Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 198

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer maak hom in die Tempel bekend

(Evangelie van Johannes 8:12-29)

198 Toe dit daarna weer rustig geword het in die tempel, sê sommiges uit die volk: 'Heer en Leraar, laat Uself nie deur die Fariseërs van stryk bring nie en leer ons meer oor U sending en die ryk van God; want as U praat, is ons almal die ene oë en ore, en slegs vir U klop ons harte vinniger!'

[2] Daarop sê EK vir die volk: 'Luister dan en let goed op, want Ek sal dit openlik vir julle sê, en dit nie meer vir julle verborge hou wie Ek is nie!

[3] Luister! Ek is die Lig van die wêreld, wie My volg, sal nie in duisternis wandel nie, maar hy sal die ware lewenslig hê.' (Johannes 8, 12)

[4] Toe begin die volk hard te juig en te roep: 'Ja, dit is heeltemal waar, want U, Heer, het soos `n helderskynende lig in hierdie wêreld gekom, en U lig doen ons siel, wat solank in die donker nag rondgedwaal het, goed!'

[5] Dit was vir die woede van die Fariseërs te veel. Hulle dring hulle weer deur na My toe en sê: 'Omdat jy dit oor jouself sê, is jou bewering nie waar nie!' (Johannes 8, 13)

[6] Daarop sê Ek: 'Ook al sou Ek iets oor Myself sê, dan sou My bewering tog waar wees; want Ek weet vanwaar Ek gekom het, en Ek weet ook waarheen Ek sal gaan. Slegs julle Fariseërs weet, vanweë julle hoogmoed, nie waar Ek vandaan gekom het en waarheen Ek sal gaan nie. (Johannes 8, 14) Julle oordeel en veroordeel alles soos wat julle liggame julle dit ingee, omdat julle geen gees ken nie. Maar so oordeel Ek niemand nie, (Johannes 8, 15) en as Ek oordeel, dan is My oordeel waar; want Ek is hier nie net soos wat julle dink nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het, is hier (Johannes 8, 16) en staan daar nie in julle wet geskryf dat die getuienis van twee mense geldig is nie? (Johannes 8, 17) Ek is ten eerste die Een wat van Myself getuig, en ten tweede is daar die Vader, wat My na hierdie wêreld gestuur het, wat van My getuig. Hoeveel meer getuienis wil julle nog hê?' (Johannes 8:18)

[7] Toe stoom die Fariseërs op en sê: 'Dink jy dat jy ons vir die gek kan hou? Waar is jou vader dan, sodat hy jou getuie kan wees?'

[8] Toe staan Ek op en gaan na die pilaar waar die sogenaamde offerkis van God homself bevind, wat vanweë die offers vir die tempel die naam gehad het, en Ek roep hard in die kis in: 'Julle blindes ken nóg My nóg My Vader! Want as julle My sou geken het, sou julle My Vader ook geken het! ' (Johannes 8, 19)

[9] Toe Ek die woorde hard in die offerkis van God geroep het, vra hulle My waarom ek dit gedoen het.

[10] Ek sê: 'Omdat dit geen verskil maak of Ek die woorde in julle gesig sê of in die kis nie, wat nou leeg en dood is! Die kis het die woorde ten minste geduldig aanvaar, wat by julle nie die geval was nie.'

[11] Dit val by die volk op goeie aarde en hulle eis van die Fariseërs dat hulle My ongestoord sou laat praat. Toe trek die Fariseërs hulle weer ietwat terug.

[12] Ek gee die volk toe verder onderrig en laat My ongenadig oor die Fariseërs uit, en hoe meer Ek hulle skanddade aan die volk onthul en dit op My vingers aftel vir watter sake hulle alles nog meer verdoem sou word, hoe meer juig die volk en hoe woedender word die Fariseërs. Maar hulle gryp My nie, omdat My tyd nog nie gekom het nie. (Johannes 8, 20)

[13] Toe kom daar egter sommige ander Judeërs na My toe, wat nog baie waardering vir die Fariseërs gehad het, maar My in bepaalde opsigte ook nie heeltemal ongelyk gegee het nie, en sê: 'Maar sê nou eers vir ons wat nou eintlik die bedoeling is van alles wat jy sê!'

