Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Twee soorte mense op aarde: siele van bo en siele van benede

178 Slegs Lasarus vra: 'Heer en Leraar, is ek dalk ook een van bo?'

[2] Ek sê: 'Ongetwyfeld, want anders sou jy die tekens wat Ek jou al meermale laat sien het, nie so rustig en gelykmoedig aanvaar het, asof dit iets heel natuurliks was nie. Alles het jou maar net op die oomblik wat dit gebeur het verras, - enkele oomblikke later het jy jou nie meer daaroor bekommer nie; want jy het by jouself gedink: `n Mens kan onmoontlik iets dergeliks soos die vlug van die voëls deur die lug tot stand bring. Maar omdat Ek nou eenmaal volledig God is, is dit ook volkome natuurlik dat alles vir My net so moontlik moet wees soos die vlieg van `n voël deur die lug, en daarom is dit beslis net so `n wonder soos alle ander dinge wat deur My geskape is. Die maan, die son, die sterre en hierdie aarde en alles wat daarin, daarop en daarbo is en leef en beweeg, is blywende wonderwerke van My Wysheid en Mag, en die huidige wonderwerke is slegs `n verbygaande getuie daarvan dat Ek presies Dieselfde Een is wat reeds van die ewigheid af die oneindigheid met tallose, blywende wonderwerke gevul het. Jy dink dat wanneer Ek as God wonderwerke doen, dat niks wonderbaarlik is nie, maar dat die eintlike wonderbaarlike aan My, My onbegryplike liefde vir julle, My skepsele is, en My groot vriendelikheid en onselfsugtige goedheid, sagmoedigheid, geduld en groot deemoed vir die mense, wat Ek met één sug in die suiwerste niks sou kon laat verdwyn.

[3] 'Ja', sê jy verder by jouself, 'as `n mens ook dit sou kon doen, sou dit wél `n wonder wees; so goed as wat dit baie wonderbaarlik sou wees as `n mens hom soos `n voël in die lug sou kon verhef en in die lug sou kon rondsweef.'

[4] Kyk, as jy nie van bo was nie, sou jy dit nie kon bedink nie, en Ek sou, om jou vrye wil oor te sien, sulke tekens soos wat Ek dit gedoen het, wyslik nie gedoen het nie! Hulle daar benede is egter nie van bo afkomstig nie, maar van hierdie wêreld, en Ek mag hulle daarom nie sulke tekens laat sien soos aan jou en My leerlinge nie. Hulle mag maar net van hoorsê daaroor praat, maar nie baie daarvan sien nie; want as hulle die groot tekens sou sien wat Ek doen en gedoen het, sou dit hulle volledig gedood het. Daarom moet hulle slegs aan My woorde knaag.

[5] Maar hulle sal ook nog wel `n teken gegee word, maar geen ander as die van die profeet Jona nie; want soos wat hy slegs drie dae in die buik van die vis gebly het en toe lewend op die oewer geplaas is, so sal ook Ek drie dae in die graf deurbring en dan weer lewend te voorskyn kom, tot groot skrik en oordeel vir hulle daar benede.

[6] Onthou dit alles goed, dat die kinders van hierdie aarde nie deur tekens nie, maar slegs deur die lewende woord vir My ryk gewen moet word! Want die meeste kinders van hierdie aarde - as hulle nie al te veel bederf is deur allerlei valse tekens nie - is liggelowig, maar nie te traag van begrip nie - en kan daarom deur die korrekte woorde gou en maklik vir die waarheid gewen word; maar deur te opvallende tekens sou hulle al hulle eie denke en wil volkome kwyt wees. - Weet jy nou, Lasarus, of jy van bo of van benede kom?'

[7] Lasarus sê: 'Ja, ek sien nou goed in dat ek ook op die een of ander manier van bo gekom het; maar hoe kan ons dan sien, wie van die mense wat ons teëkom, van bo of van benede afkomstig is?'

