Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 191

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Oor die tweede en derde gesig

191 Die Romein bedank My hartlik vir hierdie raad en gaan weer na die engel toe en sê vir hom: 'My beste engelgees, ek is jou weliswaar baie erkentlik vir al die wyse woorde wat jy teenoor my gespreek het, - maar ons burgers van hierdie aarde, wat die aankomende kinders van God moet wees, of respektiewelik moet word, kan beslis nie oor die weg kom met julle boaardse wysheid nie! Wat weet ons nou van nog ander aardes in die eindelose groot ruimte, terwyl ons ons eie aarde nog lank nie goed genoeg ken nie! Wees daarom so goed om my eenvoudige bewyse vir jou verklaring te gee, want anders sal jy met al jou wysheid egter nie baie resultate met ons hê nie!'

[2] Die engelegees sê: 'Jy verlang baie van my, wat ek jou nou wel moet toestaan, omdat die Heer dit so wil. Jou gesig is nou in soverre verruim, dat jy met die oog van jou siel ons suiwere geeste, kan sien, - maar dit is ook maar net so omdat ons onsself, uit julle uitstralende lewensfeer, in `n sekere sin in `n substansiële liggaam gevorm het.

[3] As ons as suiwer geeste by julle sou wees, dan sou julle ons ondanks julle huidige tweede gesig tog nie gesien het nie. Wanneer julle egter eers suiwer geestelik sal kan sien - wat julle die derde gesig of die geestelike gesig kan noem, - dan kan julle ons wel as suiwer en rein geeste sien. Die derde gesig is juis noodsaaklik om net soos ons, alle ander hemelliggame te kan sien, wat ooreenkomstig in miniatuurvorm ook in jou aanwesig is, maar nie deur jou siel opgemerk kan word alvorens sy met die gees uit God een word nie.

[4] Met toestemming van die Heer kan ons egter by julle mense ook vir `n kort tydjie maak dat julle gees heeltemal ontwaak en dus in die verrukking van die derde en daarmee hoogste en suiwerste gesig verplaas word.

[5] Ek sal julle dan eers tussen die maan en hierdie aarde plaas, dan kan julle sien dat hierdie aarde ook maar `n bol is, net soos wat julle met julle liggaamlike oë die maan en die son sien. Dan sal ek julle heeltemal op die maan, vervolgens op die son en daarna eers op verskillende wêrelde en aardes bring. - Is julle dit met my voorstel eens?'

[6] Die Romein sê: 'Sekerlik, maar sal dit tog nie te veel tyd neem nie? Want as die sterre niks anders as wêrelde is nie, groter as hierdie aarde, dan moet hulle wel ontsettend ver van hierdie aarde af staan, omdat hulle so klein daaruit sien, en dan praat dit wel vanself dat `n geestelike reis daarheen, ook al gaan dit hoe gou, tog wel nie net so `n kort tydjie sou neem nie.'

[7] Die engel sê: 'Vir `n suiwere gees bestaan daar nóg tyd nóg ruimte. Hier en eindeloos ver van hier is één en dieselfde, en 'nou' en 'vir eons jare' is dit ook één en dieselfde. Daarom kan julle in `n suiwer geestelike toestand ook in één oomblik meer sien en meemaak as wat jy liggaamlik amper in enige duisende jare langs die weg van mondelinge onderrig slegs vaag te wete kan gekom het, waarvoor die lewenstyd van die mens op aarde natuurlik veels te kort is. Dit het ook nog die groot voordeel dat die siel by ons dan ook in `n oomblik baie meer en suiwerder leer en ondervind, as waartoe sy hier op aarde in reekse van jare in staat sou wees. Want as `n siel haar ook maar enigermate in haar liggaam selfstandig gemaak het, is dit vir haar `n groot lewensvoordeel as haar swaar en lydende liggaam afgeneem word, en sy dan in ons geselskap kom en deur ons volledig lewend die ware lewensonderrig deurmaak.

[8] Maar let nou almal op, want ek sal julle nou dadelik vrymaak in julle gees, wat die eintlike liefdeslewe uit God is, en waardeur julle ook kinders van God is, of tog heel sekerlik kan word, as julle na die wil van God so sal lewe soos wat dit julle baie uitvoerig uitgelê was. Dit is so! Word vry, en sien nou die aan julle verwante, ewige skepping van God!'

[9] Nadat die engel, soos wat Ek dit wil, dit uitgeroep het, val almal liggaamlik aan die slaap, maar kon daarby tog nog praat, hoewel hulle in hierdie toestand volledig van al hulle sintuie beroof was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205