Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Oor die werkers in die wingerd. Doel, wese en werking van die openbaringe

176 Ek antwoord Lasarus en ook die ander leerlinge, omdat hulle met die opgewonde mening van Lasarus eens was: 'Luister, Ek sal julle hier `n gelykenis vertel; wat julle die antwoord op die vraag van Lasarus sal gee!

[2] Daar was eendag `n meester wat arbeiders vir sy wingerd gehuur het. Hulle kom die môre en die meester kom met hulle ooreen vir `n stuiwer per dag. En om twaalfuur gaan hy na `n plek waar hy nog mense sonder werk aantref en hy sê: 'Waarom is julle nie aan die werk nie? Gaan na my wingerd, dan gee ek julle waarop julle reg het!' En hulle gaan daarheen en werk. Maar teen die aand sien die meester van die wingerd nog `n aantal werkers werkloos rondstaan. En hy gaan daarheen en sê aan hulle: 'Waarom staan julle die hele dag en niksdoen nie?' En hulle antwoord: 'Heer, niemand het ons gehuur nie!' Toe sê die meester aan hulle: 'Wel, gaan julle dan ook na my wingerd, en werk die een laaste uur van die dag, dan sal ek julle ook nog gee waarop julle reg het!' Toe gaan hulle heen en werk nog vol ywer die laaste uur van die dag.

[3] Die aand roep die meester eers die arbeiders wat vanaf die oggend gewerk het en gee elkeen die afgespreekte stuiwer. Toe roep hy hulle wat slegs `n halwe dag gewerk het, en gee ook elk `n stuiwer. Daarna roep hy hulle wat slegs `n uur gewerk het en gee elkeen ook `n stuiwer.

[4] Toe sê diegene wat die hele dag gewerk het: 'Heer, waarom gee u hulle wat maar `n uur gewerk het, dieselfde as ons, wat tog die hele dag moeite en hitte moes deurstaan?' Toe sê die meester: 'Wat gaan dit julle aan as ek goed en barmhartig is? Is ek dan onregverdig as ek uit My goeie wil ook die laaste dieselfde gee as julle? Het ons dan nie oor `n stuiwer ooreengekom nie? Julle het self nie meer gevra nie! En as ek julle nou gee wat julle gevra het, wat wil julle dan nog meer van my hê? Is ek dan nie meester oor my eie vermoë waarmee ek kan doen wat ek goeddunk nie?!' Daarop het die eerste arbeiders geen antwoord gehad nie en hulle was toe tevrede met hulle dagloon.

[5] En Ek sê aan julle almal dat ook My Vader wat in My is, by julle dieselfde sal doen, - en dan sal ook die eerstes die laastes en die laastes die eerstes wees.

[6] Die wynstokke in die wingerd stel die oorspronklike mense van hierdie aarde voor wat bewerk moet word. Hulle het geen diensverband met My nie, maar hulle moet bewerk word om `n goeie vrug te lewer vir JaHWeH God.

[7] Alle profete is egter, soos wat julle nou hier is, wat betref hulle siel, nie afkomstig van hierdie aarde nie, maar hulle is van bo aangestelde werkers, en het eers `n deeglike kontrak met My gesluit ten opsigte van die verkryging van die kindskap van God, wat slegs op hierdie aarde moontlik is.

[8] Alle groot profete vanaf die begin tot op hede, julle ingereken, wat `n groot openbaring ontvang, is die eerste gehuurde werkers vir die wingerd van die Heer.

[9] Die klein profete, wat slegs `n halwe diens moet verrig, naamlik die instandhouding van die eens gegewe groot openbaring, is diegene wat in My Naam na julle toe sal kom, wat ook wel self bepaalde kleinere openbaringe sal ontvang en daarmee voorspellings sal doen, maar die krag en mag wat Ek julle gee, sal hulle nie besit nie. Hulle sal ook dieselfde loon ontvang, omdat hulle geloof sterker moet wees; want omdat hulle nie sien wat julle nou almal sien en meemaak nie, sal hulle geloof wat uit hul vrye wil voortkom, ook as `n groot lewensverdienste toegereken word. Wanneer hulle dus dieselfde loon sal kry as julle, bedink dan dat hulle dit moeiliker sal hê om dit te glo wat nou tot heil van alle skepsele gebeur, omdat hulle nie soos julle getuie van dit alles was nie.

[10] Ten slotte sal daar nog heelwat later nogmaals, vlak voor `n groot oordeel, sieners gewek en toegelaat word, wat kortliks met groot inspanning sal moet werk om die baie onsuiwer geworde leer te suiwer, sodat dit behoue kan bly en nie deur die meer verligte denkende mensdom as ou priesterbedrog verwerp sal word nie. Hierdie derde groep arbeiders in My wingerd sal nie deur groot wonderdade nie, maar slegs deur die suiwer woord en die Skrif werk, sonder om een of ander opvallende openbaring te kry as net die innerlike, lewende woord in hulle gevoel en in hulle gedagtes van hulle hart, en hulle sal vol wees van helder, verstandige geloof en so, sonder wonderwerke, die verdorde mensewynstokke in My wingerd oprig, en dan van My ook dieselfde loon kry as wat julle as arbeiders vir `n hele dag sal kry; want dit sal vir hulle baie moeiliker wees om vas en sonder twyfel dit te glo wat meer as duisend jaar vóór hulle hier gebeur het.

[11] Ook al lê die groot openbaringe dus behoorlik ver uitmekaar, tog sorg God steeds daarvoor dat daar altyd dadelik weer nuwe gewekte sieners onder die mense kom, sodra die lesse van die groot openbaring enigsins onsuiwer begin te word, en dit gebeur op so `n manier dat die vrye wil van geen enkele mens enige dwang daarby ondervind nie. Want die groot openbaringe word juis lang tye na mekaar gegee om daarvoor te sorg dat die vrye wil van die mense so min as moontlik aangetas word.

[12] Wanneer die wêreld die mense uiteindelik weer te ver van hulle geestelike baan laat afwyk het, bly daar natuurlik niks anders oor as om oor te gaan tot `n groot openbaring, wat egter altyd `n oordeel met hom saambring, omdat die openbaring self `n treurige oordeel vir die mense is. Want solank jy die dooie hout nie aansteek nie, sal dit nie brand nie; maar die vuur ontsteek dit. En kyk wat die vuur vir die hout is, dit is `n groot openbaring vir die mense. - Verstaan julle dit nou?'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205