Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 179

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Antichris

179 Daarop gaan ons na die huis, en Lasarus laat dadelik voldoende brood en wyn opdien. Ons gaan aan die tafels sit en versterk onsself.

[1] Lasarus sê: 'Heer, wat moet ons dan onder die Antichris verstaan?'

[2] Ek sê: 'Die Antichris sal ontstaan deurdat bepaalde slim, arbeidsku mense die leer ook sal aanneem, sodra hulle sal sien dat dit steeds meer aanhangers kry, en dat dit met My leerlinge steeds beter gaan. En as hy oor die tekens sal hoor wat Ek gedoen het, en ook oor die wat julle by bepaalde geleenthede sal doen, dan sal hy net soos die heidense towenaars groot tekens begin te doen deur met baie natuurlike middele goëltoertjies uit te voer, net soos wat die Essene dit doen. Dit sal die liggelowiges aantrek, en einde ten laaste sal hulle soveel word dat hy baie van julle daarna, dit wil sê julle volgelinge, as valse leraars en profete sal aansien en sal vervolg.

[3] Sorg daarom daarvoor, dat julle van hulle wat die evangelie sal aanneem, maar net die noodsaaklikste vir julle lewensonderhoud aanvaar! Want as luiaards sou sien dat die prediking en `n teken baie geld vir julle inbring, sou hulle sekerlik alles daarvoor oor hê om julle te verdring. Daarom sal mens egte van valse profete die vinnigste kan onderskei deur hulle gedrag. Want egte profete sal altyd selfs armer as Ek rondtrek, en van hulle gemeente maar net aanneem wat hulle nodig het om van te lewe; valse profete sal hulle egter gedra soos wat die Fariseërs nou doen - en in baie opsigte nog baie erger - en hulle vir alles wat hulle sogenaamd in My Naam vir die gemeente doen, baie duur laat betaal, en alle mense sal gestraf word as hulle hulle nie as heilige dienaars van God aansien nie, en glo dat God maar net hulle gebede verhoor en in hulle offers groot welgevalle het. Maar terwyl daar nou vir alle Judeërs slegs hierdie een tempel is, sal die antichristene tallose pragtige tempels bou en daarin vir die mense hulle toorkunste en hulle offers verrig, en die slegste toesprake hou, wat vir hulleself ten goede kom. In vreemde tale sal hulle bid, om die volk te laat glo dat hulle taal die suiwerste en dus ook vir God die mees welgevalligste is.

[4] Dit is vir elkeen voldoende om `n valse profeet te herken en hom duidelik van `n ware te onderskei. Hulle sal natuurlik luidkeels hulle stem laat hoor en die hele wêreld toeroep: 'Kom almal na ons, want hier is die die Messias(Christus), en waar ons is, is Hy!' Maar glo dit nie, ook al roep hy hoe hard en doen hy wat se groot tekens; want hulle sal nooit as te nimmer My volgelinge wees nie, maar hulle is verleide volgelinge van Beëlsebul, van wie hulle hulle loon in die poel sal oes onder gehuil en tandegekners! Let goed op daarna, en doen so min as moontlik tekens, maar hou julle by die woord en sy ewige waarheid, dan sal die suiwer leer te midde van talle mense bly tot aan die einde van die wêreld! - Maar nou gaan ons weer na die huis, en Lasarus, bring jy vir ons wyn en brood, want Ek is dors!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205