Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 189

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Romeine sien die engelewêreld

189 Toe ons dus, saam so `n sewentig mense, buite `n plek gevind het, sê Ek teenoor almal: 'Epheta', dit beteken 'Open julleself!'

[2] En almal bevind hulle in die tweede gesig en sien onafsienbare skares stralende engelgeeste, waarvan daar `n aantal na hulle, dit wil sê na die Romeine, afdaal en met hulle praat.

[3] Die Romeine was baie verbaas, en Agricola sê vir My: 'Heer en Leraar, dit lyk wel vir ons soos `n fabelagtige Olimpus! Nee, wat `n tallose skare! Wie sou dit ook maar in sy helderste droom kon beleef! Sê my eers of dit eg is! Of is dit maar net so deur U wilskrag in ons `n opgeroepte fantasie, wat ons nou plasties, skynbaar buite ons, waarneem? Hierdie wesens sien volledig liggaamlik daaruit, veral hulle wat hier op die aardbodem by ons rondloop! Hoe moet ons dit opneem?'

[4] Ek sê: 'Kyk, langs jou staan `n engel, vra dit vir hom, en hy sal jou `n antwoord gee!'

[5] Toe rig Agricola hom tot die engel en sê vir hom: 'Praat, merkwaardige wese! Is jy `n egte wese, of is jy maar net `n produk van my fantasie wat op hierdie oomblik nogal verhit is? As jy `n egte wese is, gee dan `n oortuigde bewys daarvan, sodat ek dit heeltemal kan glo!'

[6] Die engel sê met `n helder stem: 'Ons is baie meer werklik as julle mense; want julle liggame is beslis geen werklikheid nie, omdat dit nie is wat dit skyn te wees nie. Julle het wel `n menslike vorm, wat julle met julle ledemate volgens die wil van die siel laat beweeg, maar as hierdie vorm vergaan, gaan julle dadelik weer in tallose ander vorme oor. Slegs die suiwere is `n egte werklikheid, alles anders aan julle mense, wat nog aards is, is skyn en noodsaaklike sinsbedrog. Want solank `n mens terwille van sy liggaam werk om vir hom skatte van hierdie wêreld te versamel, solank bevind sy siel haarself ook in die begogeling van haar liggaam wat self in die grootste begogeling is; want hulle wat die liggaamlike lewe as lewe opneem en ook dink dat dit lewe is, hulle siele moet as dood beskou word solank hulle self nie besef dat die lewe van die materiële liggaam die eintlike dood is nie.

[7] Ons is egter `n volledige werklikheid omdat ons geen veranderlike liggaam het nie, maar die totale lewenskrag self is wat nooit verander of op enige wyse vernietig kan word nie. Alles wat julle as liggaamlike mense op die wêreld ook maar waarneem of sien, kan julle liggaam verwoes en verander. As `n klip op jou kop val, maak dit jou dood. As jy in die water of in die vuur val, is jy dood. Kort en klaar, jou liggaam kan in alle elemente `n sekerlike dood vind. Maar by ons is dit nooit moontlik nie, want ons is self volledig uit God, die lewenskrag self, en deurdring alles, en geen enkele stoflike element kan ons ooit skade aandoen nie. In ons het ons die onoorwinlike mag en krag om alle stoflike elemente in `n oogwenk te vernietig, of `n wêreld te skep uit die elemente. Ons beheers alles; maar ons kan self ewiglik nooit deur iets anders beheers word as slegs deur ons self nie, omdat ons die volmaakte uitdrukking van God se wil is.

[8] Om jou, as denkende Romein, nog meer daarvan te oortuig, moet jy hierdie klip neem en dit so hard as moontlik na my kop gooi, en dit sal my heeltemal niks doen nie! As ek egter by jou dieselfde sou doen, sou jy oombliklik liggaamlik dood wees. Probeer dit maar, en oortuig jouself dat dit so is en nie anders nie!'

[9] Die Romein probeer dit, en die klip val deur die engel heen op die grond, en die engel staan onbeskadig voor die Romein.

[10] Toe tel die engel die klip weer op en sê: 'As ek dit nou met jou sou doen, sou jy met `n verpletterde hoof dood op die grond lê; maar dit wil ek jou nie aandoen nie, in plaas daarvan doen ons iets anders. Kyk eers hoe hard die klip is! Neem hom nou eers in jou hand, en probeer om hom te vernietig!'

[11] Die Romein neem die klip en probeer sy fisieke krag uit op die hardheid en die groot vastheid van die klip; maar slaan of gooi op die baie harde rotsbodem help nie, - die klip bly behalwe vir `n paar krapmerke, volkome onbeskadig.

[12] Daarop neem die engel die klip uit die hand van die Romein en sê: 'Kyk, dit is die klip wat jy nou net deur my heen gegooi het, en wat jy nou probeer om te vernietig! Jy sien, dat ek die klip net soos jy in my hand kan hou, en sekerlik heelwat stewiger as jy hom nou net vasgehou het. Probeer om hom uit my hand te haal, dan sal jy jou van my krag kon oortuig!'

[13] Die Romein probeer dit uit alle mag, maar dit was vir hom nie moontlik om die hand van die engel ook maar `n haarbreedte na links of na regs of na bo of na onder te beweeg nie, en nog minder geluk dit hom om die klip uit die hand van die engel te kry.

[14] Toe sê die engel: 'Kyk, dit moet tog wel meer wees as maar net jou verhitte fantasie?!'

[15] Die Romein sê: 'Ja, vriend, wie of wat u ookal is! As ek nou droom, sou ek die stad wat daar benede lê, sekerlik nie gesien het nie, en die lawaai van die volk hierbo nie gehoor het nie, en dan sou ek langs my ook nie al my metgeselle en hierdie herberg op so `n natuurlike wyse gesien het nie! Ek het naamlik al baie dikwels helder drome gehad en daarin ook reeds op aarde bestaande streke gesien; maar nooit het dit so presies daar uitgesien soos dit egter nou daar uitsien nie. Slegs as ek oor een van my vriende gedroom het, het dit steeds so daaruit gesien - tenminste wat gesig en spraak aanbetref, - asof dit in die natuurlike wêreld was, gepraat en gewerk het. Maar hier is dit nie die geval nie; want ek sien hier al die natuurlike soos wat dit is, en daarby sien ek ook julle onnatuurlike wesens, en dus beskou ek julle as die egte en nie as gedroomde werklikhede nie. - Wat wil jy egter nou met die klip doen?'

[16] Die engel sê: 'Dit sal jy dadelik sien! Kyk, jy het nou net probeer om hierdie klip te breek, maar die klip bied uiterste hardnekkige teenstand! Maar nou sal ek jou laat sien hoe ek hierdie klip in my hand onmiddellik volledig sal verpoeier! Kyk, nou is die klip nog heel, en kyk, nou is daar honderde stukkies! En kyk nou eers! Waar is hulle nou? Daar is niks meer daarvan oor nie! Ek het hulle heeltemal in hulle oersubstansie opgelos!

[17] As ek as gees dit met die grootste gemak kan doen, is my suiwer geestelike bestaan dan nie oneindig volmaakter as die bestaan van alle liggaamlike mense op hierdie klein aarde nie?! Daarom is slegs óns bestaan `n egte bestaan, en die van julle op hierdie aarde is dit slegs in soverre dit `n lewe is volgens die wil van die Heer, wat nou eindeloos barmhartig by julle leef en julle waaragtig leer lewe, en Hy alleen van die ewigheid af alles in alles is, na Wie julle moet luister en volgens wie se woorde julle moet lewe en werk.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205