[8] Ek sê: 'As dit nodig is, sal die Gees in jou dit wel vir jou sê. Maar daar is ook `n uiterlike teken wat selde bedrieg, waardeur die goeie aan `n mens dadelik te sien is, waarvandaan hy kom wat sy siel aanbetref.

[9] Kyk, die siel hou ook in haar noodsaaklike, duistere liggaam `n seker gevoel van waar sy vandaan kom, en rig selfs haar liggaamlike ore en veral haar oë graag in die rigting van waar sy oorspronklik vandaan gekom het. Mense wat hulle blik graag na bo rig en graag berge klim, en ook graag geluide hoor wat êrens van bo-af hulle oor bereik, is sekerlik ook van bo afkomstig. Maar mense wat hulle blik vernaamlik na die grond rig, en daarin rondwoel en allerlei skatte soek, en maar selde hulle oë en ore na bo rig, is ook baie sekerlik van benede afkomstig. Op hierdie wyse kan julle, as julle daarop let, baie goed sien wie jy voor jou het.

[10] Mense wat van bo afkomstig is, is gewoonlik ook baie vindingryk en bevind hulleself op die gebied van kunste en wetenskappe; maar hulle neem nie alles so sondermeer aan nie, want hulle wil alles baie duidelik bewys sien. Die Griek Philopold in Kana by Kis het nie voorheen geglo nie, eers nadat Ek hom die sonaarde getoon het waarop hy vir die eerste keer `n liggaam gehad het; en bykans alle sinici is presies net so. Vir hulle sou jy wêrelde kon skep sonder dat dit meer indruk op hulle sou maak as by `n mens van hierdie aarde waarvoor jy sal sê: 'Gaan en doen dit!' Hulle sal jou nouliks vra: 'Ja, maar waarom dan?', maar hy sal dit gelowiglik doen, omdat `n wyse mens dit vir hom gesê het; die rede hoop hy dan nog om vroeg genoeg te ervaar. Maar `n mens wat van bo kom, sal jou aankyk en ernstig vra: 'Waarom moet dit gedoen word? Sonder rede doen ek niks nie! Verklaar jouself beter, dan sal ek wel sien hoe belangrik dit is wat jy sê: Gaan en doen dit!'

[11] Want Ek sê vir julle dat dit baie belangrik is dat julle julleself daarvan vergewis met watter soort mens jy as leraar te make het, en met watter wynstokke in My wingerd geplant word; want dieselfde woord kan die beste, maar ook die slegste gevolge hê, as mens dit goed of nie, ooreenkomstig die karakter van die toehoorder gebruik.

[12] Die swak, klein kindertjies van hierdie aarde glo, soos wat reeds gesê is, alles wat mens hulle wil laat glo, gou en maklik, en het eers agterna uitleg nodig, sodra hulle `n hoop geloofsreëls hulle eie gemaak het. Daarom moet daar by hulle goed opgelet word dat hulle altyd die suiwer waarheid gepredik word, - en wee diegene wat die kleintjies van die aarde met allerlei valse leerstellings en voorbeelde sou wil pla, soos wat Ek julle dit al `n keer met `n kleiner voorbeeld in Galilea laat sien het! Maar by die kinders van bo moet die uitleg, hetsy reeds vantevore of tog minstens saam met die leer gegee word, omdat hulle andersins nie maklik iets vir die volle waarheid sal aanneem nie.

[13] Julle was reeds dikwels getuie daarvan hoe Ek dit by die Grieke en Romeine gedoen het; doen julle ook dieselfde, dan sal julle hulle makliker wen omdat julle My en My werke as voorbeeld het, waarop julle julle altyd met sukses kan beroep! As dit nodig is sal julle ook self tekens kan doen; maar wees daarmee suinig en doen eers `n teken wanneer julle in die gees daartoe gedwing word! `n Teken veroorsaak weliswaar iets goeds, maar `n ware, lewende woord is duisendmaal beter, omdat geen dwang deur die woord aan die mensehart opgelê word nie.

