer vir `n bepaalde goeie doel gebruik sal word. Dit sal `n deel van die volk tot bedaring bring, die ander deel sal egter nog erger te kere gaan, sodat daar `n ware onstuimigheid in die tempel en ook buite die tempel sal ontstaan, en die Romeinse wag sal gewapend ingryp en met groot strengheid weer die rus herstel. Kyk, dit alles sal in hierdie nag deur die heel natuurlike maansverduistering veroorsaak word; maar dit sal ons nie in die minste steur nie. Sommiges sal wel hierheen vlug voor die strengheid van die Romeine uit, maar daarvoor hoef ons nie bang te wees nie. - Wel, hoe vind julle dit?'

[5] Almal sê: 'O Heer, buitengewoon, die slegte priesters kom net nog veels te goed daarvan af! Vir hulle sou `n steniging, altans deur die Essene, tog wel in plek wees!'

[6] Ek sê: 'O, dan vergis julle julleself baie! Die steniging met woorde, wat die Essene doen, is baie passender en beter; want hulle gaan aan die volk die natuurlike karakter van die verskynsel duidelik uitlê, en die volk sal die priesters dan eers goed te lyf gaan, en hulle sal van nou af aan die geloof in hulle heeltemal opsê en sal vanweë hulle sweer om nooit weer in die tempel te kom nie. En kyk, so-iets sal vir die tempeldienaars erger wees as wanneer hulle met klippe getrakteer sal word!'

[7] Lasarus sê: 'Heer, as die maansverduistering nie nou dadelik sal begin nie, dan kan ons nog eers die aandete gebruik!'

[8] Ek sê: 'Beste broer, ons het pas `n uur gelede van die tafel af opgestaan, en dit sou dus oordrewe wees om nou al die aandete te gebruik. Laat ons wag tot die hele verskynsel verby is, wat in totaal drie ure sal duur, - dan sal ons wel daarna `n versterking inneem!'

[9] Lasarus was daarmee tevrede en sê vir beide sy susters dat hulle nou geen rekening meer hoef te hou met `n aandete nie, maar wel later met die gereedmaak van `n stewige nagmaal. Daarop vra Lasarus My wat die maan nou eintlik presies was.

[10] Ek sê: 'Beste broer, kyk, dit weet My leerlinge presies, en Ek Self het julle ook al eens - onder vier oë - vertel wat die son, sterre en maan is; maar dit lyk of jy die hele ding nie goed verstaan het nie. Maar dit maak nie saak nie! Ek sal julle geestesoog straks open, en dan sal julle die maan net so kan bekyk, soos die aardse landskap nou, en dit sal beter wees as wanneer Ek julle hierdie dinge met talle duisende woorde sou uitlê.'

[11] Dit vind almal goed en hulle bedank My al by voorbaat.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205