Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 193

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die geestelike ooreenkoms van die dagtye

193 Die oggend was ons met sonsopkoms alweer buite. Dit was `n helder dag en die son het wonderlik suiwer opgegaan.

[2] Ek kyk met die leerlinge na die mooi natuurtafereel, en Johannes sê vir My: 'Heer, ek weet egter nie waarom so `n mooi oggend op my altyd so `n rustige uitwerking het en op my hart so `n verhewe, versterkende indruk maak nie, terwyl die middagson my heeltemal onverskillig laat en die aandson my meer ernstig en droefgeestig stem nie!'

[3] Ek sê: 'Dit kom deur die beter en korrekter lewensgevoelens van die mens. Die oggende lyk soos die vrolike, onskuldige jeug van die mens, en daarom stem hy ook elke suiwer en werklik voelende mens jeugdig en vrolik.

[4] Die middag lyk soos `n sterk man wat in die sweet van sy aanskyn sy brood moet verdien; daarom sal die middag ook nie meer sulke teer gevoelens opwek soos die oggend nie. Want tydens die ernstige mansleeftyd het die jeugdige lewenspoësie opgehou, en `n bepaalde, besorgde lewenserns het in sy plek gekom, en dit wek in `n suiwer aanvoelende hart ook egter niks bekoorlik nie, maar slegs `n sekere erns waaraan die hart nou eenmaal nooit baie vreugde beleef nie, hoewel die erns daarvoor die verkryging van die ware lewe moet wees.

[5] En die aand uiteindelik, as sinnebeeld van die aardse dood en die vergaan van alle dinge, kan op `n suiwer aanvoelende hart niks anders as net `n duistere indruk maak nie, hoewel die aand ook net so noodsaaklik is as die oggend en die middag. Want as daar geen lewensaand vir die mens sou wees nie, dan sou ook die ewige lewensmôre nooit vir hom te voorskyn gekom het en tot ewige waarheid geword het nie.

[6] Kyk, dit is die eenvoudige rede van jou ware gevoel, wat egter ook nie by alle mense dieselfde is nie! Want daar is mense wat die aand baie lekkerder vind as die oggend; ja daar is mense op wie juis die oggend `n baie onaangename indruk maak, die middag `n bietjie beter, en die aand en veral die nag die allerbeste. Maar mense wat so voel, hoort merendeels tot die verkeerde soort, en dit is moeilik om sulke mense `n beter insig te gee en hulle op die korrekte geloofs- en gevoelsweg te bring; want hulle het hulle in hierdie wêreld met alle energie maar net die skatte versamel wat gaan roes en wat die motte gaan verteer. En dit is moeilik om hulle wat eenmaal op die standpunt staan, daarvan af te bring.

[7] Daarom sê Ek ook vir julle almal: Versamel vir julle in hierdie wêreld nooit sulke skatte wat deur roes aangetas en maklik deur motte verteer kan word nie! Maak julle geen sorg vir die komende dag oor wat jy sal eet en waarmee jy jou sal beklee nie! Dit is voldoende dat elke dag self sy eie sorg met hom saambring. Die Vader in die hemel weet presies wat julle nodig het. Kyk na die mossies op die dak en die blomme op die veld! Hulle saai nie en hulle oes nie en word tog deur die Vader in die hemel in alles ryklik versorg. Het die mossies nie `n verepak en voedsel nie, en is die blomme op die veld nie pragtiger gekleed as wat Salomo ooit in al sy prag was nie? Maar is julle nie baie beter as die mossies, waarvan mens daar `n dosyn vir `n penning kan koop nie, en beter as die gras op die veld wat vandag nog bloei, maar môre egter afgemaai is, vervolgens verdroog en, omdat dit te sleg is om aan die diere te voer, in die oond gegooi en verbrand word?! Noudat Ek julle dit egter vertel het, gedra julle dan ook so en handel daarvolgens, dan sal julle as My uitverkore leerlinge `n goeie bestaan in julle amp hê!

[8] Moses het tog gesê, toe hy vir die priesterstam Levi, die gee van die tiendes ingestel het: 'Wie die altaar dien, moet ook van die altaar lewe!' En Ek sê vir julle nou dieselfde, al is dit ook met ander woorde. Daarom het Ek dit nou ook slegs vir julle en voor julle gesê, en daarom wil Ek geen gebod saamgee waardeur niemand meer `n akker gaan bebou en nooit `n wynstok in die wingerd sal versorg en plant nie, maar dit geld slegs vir julle as uitverkore werkers in My Geestelike wingerd; want vir die ander sê Ek: Wie nie werk nie sal ook nie eet nie! Wie egter My ryk en sy geregtigheid soek, die sal, soos julle, al die ander as `n vrye toegif daarby gegee word.'

[9] Toe dank veral Johannes My vir hierdie les en vra My of hy dit ook moes opskryf.

[10] Ek sê: 'Sekerlik, maar vernaamlik net vir julle en julle opvolgers; want as dit vir alle mense sou geld, sal dit gou op die aarde baie woes daar uitsien.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205