Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die lot van selfmoordenaars. Om die leer te verkondig sonder om `n goeie voorbeeld te gee, is nutteloos. Geloof sonder werke is dood

163 Na die maaltyd staan `n oudste van die genoemde Judese Grieke egter op en sê vir My: 'Heer, ek het tydens die ete diep daaroor nagedink dat jy jou liggaamlike lewe gladnie moet liefhê nie, maar veeleer moet verag en loslaat, om daardeur die lewe van die siel te verkry en te behou! Dit het vir my nou wel taamlik duidelik geword; maar daar bly tog nog `n punt oor wat ek nog nie heeltemal verstaan nie. Daar is ook mense wat ware aartsvyande van hulle eie lewe is, en homself doodmaak as hy om die een of ander rede genoeg daarvan gekry het. Hy sou dan tog sekerlik die lewe van die siel moet verkry! - Wat sê U daaroor?'

[2] Ek sê: 'Het God hulle dan die liggaamlike lewe gegee om te vernietig?! Die lewe van die liggaam is die middel wat God die mens gegee het, waardeur hy die lewe van die siel vir ewig kan en moet verkry. As hy egter die middel te vroeg vernietig, hoe moet hy dan die lewe van sy siel behou en eintlik eers verkry? As `n wewer eers sy weefstoel stukkend slaan en vernietig, hoe kan hy dan daarna sy linne weef? Ek sê vir jou: Selfmoordenaars - uitgesonderd waansinniges - sal moeilik ooit of ook heeltemal nooit die ryk van die ewige lewe besit nie! Want as iemand eenmaal so `n vyand van sy lewe geword het, het hy geen liefde vir die lewe nie; `n lewe sonder liefde is egter geen lewe nie, maar die dood. – Weet jy nou waaraan jy toe is?'

[3] Die Judese Griek sê: 'Ja, Heer en Leraar, nou is dit vir my duidelik, en dit sal vir my ook `n hooftema van U leer wees, wat aan die mense nie genoeg gepreek kan word nie!'

[4] Ek sê: 'Baie goed, - maar vóór alles moet die prediker self heeltemal volgens die orde wees, alvorens hy iemand anders onderrig kan gee; want anders is die onderrig sonder inhoud en laat dit ook by die leerling niks agter nie. As iemand self ywerig doen wat hy leer, sal sy leerlinge hulle ook inspan om net so volmaak te word as hulle meester. As die leerlinge egter dadelik al hier en daar gebreke en onvolkomenhede aan hulle meester ontdek, sal hulle ook baie gou minder ywerig word en uiteindelik sê: 'Die meester is self `n sukkelaar - wat sal tog van ons word?!' En Ek sê vir jullie: Die leerlinge sal so `n meester baie gou die rug toekeer; want `n sukkelaar is altyd iets alledaags en hoort nooit tot die sfeer van die kuns, en nog minder tot die sfeer van die Wysheid nie. Daarom moet julle eers self in alles volmaak wees, dit wil sê, in die leer en die toepassing daarvan, omdat julle andersins nie in staat sal wees om ware verkondigers van My evangelie te wees nie.

[5] Gestel dat daar êrens nog `n ou heldeskool bestaan het, waarin die sterkste en moedigste mense tot oorlogshelde opgelei word. Die meester sou by hulle veral die nadruk laat lê op doodsveragting en sê dat `n lafhartige mens, wat die dood vrees, nooit `n egte held sal kan word nie. As dit dan egter op `n ernstige proef sou aankom, waarby die heldemeester aan sy leerlinge sou moes toon hoe `n mens die dood koelbloedig tegemoet moet tree, en hy sou dan aarsel en uiteindelik self op die vlug slaan, - sou dit sy heldeleerlinge dan tot ware moed aanspoor? Beslis nie, want die leerlinge sou dink: 'Ag, hy wil ons maar net met goedgekose woorde doodsveragting inpraat; maar as dit daarop aankom, is hy honderdmaal banger vir die dood as die bangste van ons! Hy kan maar eerder lafaards in plaas van helde oplei!'

[6] Heel ander reaksies sal die heldemeester oproep as hy ten aanskoue van sy leerlinge `n geveg aangaan met `n leeu, en hom deur sy krag en behendigheid oorwin en in die stof laat byt. Dan sal sy leerlinge hom bewonder en by hulleself steeds meer sin kry om so gou moontlik ook so `n geveg aan te gaan. En die spreuk bly steeds waar, dat slegs die gees van die daad lewe bring, die dooie letter van die woord slegs dood. Want wat self dood is, kan as sodanig geen lewe skenk nie, maar die gees wat deur die lewende daad vorendag kom, maak alles lewend.

[7] Ek sê vir julle: Hy sal nie die ryk van God binnegaan, wat vir My sal sê: 'Heer, Heer!' nie, maar slegs hy wat die erkende wil van My Vader in die hemel sal doen! Dit is nie genoeg dat iemand glo dat Ek die die Messias(Christus), die Gesalfde van God is nie, maar hy moet ook doen wat Ek geleer het, anders het sy geloof geen sin nie; want sonder die werke is die grootste geloof dood en gee aan geen enkele siel die ewige lewe nie. - Besef dit alles goed en handel daarvolgens, dan sal julle lewe!'

[8] Na hierdie les van My vra niemand meer iets nie, want hulle het almal genoeg om oor na te dink en onder mekaar te bespreek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205