Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer gee onderrig in die tempel Die oordeel van die luisterende volk

(Evangelie van Johannes 8:2)

196 Maar toe die tempel geopen word, gaan Ek die môre betyds met die leerlinge na binne en was sodoende daar as een van die eerstes. (Johannes 8:2) En toe die volk sien dat Ek die tempel binnegegaan het, kom hulle in groot getalle na My toe, en Ek gaan sit en begin hulle deur gelykenisse, beelde en voorbeelde te onderrig, soos wat dit veelvuldig in die Evangelies voorkom.

[2] Ek wys hulle op die groot liefde, goedheid en regverdigheid van God, die Vader, en ook laat Ek hulle sien waaruit die ryk van God eintlik bestaan wat nou so naby hulle gekom het.

[3] En baie glo in My.

[4] En sommiges sê: 'Hy is egter `n groot profeet, en dit verwonder ons baie dat die Fariseërs Hom nie wil erken nie! Hy is tewens in `n hoë mate onbaatsugtig; want ook al het hy na ons beste wete baie mense buitengewoon gehelp, tog het hy hom nooit deur iemand iets laat betaal nie, en dit staan vas dat hy, orals waar mense hom en sy leerlinge nog na die ou gebruik gasvry opgeneem en versorg het, die gasheer steeds op wonderbaarlike manier `n weldaad bewys het, wat beslis meer werd was as duisendmaal dit wat Hy van die gasheer ontvang het. Bowendien is Hy geen swartkyker nie en gaan Hy met alle mense op dieselfde manier om, en as Hy nou sê: 'Kom almal na My toe wat belas en belaai is, Ek sal julle almal verkwik, en julle sal by My die ware lewenstroos en die ware rus vind!' dan moet ons dit sekerlik glo!

[5] `n Mens, wat so wys en goedhartig praat, en self ook daarvolgens handel, en sulke groot tekens doen, is tog waarlik `n groot profeet, en dan maak dit tog nie saak waar hy vandaan kom nie! En as die Messias sal kom, dan is dit maar `n vraag of Hy groot tekens sal doen! As Hy nie met donder en bliksem en swaelreën sal kom nie, sal die Fariseërs net so min in Hom glo as in hierdie man!'

[6] Ander sê weer, wat nog meer geloof gehad het: 'Ons hoef op geen enkele ander Messias meer te wag nie, want vir ons is Hy al die ware een! Want Sy woorde het krag en lewe, en Sy dade is volkome goddelik, en dus is Hy vir ons al volledig die ware Messias. Hy wat op `n ander wil wag, moet maar wag en homself bedrieg!'

[7] Ander sê nog: 'Ons staan nog te veel onder die gesag van die Fariseërs, en kan nie doen wat ons wil nie. Wat het ons aan die waarheid en die geloof, solank die Fariseërs die mag in die hande het, en nou onder die Romeine selfs nog meer as ooit?!'

[8] Maar toe sê Ek: 'God Self is die ewige Liefde en die Waarheid self! Niks ter wêreld kan julle vrymaak as net die Waarheid nie. Wie die sonde doen, wat altyd `n leuen is, is ook `n kneg van die sonde en `n slaaf van ander nog groter sondaars wat geen gewete en geen liefde het as wat hulle eie skandelike ek hulle ingee nie. Wie egter die Waarheid in hom het, is `n magtige vyand van die leuen en van die sonde, en is vry; want niemand kan hom beskuldig van `n sonde nie. Kies daarom vir die Waarheid en vrees nie hulle wat wel jou liggaam kan doodmaak nie, maar jou siel verder niks kan doen nie; vrees veeleer God wat jou siel tesame met jou liggaam kan dood en ten gronde kan rig!

[9] Die skade aan jou liggaam sal God eendag duisendvoudig vergeld; maar die skade aan jou siel sal God jou nooit vergeld nie. Want God het die siel verstand, begrip, gewete, `n vrye wil en die wet gegee om daarmee goed te kan beoordeel wat goed en sleg is, en sy kan met haar wil die een of die ander kies. Volgens haar keuse sal sy ook deur haarself geoordeel word, hetsy vir die dood of ten behoewe van die lewe.

[10] Maar die Vader in die hemel wil dat julle almal die ewige lewe ten deel val, en daarom het Hy My in hierdie wêreld na julle toe gestuur. Daarom sê Ek julle nog eens: Wie in My glo, sal die ewige lewe hê; wie egter nie glo dat Ek deur die Vader na julle toe gestuur is nie, sal die lewe verloor wat hy nou maklik kon aanneem. Die Vader in die hemel het My egter lief en ook almal wat in My glo, en Ek Self sal hulle in die waarheid van My woorde die ewige lewe gee!'

[l 1] Toe sê sommiges: 'Dit is tog vreemd wat die man weet om te sê, waarby hy homself bykans gelykstel aan God. Dit is `n ware wonder dat die Fariseërs hom vandag so lank sy gang laat gaan!'

[12] Ander sê weer: 'Hy praat vry en openhartig, en ons ontdek niks onbetaamlik in sy woorde nie! Hy praat openlik die volle waarheid en die Fariseërs sal moeite hê om iets teen hom te vind!'

[13] Nog ander sê: 'O bekommer jy jou maar nie daaroor nie; hulle sal gou genoeg iets vind!'

[14] Een tollenaar wat langs hulle staan, sê: 'O ja, waarna hulle weer, soos altyd sal wegsluip! Die luilakke vind al lankal niks meer teen hierdie opregte man nie!'

[15] Daarna daal daar `n klein stilte oor almal, en die Fariseërs word woedend en breek hulle koppe daaroor hoe hulle My byvoorbeeld deur een woord of deur een vraag wat aan My gestel is, kon vang, om My dan van `n onwaarheid te kon betig en baie misbaar aan die volk te kon sê: 'Kyk nou eens, dit is nou julle waaragtige profeet of julle mooi Messias! Daar staan hy nou as leuenaar!' Maar ondanks al hulle ingespanne denke kon hulle niks geskik vind nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205