Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 199

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer en Sy teenstanders

(Evangelie van Johannes 8:30-49)

199 Toe Ek dit baie ernstig vir die Judeërs gesê het, trek baie van hulle groot oë en sê: 'Helaas, die man praat soos iemand wat mag het, en niemand durf Hom aan te raak of te verbied om so in die tempel te praat nie! As iemand van ons dit openlik in die tempel teen die Fariseërs sou gesê het, sou hulle hom al tien keer gestenig het, - en Hom laat hulle toe om duidelik teen hulle nadeel te praat en hulle durf nie meer naby kom nie. Dit is egter iets bomenslik, dus glo ons wat hy sê!' (Johannes 8:30)

[2] Toe sê Ek vir die Judeërs wat in My begin te glo: 'As julle sal bly by wat Ek sê, sal julle daardeur ook My ware leerlinge word. (Johannes 8:31) Julle sal die daarin liggende waarheid herken, en die waarheid sal julle vrymaak, soos wat Ek dit al vroeër aangegee het.' (Johannes 8:32)

[3] Daarop antwoord die meer ongelowige deel van die Judeërs: 'Weet dat ons Abraham se saad is en nooit iemand se knegte of selfs slawe was nie! Hoe kan ons dan as vrye here en burgers nog vryer word?' (Johannes 8:33)

[4] Daarop sê Ek vir hulle: 'Waarlik, waarlik, Ek sê vir julle: Wie sonde doen, is knegte van die sonde, soos wat Ek dit al voorheen gesê het! (Johannes 8:34) `n Kneg is egter geen vry man nie, omdat hy steeds die luste en hartstogte van sy liggaam moet gehoorsaam. Die kneg bly nie ewig in die huis nie, maar slegs die seun. (Johannes 8:35) Elke sondaar is egter `n kneg, en die huis is die Ryk van God en Sy Geregtigheid, en die Seun is die Waarheid. As Ek julle nou egter as die ware Seun van die Ryk van God vrymaak, dan is julle ook waaragtig en eg vry.' (Johannes 8:36)

[5] Die ongelowiges sê weer: 'Vergeet nie dat ons Abraham se saad is en nooit iemand se kneg was nie! Waarom bly jy dan sê dat jy ons sal vrymaak?'

[6] Ek sê: 'O, Ek weet goed dat julle nakomelinge van Abraham is, - Ek is dit liggaamlik ook! Maar hoewel julle sê dat julle as saad van Abraham nooit iemand se kneg was nie, was julle vadere in Egipte en later in Babilon dit wel, en nou is julle die knegte van Rome, - as julle dit dan oor uiterlike verhoudinge wil hê. Maar Ek het dit oor die innerlike lewensverhoudinge, en volgens dit was julle altyd knegte van julle hartstogte, en julle laat julleself daardeur as besetenes beheers. En dat dit so is, bewys die omstandigheid dat julle trag om My te dood, net soos wat die Fariseërs dit ook uit alle mag probeer. En dit doen julle, omdat wat Ek sê nie tot julle deurdring nie en julle dit nie verstaan nie, en My haat omdat Ek die volle waarheid teen julle spreek. (Johannes 8:37) Ek spreek tot julle maar net van wat Ek steeds van My Vader sien en hoor, en julle vind dit nie belangrik nie, maar het dit voortdurend maar net oor wat julle ook van julle vaders gesien en gehoor het, terwyl dit volkome onbelangrik is.' (Johannes 8:38)

[7] Toe Ek dit hulle onder die neus gevrywe het, sê hulle opnuut': 'Vergeet dit nie dat Abraham ons vader is! Dit hef alle beskuldiginge teen ons op. - Verstaan jy dit?'

[8] Ek sê: 'O, Ek verstaan julle baie goed! O, was julle maar Abraham se kinders, dan sou julle ook Abraham se werke gedoen het (Johannes 8, 39) Maar nou probeer julle om My dood te maak as `n gevaarlike misdadiger, en dit maar net omdat Ek julle die waarheid vertel het wat Ek steeds van God gehoor het. Helaas, dit wou Abraham nooit met die drie jongmanne doen toe hulle vir hom die waarheid vertel het nie. (Johannes 8, 40) Julle doen weliswaar die werke van julle vader, - maar nie die van vader Abraham nie! Verstaan dit tog!'

