Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Invloede van geeste en die vrye wil van die mens. Die bestemming van die siele van diere

165 Lasarus sê: 'Ja, dit sien ek nou maar al te goed in, maar ek kan U tog nie heeltemal verseker dat ek myself, selfs al neem ek my so goed moontlik voor, by gelyksoortige, nare gevalle nie weer sal vererg nie, want om my te vererg het by my al `n tweede natuur geword. Selfs met die beste wil kan ek geen onreg verdra nie!

[2] Maar op hierdie aarde sien jy merkwaardige dinge: Elke mens weet dat hy eenmaal moet sterwe en al die tydelike moet loslaat; hy ken die wette van die goddelike orde en die goddelike wil; hy het insig en verstand om die onware te onderskei van die ware, die bose van die goeie, die reg van die onreg en die nag van die dag; hy weet - deels uit openbaringe en deels dikwels uit self meegemaakte, verligte momente, - dat die siel na die dood van die liggaam voortleef in dieselfde vorm waarin sy op aarde beliggaam was en geleef het; en tog streef hy maar net na die dooie, aardse goedere, keer die goddelike wette bewustelik die rug toe, vertrap al die korrekte, goeie en ware met die voete, haat alles behalwe homself, en begaan die een doodsonde na die ander; hy hoereer, pleeg egbreuk, bedrieg, steel, roof en pleeg moord, en God beteken niks vir hom nie! Ja, dan vra jy jou tog af hoe dit moontlik is dat God dit kan toelaat!

[3] As `n mens dit alles uit eie vrye wil doen, is hy tog wel erger as die Satan en al sy duiwels, waaroor die Skrif herhaaldelik praat; word hy egter net soos Saul deur `n bose gees tot al die bose aangedrywe, sodat hy onmoontlik iets goeds kan doen terwyl hy tog die goeie en ware insien en as sodanig erken, dan is hy self, omdat hy deur onsigbare kragte gedwing word, tog sekerlik duidelik onskuldig, en die skuld lê dan by die bose verleier en ten dele - eerlik gesê - ook by Hom wat die versoeking vir die arme, swak mens toelaat. Want teen `n sigbare vyand kan mens hom op allerlei wyse beskerm, maar wie kan hom teen `n onsigbare vyand beskerm en daarmee `n beslissende stryd aangaan, soos wat `n gees die mens totaal gevange kan neem en selfs op die menslike wil `n geweldige druk kan uitoefen? - Kyk, Heer, dit is merkwaardige dinge, wat selfs die verstandigste en beste mense nie kan tuisbring nie!

[4] As die mens sonder enige bose invloed van iemand anders, suiwer uit eie vrye wil die bose doen, dan vind ek hom `n afskuwekkende sondaar, wat as sodanig uit alle goeie gemeentes verwyder moet word - want so `n onmens verdien volgens my oordeel sekerlik vir ewig niks beter nie, as hy sy lewe nie ernstig in alle opsigte wil verbeter nie, - maar wie kan iemand wat deur `n duiwel verlei is, veroordeel?! So `n veroordeling sou vir my dieselfde wees as die straf van iemand wat `n gevaarlike siekte gekry het. - Heer, lê My ook dit eers goed uit!'

[5] Ek sê: 'Ja, beste broer, Jou oordeel oor hierdie saak bevat baie goeie dinge, en Ek kan nie vir jou sê: 'Kyk, nou het jy verkeerd geoordeel nie!' Maar tog is die saak aanmerklik anders, en daarom is jou oordeel heeltemal misplaas!

[6] Op `n wêreld, waar dit daarom gaan dat die mense tot volmaakte kinders van God opgevoed word, moet hulle, behalwe `n vrye wil en `n helder verstand, ook deur God gegewe wette hê waarin God se wil duidelik na vore kom, en hulle wil moet die wette aanvaar en toepas. Maar hoe sou hulle dit kan doen as daar in hulle ook geen kragtige prikkel sou wees om die wette nie te hou nie?

[7] Hierdie teenoorgestelde prikkel verskaf die menslike wil immers volmaakte vryheid en gee hom ook die volledige krag om hom te weerstaan en die gekende wil van God in die plek daarvoor te stel.

[8] Ek sê vir jou: `n Mens wat nie in homself die volledige vermoë besit om `n voltooide duiwel te word nie, kan ook nooit `n volledige op God lykende kind van God word nie.

[9] Sou die oneindigheid van die ruimte nog wel `n oneindigheid wees as dit een of ander beperking het, of sou God wel volkome almagtig wees as dit vir Hom onmoontlik sou wees om ook maar die kleinste ding te skep? Of is God minder God omdat Hy naas heilsame kruie ook skadelike, giftige plante geskape het, en omdat Hy die talle onkruid net soos die koring van saad voorsien, sodat dit net soos die edel plante kan voortwoeker?

[10] Kyk, soos wat geen enkele beperking in God Self kan optree nie, in watter vorm dan ook, - nóg na bo nóg na benede, eweso kan en mag daar ook in die mens, waaruit `n egte kind van God moet ontstaan, nooit enige beperkende optrede wees nie - nóg na bo nóg na benede; - want met so `n beperking sou die mens geen mens meer wees nie, maar slegs `n meer intelligente dier, wie se wil maar net `n skyn van vryheid het, die dier daardeur juis tot die sake gedryf word waarvoor dit `n instinktmatige moontlikheid besit, - maar ewigheid ook geen haar meer as dit nie!

[11] Uit `n eenvoudige dieresiel kan daar egter nooit `n mensesiel ontstaan nie, en daarom sê mens ook dat die dieresiel met die dier sterf, - wat egter natuurlik maar net so verstaan moet word, dat `n dieresiel na die dood van die dier, byvoorbeeld van `n os, volledig ophou om die siel van `n os te wees, omdat sy haar by die verlaat van die diereliggaam dadelik met nog baie ander vrye dieresiele tot `n nuwe, volmaakte siel verenig, haar gedurende enige tyd kwalifiseer as mensesiel en vervolgens in `n menseliggaam tydens die verwekking opgeneem kan word, - `n ou wetenskap, wat by die oervaders baie duidelik en volkome gebruiklik was en by die bo-Indiërs nog hede ten dage baie voorkom.

[12] Maar om nou nog verder daaroor te praat, sou nutteloos wees, omdat dit volkome voldoende is as die mens besef dat hy mens is, en daardeur God as sy Skepper, Weldoener en uiteindelik as sy enige ware Vader erken, aan Wie hy as mens in sy gees volledig in alles gelyk moet en ook kan word, as hy maar wil. Sê My nou eers of jy dit alles goed verstaan het!'

[13] Lasarus sê: 'Ja, Heer en Leraar van die ewigheid! - Maar die aand breek nou vinnig aan. Wat sou U daarvan sê as ons weer na binne gaan?'

[14] Ek sê: 'Laat ons dit doen! Maar sê die leerlinge niks oor alles wat ons hier onder mekaar bespreek het nie; want hulle weet eintlik baie oor die dinge, en daarom is dit glad nie nodig om dit weer vir hulle te vertel nie. Ons sal nou vannag nog `n klein skouspel beleef, maar dit sal nie angswekkend wees nie; daarom moet jy ook nie bang wees wanneer dit gebeur nie. Maar nou gaan ons, anders word ons gehaal, want jou susters het al die aandete gereed!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205