Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die verganklikheid van die materie

20 (DIE MEESTER): “Maar bring vir My nou `n klip so groot en so hard as wat jy maar êrens kan vind en hier kan inbring, dan sal Ek julle almal iets laat sien!”

[2] Daarop het LASARUS vinnig van sy sitplek opgestaan en het spoedig `n stuk kwartssteen, wat ongeveer tien pond swaar en baie hard was, gebring en hy het dit voor My op tafel geplaas en gesê: “Heer, hier het U `n uiters harde klip!”

[3] EK sê toe: “Dit is uitstekend, want hy is net so hard soos die harte van die tempeldienaars in Jerusalem en die ou mure van die tempel; wat Ek nou heel goed kan gebruik!”

[4] Almal het nou met gespanne aandag opgelet na wat Ek met die klip sou doen.

[5] Maar Ek sê: “Luister! Ons is vandag op die dag na die Sabbat opgeruimd en vrolik byeen en waarom sou ons dit ook nie wees nie?! Want julle het My verstaan en herken, hoewel met baie moeite en offers en dus het Ek julle ook aanvaar! Julle is vrygemaak van elke oordeel, omdat julle julleself uiteindelik self uit vrye wil na die enigste ware en goeie geoordeel het. En dus kan Ek julle nou, sonder om afbreuk te doen aan julle vrye insig en julle vrye wil, hier wel `n teken gee van My innerlike goddelikheid. Hou nou dus alles baie goed in die oog! Wat sou makliker wees, dink julle: Om hierdie klip alleenlik deur My wil in `n oogwenk te vernietig - of die tempel met alles wat daarin is, dood en lewend, op gelyke wyse te vernietig? Toets eers vooraf nog die klip, sodat niemand kan sê dat hy op `n een of ander wyse vooraf voorberei was nie!” 

[6] Toe sê ALMAL: “O Heer, dit is hier nie nodig nie, want ons ken hierdie klip alreeds lankal! Hy is deur `n visser vanweë sy mooi, ronde vorm uit die Jordaan hierheen gebring.”

[7] EK sê: “Goed, sê dan wat vir My makliker sou wees: Om hierdie klip te vernietig of die tempel!”

[8] Toe sê EEN van die wat nou Grieke was: “Heer, ons dink dat dit vir U redelik om’t ewe sou wees; want vir ons kom sowel die een as die ander, suiwer menslik gesien, onmoontlik voor! Ons het weliswaar verskillende kere gesien dat Egiptiese towenaars ook klippe laat verdwyn het, maar ons het alreeds gou opgemerk hoe dit plaasgevind het toe ons dieselfde klippe daarna weer te siene gekry het en dit het nie lank geduur nie of ons het presies dieselfde truuk heel handig nagemaak. Ons het mekaar uitgelag en onsself afgevra hoe dit moontlik was dat ons aanvanklik self geglo het dat dit `n ware wonderwerk was.

[9] Maar dit hier is iets wat hemelhoog anders is! Dit is `n egte klip en die hardste wat daar maar by ons te vind is. Die Grieke verstaan weliswaar die kuns om hierdie klip in die vuur te smelt en kosbare glas daaruit te berei, wat voor hulle, ten tye van die eerste Farao's, die Fenisiërs reeds na bewering geken het, - daarby het die klip egter net in `n ander stof verander. Maar om so `n klip alleenlik net deur die pure wil algeheel te vernietig, daartoe behoort Goddelike krag, waarvan ons swakke mense ons nooit `n suiwere en heldere voorstelling sal kan maak nie!” 

[10] EK sê: “Wel - goed dan! Let nou almal goed op dat Ek die klip nie aanraak nie, maar net daaraan sê: Ou oordeel, word vernietig!”

[11] Op dieselfde oomblik dat Ek dit gesê het, was van die klip geen spoor meer te sien nie.

[12] Toe het ALMAL die hande van verbasing saamgeslaan en letterlik geskreeu: “'Ja, ja, dit kan maar net vir `n suiwer Goddelike krag moontlik wees! So-iets is ongekend!”

[13] EK sê: “Soos wat nou hierdie klip alleenlik deur My wil opgelos is in sy oerelemente, so sou Ek dit ook kon doen met die tempel, met alle berge, met die aarde, met son en maan en met alle sterre, en hierdie oplos in hulle oorspronklike, letterlike niks, dit wil sê in pure gedagtes van God, wat ook geen realiteit het solank hulle nie deur die liefde en deur die almagtige wil van God hulle werklike vorm en vastheid kry nie. In God heers nie die beginsel van verwoesting en vernietiging nie, maar in Sy ewige orde heers die behoud van alle eenmaal geskape dinge, egter nie in die voortdurende oordeel van die materie nie, maar sonder oordeel, dus vry in gees en lewe. Daarom is en mag ook geen enkele materie in hierdie oordeelswêreld duursaam wees nie. Alles bestaan net gedurende `n bepaalde tyd, los daarna geleidelik op en gaan volgens die orde oor in die geestelike, duursame en onverganklike.

[14] Die materie is `n graf van die oordeel en die tydelike dood en die dooie geeste in hierdie grafte moet ook My stem hoor en My wil gehoorsaam, soos wat julle nou gesien het. En soos wat hierdie klip nou plotseling opgelos is, so sal dit ook geleidelik met die hele aarde gebeur en dan sal daaruit `n nuwe, geestelike, onverganklike aarde ontstaan vol lewe en geluk vir sy geestelike bewoners en daar sal geen oordeel of dood op sy hemelse velde heers nie; want dit sal ontstaan uit die lewe van almal wat daaruit ontstaan en daarop gebore is.

[15] Julle het nou die mag van die Goddelike wil in My gesien en Jerusalem en die tempel sou dit lankal verdien het dat Ek met die tempel sou doen wat Ek nou met die klip gedoen het. Maar nee, die tempel moet bly en heers totdat dit sy tyd is. Deur sy werke sal hy homself vernietig, maar nie soos wat Ek nou hierdie klip vernietig het nie, wat daardeur net oorgegaan het in `n vryer bestaan van die spesifieke wese, maar `n vryer geestelike sielelewe gekry het. Die tempel egter vernietig homself soos `n selfmoordenaar, van wie die siel daardeur in `n nog harder oordeel en in `n veelvoudige dood oorgaan! Daarom laat ons hulle begaan totdat die maat van hulle tyd vol is, sodat hulle nie later kan sê nie: ”Julle het ons nie gewaarsku nie en nogtans vernietig!” - Begryp julle nou hierdie teken wat Ek nou voor julle oë verrig het?”

[16] DIE GRIEKE sê: “Heer, dit is `n baie veelseggende teken, wat ons wel gedeeltelik begryp, - maar om heeltemal daardeur te sien, is net vir U moontlik; vir ons sal dit miskien eers in die hiernamaals deur U barmhartigheid moontlik word! Waarlik, dit was `n heel belangrike teken en die betekenis daarvan is oneindig groot, hoe gering dit ook daar mag uitsien! - Maar omdat U, o Heer, vandag in so `n goeie stemming blyk te wees, wil ons U, nie by wyse van proef nie, maar net as guns, vra om aan ons te vertel hoe U, so te sê, uit niks nie, iets in die lewe roep.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205