Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die profete as draers van die openbaring. Liggelowigheid en onvoorwaardelik geloof

177 Lasarus sê: 'Ja, ek verstaan goed wat U daarmee wil sê; maar ek het nog `n bygedagte, waarvan ek nog nie so presies weet wat ek daarmee moet maak nie. Moet al die mense wat dus direk `n groot openbaring kry, beskou word as mense wat onder die oordeel val? En kan slegs hulle `n seën van die groot openbaring verwag, wat slegs indirek, dus suiwer wat hulle geloof aanbetref, daaraan deel het?

[2] Dit is dan tog wel baie nadelig vir die oorbringers van die openbaring, omdat, hulle vanuit hulle herkoms al beter en suiwerder mense was, wat in staat moes gewees het om `n belangrike, groot openbaring in hulle op te neem en goed te verstaan. Want die eintlike, suiwer wêreldse mense sou `n groot openbaring immers nooit sonder meer kan verstaan nie, omdat hulle selfs die kleinste openbaring nie kan verstaan nie, maar staan daarby soos hoenders wat `n bliksemstraal uit die wolke sien skiet.'

[3] Ek sê: 'Wie sê dan dat oorbringers van `n groot openbaring as mense gesien moet word wat onder die oordeel val? Ek sal tog wel presies weet wie Ek moet kies om die hoof verantwoordelikheid te dra van `n groot openbaring, sodat dit self geen skade ly nie!

[4] Moses het sonder meer die verantwoordelikheid van `n baie groot openbaring gedra; maar onder hom was daar baie, wat slegs indirek aan die openbaring deel gehad het en uiteindelik tog baie vaster geglo het as Moses self, wat by homself getwyfel het aan die belofte dat Ek die Israeliete die Beloofde Land, waar melk en heuning stroom, sou gee. Omdat Moses die belofte nie volkome geglo het nie, mag hy die Beloofde Land wel gesien het vanaf `n hoë berg, maar self nie ingegaan het nie.

[5] Dit bewys egter meer as voldoende dat niemand van hulle, wat die verantwoordelikheid van `n openbaring dra, self ooit gebonde was nie, en van nou af aan nog minder as ooit gebonde sal wees, maar vir hulleself altyd volkome vry sal bly in geloof en handeling, die enigste waardeur hulle salig kan word; want iemand word nie salig omdat hy die verantwoordelikheid van `n openbaring dra nie, maar slegs wanneer hy die openbaring self glo en daarvolgens leef.

[6] Dieselfde is dan ook met julle almal die geval. Julle is nou deur My dade natuurlik meer gedwing om te glo dat Ek die die Messias(Christus) is en dat My woorde God se woorde is, as hulle wat slegs mondelings die evangelie van julle sal hoor. Maar daarenteen sal daar by julle nog genoeg twyfel oor My opkom, waardeur julle geleentheid sal hê om julleself in julle geloof te versterk. Want wanneer die herder geslaan sal word, sal die skape vlug en heeltemal verstrooid raak; maar op die regte oomblik sal Ek hulle wel weer versamel en hulle geloof versterk. Dus val niemand wat die verantwoordelikheid van `n ware openbaring dra, onder die oordeel nie. Want ten eerste kom so iemand altyd van bo en kan `n openbaring hom nie ekstra dwing nie, omdat sy siel reeds `n voorproef gehad het van die liggaamlike lewe op `n ander aarde en daarom beslis baie deegliker en vaster is as `n siel wat haar eers op hierdie aarde tot een geheel moes vorm; en ten tweede word aan die siel van so `n profeet ook groter geloofsproewe opgelê as aan `n siel van hierdie aarde, wat dikwels maar al te liggelowig is. `n Siel van hierdie aarde het genoeg aan die woord en het nouliks `n teken nodig. Maar siele wat van bo kom, het meer nodig, want hulle glo nie so gou nie en het ook duideliker en groter bewyse nodig voor hulle van geloof vervul sal word en daardeur tot dade oorgaan.

[7] Ja, as Ek nou byvoorbeeld na Persië sou gaan, of na Indië of Athene of na Rome, en daar sulke tekens sou doen soos wat Ek al hier by julle gedoen het, dan sou geen mens daar ooit iets anders durf doen as wat Ek voorgeskryf het nie. Sulke suiwer aardse siele sou duidelik in `n hoë mate hulle vryheid kwyt wees, en met die beproewing van hulle vrye wil sou dit dan vir `n lang tyd heeltemal gedaan wees. Maar My tekens skaad julle nie in die minste nie, omdat julle absoluut nie liggelowig is nie; want voor mens julle sover het dat julle vas en verseker glo, moet mens julle ook al baie laat sien het, en selfs dan sit julle nog vol met allerlei twyfel en vra nou eers dit en dan weer dat. Wie dit egter by My doen, het geen gedwonge geloof nie, maar `n vry geloof; want hy eis om volledig in te sien en te verstaan wat hy glo, en wat hy nie insien en verstaan nie, glo hy ook nie.

[8] Die beste bewys daarvoor is dat Ek dadelik moet uitlê en bespreek wat julle van My hoor. Julle weet tog wie Ek is, en sou ook, sonder dat Ek alles spesiaal moet uitlê, van My kan glo wat Ek julle leer. Maar dit doen julle nie, en julle het My al enkele kere laat blyk dat julle My in verband met `n baie geheime leer nie geglo het nie; en julle sê My in My gesig dat dit `n harde leer is; en dit is nog geen sewe dae gelede nie dat julle My almal verlaat het, ook vanweë lesse wat julle nie verstaan het nie.

[9] Daaruit blyk dit dat julle siele sterker is as die siele van die eintlike kinders van hierdie wêreld. Sulke mense soos julle nou, sal daar altyd op hierdie aarde wees, en Ek sal hulle opwek en ook, net soos julle, uit My die innerlike woord van die Gees gee, en hulle sal die eintlike kinders van hierdie aarde onderrig, waardeur hulle wil heeltemal vry sal bly. Die leraars mag hulle daarom egter nie inbeeld dat hulle as leraars en wyses hoër by My aangeskrewe staan as die kinders van hierdie aarde nie; want Ek sê steeds, en dit sal altyd geld: Laat hierdie kleintjies na My toe kom en belet hulle nie! Want wie nie word soos hierdie kinders nie, sal My ryk nie binnegaan nie, want dit behoort aan hulle en dit is ter wille van hulle gemaak. Wie egter `n wyse is en derhalwe `n leraar en daarby van ganser harte deemoedig en sagmoedig is, hulle sal eendag ook daar wees, waar Ek as `n ware Vader van ewigheid tot ewigheid te midde van My kinders sal wees!

[10] Toe alle leerlinge die onderrig van My gehoor het, swyg hulle en hulle weet nie wat hulle vir My moet sê nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205