Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 170

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer gee onderrig in die tempel

(Evangelie van Johannes 7: 37-49)

170 Toe ons in die tempel kom, hou die leerlinge hulleself meer op die agtergrond en meng hulle met die volk om te hoor wat daar oor My gesê word.

[2] Ek gaan egter in die middel in die tempel op `n verhoog staan, terwyl allerlei feesseremonies nog vol aan die gang was, en roep Ek hardop tot die volk: 'Wie dors het, kom na My en drink!' (Johannes 7, 37)

[3] Toe merk `n paar Judeërs, wat om My heen staan, dit op en sê: 'Wat het U dan vir ons te drinke?'

[4] Daarop sê Ek: 'Wie in My glo, soos wat die Skrif sê, uit sy liggaam sal stromende water stroom!' (Johannes 7, 38)

[5] Toe kyk die Judeërs mekaar aan, en vra hulle af wat dit kan beteken; want hulle wis nie dat Ek maar net oor die Gees gepraat het wat diegene sou ontvang wat in My glo nie. Want - soos wat Ek al meermale uitgelê het - die Heilige Gees kon vóór My verheerliking nie hier aanwesig wees nie, behalwe in My. (Johannes 7, 39)

[6] Baie uit die volk, wat hierdie woorde gehoor het, sê egter onder mekaar: 'Waarlik, die Galileër praat soos `n ware profeet en is dus ook `n volkome egte profeet.' (Johannes 7, 40)

[7] Ander weer, wat My beter deur My dade geken het, sê: 'Watter profeet, watter profeet! Hy is die Messias(Christus), die beloofde Messias! Want selfs God kan geen groter dinge doen as wat Hy doen nie!'

[8] Maar sommiges vra: 'Moet die Messias(Christus) dan wel volgens die Skrif uit Galilea kom? (Johannes 7, 41) Sê die Skrif nie: 'die Messias(Christus) sal van die geslag van Dawid wees en uit die gehuggie van Bethlehem kom nie, waar Dawid geleef het'?!' (Johannes 7, 42)

[9] Toe sê sommiges, wat goed op hoogte was van My afkoms en My geboorte: 'Ja, as julle dit verlang, dan is dit by hierdie profeet sonder meer van toepassing! Ten eerste is hy `n seun van Josef, die alombekende timmerman uit Nasaret, en van Maria, `n dogter van Joachim en Anna, en dit is bewys dat hulle beide van die stam van Dawid is. En ten tweede weet elkeen dat Hy in Bethlehem in `n stal tydens die algemene volksregistrasie van keiser Augustus gebore is, en agt dae daarna deur Simeon besny is en die Naam Jesus gekry het. Waarom twyfel ons dan nog of Hy die Messias(Christus) is?'

[10] Daar was dus op hierdie wyse verdeeldheid onder die volk oor wie Ek eintlik was. (Johannes 7, 43)

[11] Etlike vriende van die Fariseërs word egter deur die ander Fariseërs aangepor om My te gryp; want die tempeldienaars kon nie meer verdra dat selfs die bestes onder die volk My as die Messias(Christus) begin aanroep nie. Daar kom toe `n paar na My toe om My te gryp; maar in My nabyheid verloor hulle moed en geeneen van hulle durf `n hand na My uitsteek nie. (Johannes 7, 44) Behalwe aan hulle vriende, gee die Fariseërs ewe-eens aan hulle knegte opdrag om My te gryp en na hulle toe te bring; maar ook hulle bly by My staan, en luister na die manier waarop Ek die volk die gebod van God en die gebod van die liefde uitlê, soos wat Ek dit op ander plekke al dikwels uitgelê het, sodat die reeds dikwels gegewe uitleg nie ekstra hier vermeld hoef te word nie. Die knegte sien egter ook die groot volksmenigte wat in My glo, en durf My ook daarom nie gryp nie.

[12] Toe Ek tydens die lering `n pouse hou, keer die knegte onver­rigtersake na die Fariseërs terug. Toe hulle egter weer sonder My terugkom, vaar die Fariseërs woedend teen hulle uit en sê: 'Waarom het julle Hom nie gegryp en na ons toe gebring nie? Sien julle dan self nie in dat Hy ons juis in die middel van die pragtigste fees steur en bowendien nog die hele volk by ons wegvat nie? Waarom het julle Hom dan nie gegryp en vir Sy verdiende straf aan ons oorgelewer nie?'

[13] Toe antwoord die knegte: 'Luister, daar het nog nooit `n mens so wys gepraat soos hierdie Galileër nie! (Johannes 7, 46) Hy moet werklik met God se Gees vervul wees!'

[14] Toe antwoord die Fariseërs: 'Wat beweer julle nou? Is julle dan ook al deur hom verlei? (Johannes 7, 47) Is daar dan ook maar één Fariseër of owerste wat in hom glo?! (Johannes 7, 48) Nee, - maar slegs die dom volk, wat niks van die wet weet nie en daarom vervloek is!' (Johannes 7, 49)

[15] Toe sê die knegte: 'Ons het julle die laaste keer al gesê hoe dit met julle volk staan wat deur julle vervloek is, en daarby bly dit! As julle egter nie daarmee eens is nie, gaan dan self onder die volk en sê dat hulle vervloek is omdat hulle in die Galileër glo, - dan sal die volk julle goed laat sien hoe tevrede hulle met julle vloek is! Julle het julle kennelik voorgeneem om elke andersdenkende te verdoem, sonder om te ondersoek of die geloof van die naaste miskien nie in menige opsig beter is die van ons nie! Maar ons as baie gewone knegte vind dit nie waar nie; want solank God `n mens nie rig en verdoem nie, solank moet ook ons sterflinge Hom nie vooruitloop nie, en die Alwyse op die manier te verstane gee dat ons aardse wurms nog wyser as Hy is. Vervloek ook maar eers die geloof van die Romeine - maar wel baie openlik!, - hulle sal julle dan wel vertel wat hulle van julle oordeel dink!'

[16] Die Fariseërs sê: 'Verdwyn, want ons sien dat julle ook al verlei is!'

[17] Die knegte sê: 'Sleg genoeg van julle dat julle ons en die volk geen beter onderrig kan gee nie! Want julle kan tog nie van ons eis dat ons eerbied moet hê vir julle valse, miserabele wonderwerke nie, terwyl ons steeds self met die wonderwerke saamhelp en heimlik die wonderwerke produseer?! Die wonderwerke boesem egter nog altyd eerbied vir julle by die volk in, terwyl al julle preke en lesse, omdat hulle heeltemal teen Moses ingaan, selfs vir die allerdomste mense te dom en te sleg is! Julle kan ons egter niks aandoen nie, anders verraai ons al julle ou, niksseggende wonderwerke aan die volk, en dan moet julle maar sien hoe julle met die volk gaan klaarkom!'

[18] Toe word die Fariseërs vriendeliker teenoor die knegte, waarna hulle weggaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205