Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 173

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die beskouing van die Heer by die aanblik van Jerusalem. Die oordeel oor Jerusalem

173 Binne `n uur was ons met die maaltyd klaar, staan van die tafel af op en gaan dadelik na buite; want daar was, veral by die aandlig na die ooste toe, `n baie mooi uitsig, en dit kom ons by ons beskouing baie goed te pas.

[2] Toe ons so na die groot, uitgestrekte stad met haar talle paleise kyk, sê Lasarus: 'Hoe het hierdie stad tog nie `n lieflike uitstraling nie! En wat `n skande dat `n deel van die mense vir al die ander `n goeie voorbeeld moes wees!

[3] Daar benede lê die tempel, waarvoor die groot Dawid as die man na God se hart reeds die materiale byeengebring het. Salomo, sy seun, het hom gebou, sodat die hele Judese volk hulle op die vasgestelde tye daar kon versamel en aan God eer kon gee. Maar wie eis nou die eer van die mense op? O, lankal nie meer God nie, maar die ellendige Fariseërs, skrifgeleerdes en die hoëpriesters! Die ou, wonderbare ark van die Verbond het al sedert byna vier-en-twintig jaar oorgegaan na die argief van die dooie, kragtelose relikwie, en die nuwe is dood en het geen krag meer nie; maar tog offer die blinde Judeërs nog meer daaraan as wat hulle ooit aan die ou, egte ark geoffer het.

[4] Daaraan sien jy tog wel baie duidelik hoe die miserabele tempelhere die arme, onskuldige volk bewerk, en dat hulle hoegenaamd nie aan `n egte en enige God glo nie, omdat hulle Sy wette, wat hy aan Moses en alle ander profete gegee het, so skandelik onder hulle voete vertrap, en in plek daarvan hulle eie voorskrifte aan die volk oplê, onder bedreiging van die dood, wat as suiwer waansin, deur geen enkele verstandige mens meer geglo kan word nie. O wat `n groot skande! Alles sug onder die ondraaglike las, wat vernaamlik van die kant van die tempelhere af kom, en tog het niemand die moed om hierdie baie duidelike volksbedrieërs in hulle gesigte te spuug nie, en om hulle te wys op die groot misdade wat hulle teen die mensdom bedrywe nie.

[5] Slegs U, o Heer, het die mense se oë geopen, met die doel om hulle nou te laat sien waaraan hulle met die tempeldienaars toe is. Maar ook dit help slegs weinig, want desondanks doen hulle tog op die brutaalste wyse in die wêreld wat hulle wil, en geen bestraffende bliksem skiet uit U wolke op hulle neer nie! U, o Heer, is nou Self aanwesig op hierdie aarde as `n mens met `n liggaam, - `n verskynsel wat sy weerga nie gevind het in die hele verbygegane ewigheid nie, en dat dit die hoogste barmhartigheid is wat God aan Sy skepsele geskenk het. Duisende en nogmaals duisend mense, waaronder selfs talle heidene, erken dit met die grootste vreugde en dankbaarheid, en hulle daar benede hoor hardop van alle kante en van groot en klein hoe hierdie heilige waarheid bevestig word. Maar in plaas daarvan om hierdie boodskap met alle blydskap as volledig waar aan te neem, vervloek hulle nog die volk wat dit wil aanvaar as die waarheid! Dan vra jy jouself af: Wat is sulke dieragtige mense dan werd?'

[6] Ek sê: 'Beste broer, bekommer jou tog nie so nie; want jy sien immers dat alles op hierdie wêreld sy bepaalde tyd het, en dat jy geen ou seder soos `n dun stok oor jou knie kan breek nie! Kyk, Ek wil en sal nou nog `n aantal dae hier deurbring en daagliks gedurende sewe dae onderrig gee in die tempel. Wie hom wil bekeer, sal goed daaraan doen; wie egter in sy blindheid, en daardeur ook in sy slegtigheid, wil volhard, sal omkom op die dag van die oordeel wat oor Jerusalem sal losbars en alle skepsele ten gronde sal rig.

[7] Kyk julle almal maar eers goed na die groot stad! Helaas, geen klip sal op die ander gelaat word nie! Maar alle blindes en alle swanger vroue sal smeek dat die oordeel tog maar nie op `n Sabbat sal losbars nie, omdat hulle dink dat julle op `n Sabbat nie kan en mag vlug nie; want dan kom daar geen Judeër lewend daarvan vanaf nie.

[8] Maar voordat die oordeel oor al hierdie goddeloses sal kom, sal nog talle, groot tekens eers aan die hemel en op aarde gebeur. Dan sal die oordeel en die einde van hierdie stad egter nog nie kom nie; want daar sal gewag word of iemand hom nie sal verbeter of bekeer nie. En slaan mense geen ag op die tekens nie, dan sal daar `n groot beproewing toegelaat word, sodat die mense hulle tot God kan bekeer. As dit egter ook geen uitwerking sal hê nie, sal Ek nog profete stuur, wat met hulle harde stem, wat sal klink soos oorlogsbasuine, in al die vier windstreke sal probeer om diegene wat egter geestelik dood is, te wek. Hy wat hom laat wek tot die lig van die lewe, sal ook in die ewige lewe opstaan; maar diegene, wat op die basuingeroep van My bodes slegs sal ontwaak in hulle toorn en woede teen My en My woord, sal opstaan - maar nie tot die lewe nie, maar tot die dood deur die oordeel, - en na die plek uitgewerp word waar die ewige duisternis heers in die oordeel, waar daar baie gehuil en tandegekners sal wees.

[9] Wanneer die oordeel egter kom, laat elke regverdige dan vlug! Wie dan reeds op die dak van die kennis van die suiwer, goddelike waarhede staan, laat hy nie meer afdaal in die huis om `n ou Joodse mantel (voorskrifte van die Fariseërs) te gaan haal nie, maar laat hy op sy nuwe verligte hoogte bly! En wie hom reeds op die veld van sy nuwe werk, volgens My leer, bevind, laat hy nie na sy ou geboortestreek van die blinde en waardelose seremonies terugkeer nie, maar laat hy op sy nuwe veld bly, dan sal hy sy lewe behou!

[10] Dan sal dit egter gebeur dat daar twee in een en dieselfde huis sal wees wanneer die oordeel kom; dan sal die een gered word en die ander sal ten gronde gaan. Wie volgens My leer sal handel, sal gered word; wie egter My leer sal hê, maar volgens die ou suurdeeg van die Fariseërs sal handel, sal ten gronde gaan.

[11] Eweso sal daar twee op die veld wees en twee by `n meule; dan sal die een ook opgeneem word tot die lewe en die ander in die oordeel gelaat word. - Vermy jy dus die ou suurdeeg van die Fariseërs, want helaas, daarmee sal niemand die oordeel ontsnap nie!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205