[14] Want die woord verlig eers die verstand van die mens. Dit wek dan vervolgens die wil en die liefde in die mensehart op. Die liefde word `n geweldige vlam. Dit verlig die wil in die hart en bring hom tot lewe, en hy handel dan volgens voorskrif van die eie verstand; en wat die mens op die wyse vry uit homself doen, is eie, verdienstelike werk, en dan het die mens eers sy eie lewenshaard gevind.

[15] Maar die teken verlam die menslike verstand vir `n lang tyd, en skrik slegs die liefde en haar wil tot handeling op. Die handeling is egter soos `n weggewerpte klip, wat hom slegs solank deur die lug laat beweeg as wat die krag van die gewerpte reik; sodra dit egter ophou, val die klip deur sy eie gewig weer dood en onbeweeglik op die grond en bly daar in sy ou oordeel lê.

[16] Die siel van `n bekeerde mens wat deur `n teken opgewek is, lyk presies soos so `n weggewerpte klip, en handel blind, uit angs vir die teken; wanneer die teken mettertyd sy krag verloor, verslap die liefde en die wil van die siel en word heeltemal traag, veral by die nakomelinge wat geen teken gesien het nie, en hy beskou die teken, hetsy as `n toorkunsie of gewoonweg as `n leuen en `n versinsel van die voorouers. Want as die siel aan die verstand vra wat die teken beteken, kan hy haar geen verklaring gee nie, omdat hy self nog nooit een gekry het nie, en hy oordeel dan heel eenvoudig so: 'Is ons as mense dan minder as ons voorouers, wat allerlei tekens gekry het en dan so maklik kon glo? Ons moet nou glo wat ons nie verstaan nie, en die tekens waaroor ons maar net gehoor het, moet ons laat glo? Nee, dit werk beslis nie! Dit kan `n wyse God, as Hy bestaan, ewiglik nooit van ons swak mense verlang nie! Daarom verlang ons ook tekens of minstens `n verklaring wat `n korrekte lig werp op wat ons moet glo en moet doen, sodat ons die regte rede kan ken. Want die redes waarom ons wil glo, moet vir alle mense vir alle tye aanvaarbaar wees, en dit moet nie so wees dat ons eers moet glo, om daarna ook dit te kan glo waartoe ons deur hulle gedwing was om te glo nie.'

[17] Kyk, so oordeel die verstand van die mense dan, en dit selfs tereg! Want as die leer ook na die gee van tekens vir die menslike verstand nie te verstaan is nie, dan gaan hy baie gou met alle tekens ten gronde, en die mense verloor dan alle geloof en val terug in hulle ou, trae, wilde lewe in, totdat die een of ander slim towenaar hulle oorval en hulle met valse tekens maklik en gou aan sy kant bring.

[18] Daarom sê Ek nog eenmaal baie nadruklik aan julle almal: Gee helder en duidelike onderrig, en wees in `n hoë mate spaarsaam met tekens, dan sal julle blywende en vaste leerlinge kweek! Want die teken vergaan, maar die verligte, suiwere waarheid bly ewig, en het vir haar bevestiging heeltemal geen teken nodig nie, omdat Hy self die hoogste Teken is wat altyd uit die hemele gegee word aan die mense wat dit soek.

[19] Maar daar is ook bepaalde tekens wat julle wel kan verrig; dan moet die teken egter maar net `n ware weldaad wees vir arm, gebrekkige mense, sonder onderskeid van stand of geloof, en nie `n spesiale bewysmiddel vir die suiwer goddelikheid van My leer nie.

[20] Die leer moet deur haar lig self ook sonder alle ander besondere tekens suiwer goddelik blyk te wees en elkeen wat daarvolgens handel die innerlike, lewende bewys van haar volledige egtheid gee. As julle daarop sal let, sal julle later egte, goeie leerlinge vir My oplei; maar as julle dit nie so noukeurig opneem nie, sal julle self die poorte open vir die Antichris, en dan sal julle self genoodsaak wees om daardeur te gaan.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205