[9] Toe sê die reeds heeltemal woedende ongelowige Judeërs: 'Vriend, ons is nie buite-egtelik gebore nie! Ons het almal een vader, en dit is God Self!' (Johannes 8:41)

[10] Ek sê vir hulle: 'O, as God julle Vader sou gewees het, sou julle My liefgehad het soos wat hulle My liefhet wat My herken het; want Ek het, wat My Gees aanbetref, van God uitgegaan en kom uit God. Want waarlik, Ek het nie, soos wat byvoorbeeld `n mens is, uit Myself gekom nie, maar God het My gestuur, dat wil sê die liggaam waardeur Hy Homself nou aan julle openbaar, en watter liggaam julle nou probeer om dood te maak. (Johannes 8, 42) Waarom kan julle dan nie My stem hoor nie, as julle God se kinders is?' (Johannes 8, 43)

[11] Die Judeërs sê: 'Hoor ons jou dalk nie?'

[12] Ek sê: 'O ja, julle hoor My beslis goed met julle liggaamlike ore, - maar Ek vra julle maar net waarom die betekenis van My woorde julle nie geval nie. Waarom geval dit dan wel die baie ander, selfs die Romeine daar, wat hulle om die offerkis van God opgestel het?'

[13] Toe swyg hulle en weet nie wat hulle My daarop moes antwoord nie; want hulle was bang vir die volk en het dit nie gewaag om hulle antwoord hardop kenbaar te maak nie, want dit sou natuurlik baie grof en beledigend gewees het.

[14] Maar die volk roep tot My: 'Heer en Leraar, sorg tog dat U hierdie ryk, duistere figure kwytraak; want ons sou nou graag heilsame, verligtende woorde van U wil hoor, maar nie die voortdurende, meer as dom teësprake van hierdie blindes nie. Sê hulle eers duidelik en ronduit wat en hoe hulle is, sodat hulle dan kan gaan!'

[15] Ek sê: 'Wees maar geduldig! Ek het hulle al gesê dat hulle geen kinders van God is nie, en dit sou tog wel voldoende vir hulle moet wees!'

[16] Die Judeërs sê totaal verbitterd: 'Hoe kan jy sê dat ons geen kinders van God is nie?!'

[17] Toe sê Ek dan ook met `n baie ernstige gesig: 'Ek het julle die rede klaar en duidelik uitgelê. Wat wil julle dan nog meer weet?! Ja, Ek sal julle ook nog wel sê wat julle is, omdat julle so aanhou! Besef wie se kinders julle is: Julle is kinders van die vader van die duiwels! Vanaf die begin was hy `n moordenaar en hy bly nie in die waarheid nie; want die waarheid was nooit in hom (in die materie) nie. Wanneer hierdie gees, wat julle vader is, lieg, praat hy uit homself; want hy was altyd `n leuenaar en `n vader van die leuen.' (Johannes 8, 44)

[18] Toe sê die verergde Judeërs: 'Wie gee jou die reg om dit in die teenwoordigheid van die hele volk oor ons te sê? Waarom is ons kinders van die Satan?'

[19] Ek sê: 'Omdat Ek die waarheid teenoor julle spreek en julle My nie glo nie! ' (Johannes 8, 45)

[20] Die Judeërs sê: 'Waarom moet ons jou dan glo?'

[21] Ek sê: 'Om nie te sterwe in julle sonde nie, maar om salig te word!'

[22] Die Judeërs sê: 'Jy is ook `n mens soos wat ons is, waarom moet juis jou woord ons nou salig maak?'

[23] Ek sê: 'Ja wel, Ek is nou ook maar `n mens, - maar `n mens wat kan sê: 'Wie van julle kan My van `n sonde beskuldig?'! As Ek egter soos een voor God en alle mense as `n sondelose mens die waarheid praat, waarom glo julle My dan nie? (Johannes 8, 46) Wie uit God is, hoor ook graag God se woord. En julle wil nou egter juis My woord, wat God se woord is, nie hoor nie, omdat julle nie uit God is nie' (Johannes 8, 47)

[24] Toe sê die Judeërs heeltemal verdwaas van pure woede: 'Is dit nie so dat jy `n Samaritaan is en die duiwel in jou het in plaas van die Gees van God nie?' (Johannes 8, 48)

[25] Ek sê: 'Ek is geen Samaritaan nie en het nog minder `n duiwel, soos wat duisende dit oor My kan getuig, maar Ek eer altyd waaragtig vir God, My Vader. Waarom maak julle My tot skande? (Johannes 8, 49) Waarom maak soveel ander My dan nie tot skande nie, wat My en die Vader wel herken het?'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205