[14] Toe sê Ek nogmaals vir hulle: 'Luister! Ek sal van hier gaan op `n manier wat julle nie ken nie, en julle sal My soek en nie vind nie en daarby in julle sonde sterwe! Want waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie.' (Johannes 8, 21)

[15] Toe sê hulle onder mekaar: 'Wil hy hom dalk nou, omdat hy die Fariseërs so rasend gemaak het en hulle wraak nie meer maklik sal kan vryspring nie, homself uit vertwyfeling doodmaak? Want anders sou hy nie met `n bietjie gesonde verstand gesê het: 'Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie' (Johannes 8, 22)

[16] Maar EK sê baie opgewek vir hulle: 'Breek maar nie julle koppe daaroor nie! Ek sal julle dadelik die ware rede vertel, en dan sal julle dadelik insien waarom julle so is, soos wat julle nou is, en nie daar kan kom waar Ek sal heengaan nie.

[17] Kyk! Julle is van benede en sal weer daarheen gaan; Ek is egter van bo en sal baie sekerlik ook weer daarheen terugkeer, en julle sal My nie kan volg nie.' (Johannes 8, 23)

[18] Toe word ook hierdie Judeërs kwaad en sê: 'Wat wil jy daarmee sê? Kan jy dalk selfs voorspel dat ons na die hel gaan?'

[19] Ek sê: 'O nee, maar die saak staan so: Julle is van hierdie wêreld en dit geld ook vir julle siele; Ek is egter nie van hierdie wêreld nie!'

[20] En die Judeërs sê: 'Waar is daar `n ander wêreld? Ons ken geen ander nie!'

[21] Ek sê: 'Ja, dit klop dat julle geen ander ken nie! En daarom sê Ek dit vir julle, omdat julle deur julle ongeloof sal sterwe in julle sonde. Want as julle nie glo dat Ek die beloofde en nou die Messias is wat na julle toe gekom het nie, sal julle sterwe in julle sonde en nooit daarheen gaan waar Ek sal wees met My uitverkorenes nie. (Johannes 8, 24) En as dit nie so sou gewees het nie, helaas, dan sou Ek as suiwer mens soos wat julle is, nooit die moed gehad het om dit vir julle te sê nie!'

[22] Toe sê die Judeërs: 'Wat sê jy van jouself? Sê openlik wie jy dan so baie presies is!'

[23] En Ek sê: 'Dit is moeilik om vir totaal dowe ore te praat. Omdat julle My daarom nie verstaan nie, luister dan nou na My! Ten eerste is Ek Die Een wat juis nou met julle praat!' (Johannes 8:25)

[24] Die Judeërs sê: 'Wel, en wie is jy dan in die tweede plek?'

[25] Ek sê: 'Rustig nou, die 'ten tweede' sal julle self wel uit My woorde kan uitmaak; want Ek moet julle nog baie vertel en duidelik maak! Luister! Hy wat My gestuur het, besit die hoogste graad van waarheid, en slegs dit wat Ek steeds van Hom gehoor het, maak Ek nou aan die wêreld bekend, en dit is aan julle almal.' (Johannes 8, 26)

[26] Maar omdat hierdie blinde Judeërs weer nie verstaan (Johannes 8, 27), dat Ek met hulle praat oor die Vader of oor die ewige liefde in My nie, vra hulle weer: 'Maar by die tempel en by Sinai! Wie is dan Hy wat jou gestuur het?'

[27] Toe sê Ek, ook met `n baie ernstige gesig, vir hulle: 'Luister! Wanneer julle die Menseseun sal verhoog, sal julle, weliswaar te laat, besef dat Ek die Een is, wat as mens niks uit Myself doen nie, maar altyd praat en handel soos wat My Vader My geleer het. (Johannes 8, 28) En Ek sê vir julle daarby nog uitvoeriger: Die Vader wat My gestuur het, is nie êrens verweg nie, maar Hy is hier by My. Die Vader laat My nooit alleen nie; want slegs Ek doen altyd dit wat vir Hom welgevallig is, en Ek vrees, net soos Hy, geen enkele mens in die hele wêreld nie. (Johannes 8, 29) Want as dit nie so was nie, sou Ek dit ook nie gesê het nie.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205